Ou vriende draai een vir een teen Malema

2012-10-01 06:16

Julius Malema se dubbelverdiepinghuis wat hy in die middel van ’n arm woongebied in Seshego gebou het. Sy ouma kruip nou hier weg en dit word 24 uur per dag deur veiligheidspersoneel opgepas.| Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sprake dat Julius Malema se invloed op voetsoolvlak taan en dat sy vriende verminder, het die afgelope week duideliker geword toe voormalige ondersteuners hom as “siek” en ’n “diktator” bestempel het.

Terwyl die media Woensdag in groot getalle op Polokwane toegesak het om dié gewese ANC-jeugligaleier se strafregtelike hofsaak by te woon, was die opkoms van Malema se ondersteuningsbasis maar karig.

Volgens ’n vooraf-verklaring van die pro-Malema-faksie wat hulself The Friends of the Youth League noem, sou derduisende mense Malema in sy geboorteplek kom ondersteun het.

Maar skaars 250 mense het die aand voor sy hofverskyning tot die laat oggendure ter ondersteuning van hom gesing en gedans.

Selfs die gratis vervoer en toebroodjies was nie genoeg om die massas te lok nie.

Die Polokwane-munisipaliteit was voorbereid op ’n massa-opkoms tydens sy hofverskyning en die polisie het die strate rondom die hof met doringdraad afgesper.

Boy Mamabolo, ’n gewese skoolvriend en voormalige vertroueling van Malema in Seshego (sy geboorteplek), sê hy is glad nie verbaas oor die wyse waarop Malema teen pres. Jacob Zuma gedraai het nie.

“Julius is siek; hy is ’n diktator. Hy is heeltemal magsbehep en hy draai teen enigiemand wat nie met hom saamstem nie. Hy is net lojaal teenoor homself,” sê Mamabolo.

Die gemeenskap van Seshego is veronderstel om trots te wees op Malema se sukses en behoort hom te ondersteun met sy hofsaak, het Abram Seleka, wat voorheen saam met Malema ’n lid was van die plaaslike tak van die jeugliga, die afgelope week gesê.

“Die waarheid is dat hy ’n gehate persoon geword het en mense verlekker hulle in sy moeilikheid.

“Niemand hier het simpatie daarmee dat hy in die hof beland het nie. Hy het net te veel beloftes gemaak wat hy nie nagekom het nie. Hy het ons almal se politieke loopbane vernietig om self bo uit te kom. En hy is korrup,” sê Seleka.

“Ons is bitter daaroor. Die meeste van ons sit sonder werk terwyl hy soos ’n koning lewe,” sê Seleka.

Kgomotso Mailula, nog ’n geskors­te lid van die plaaslike tak van die jeugliga, sê Malema se dubbelverdiepinghuis in Seshego is simbolies van die mate waarin Malema uit voeling is met die mense op voetsoolvlak.

Die huis is soos ’n fort gebou en sy ouma kruip daarin weg terwyl veiligheidspersoneel enigiemand wegjaag wat ongenooid daar aankom.

“Hoe kan jy in voeling wees met die gemeenskap wanneer jy jou huis met hoë mure afbaken en veiligheidspersoneel voor jou woning plaas om mense weg te jaag?

“Hoe kan jy in kontak wees met die mense as jy in die voorstede bly?

“Die feit is die man het geen steun meer op voetsoolvlak nie. Sy enigste vriende is die tenderpreneurs, misdadigers en die korrupte politici. Hulle beskerm hom, want hulle is bang hul misdadige aksies kom op die lappe as Malema vervolg word,” meen Mailula.

Malema het darem ’n paar hooggeplaaste vriende, soos Mathews Phosa, die tesourier-generaal van die ANC, en die oud-jeugligaleier en tans sportminister Fikile Mbalula. Dié twee het die afgelope week hul steun vir hom uitgespreek.

“Ons moet hom (Malema) verdedig totdat daar bewys word hy het iets verkeerds gedoen,” het Phosa onder toejuiging gesê.

Phosa het Woensdagaand gepraat by ’n geldinsamelingsdinee van die provinsiale ANC in Limpopo.

Die Mail & Guardian het Vrydag berig Mbalula is krities daaroor dat ’n faksie binne die ANC die staat se hulpbronne om hul eie politieke redes misbruik om van Malema ontslae te raak.

Die provinsiale ANC in Limpopo het ook sterk steun vir Malema uitgespreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.