Oud-Bul se bokkies lyk dan g’n na lusern nie

2012-10-07 00:17

Dries Scholtz | Foto: CHRISTIAAN KOTZE

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Oud- Blou Bul staan behoorlik bont oor byna 30 wildsbokkies wat glo per ongeluk tussen lusernbale na Namibië “gesmokkel” is.

Dries Scholtz, voorheen ’n Blou Bul-senter, moet nou aan die Noord-Kaapse departement van omgewing en natuurbewaring antwoorde verskaf oor die 29 stuks wild in een van sy trokke waarop die Namibiese doeane-owerheid verlede Donderdag beslag gelê het.

“Die minister wil ’n volledige verslag oor die bokke hê,” sê Mandla Ndzilili, hoof in die kantoor van dié departement.

Scholtz het wel ’n permit vir die vervoer van lusern, maar nie vir die 17 springbokke en 12 lechwe (basterwaterbokke) wat ook in die trok was nie. Die lechwe kom algemeen in Botswana, Zambië, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Noordoos-Namibië en Oos-Angola voor.

Scholtz en sy broer Kobus besit die wildplaas Kalkdam buite Douglas in die Noord-Kaap.

Hy was op ’n sakebesoek in Zambië toe die Oranjemund-polisie beslag op sy vragmotor gelê het en twee van sy werkers, James Hoogstander en David Louw, in hegtenis geneem is.

Weens ’n verbod op die in- en uitvoer van diere met gesplete hoewe en die gevaar van bek-en-klouseer is die bokke uitgesit. Die bale lusern, wat bestem was vir ’n Namibiese sakeman, Ronnie Coleman (eienaar van Coleman-vervoer in Rosh Pinah), is verbrand.

Coleman reël ook uitvoerpermitte vir Scholtz.

Die twee werkers het die “verkeerde” wa op Kalkdam aan die vragmotor gehaak, is Dinsdag in die hof getuig. Die bokke, sê Scholtz by navraag aan Rapport, moes eintlik na ’n ander plaas vervoer word en sy werkers het te laat ontdek die mans is met die verkeerde wa vort.

Toe hulle die twee wou kontak, was dié reeds anderkant Springbok en sonder selfoon-opvangs.

Die twee is ’n boete van R600 elk opgelê en toe vrygelaat. Omdat hulle versuim het om die bokke in die trok aan die doeane te verklaar, moes hulle ook R12 500 betaal.


Nou moet Scholtz alle bewysstukke, waaronder die invoerpermitte, en die waarde van die lusern en die bokke, aan die departement in Kimberley voorlê.

’n Getuie wat die gebeure gadegeslaan het en verkies om anoniem te bly, sê die bodem is behandel sodat die bokke se urien nie van die trok afloop nie en om die reuk te absorbeer.

“Dit blyk ook dat die lusernbale ekstra saamgepers en so geskuif is om dit klankdig te maak. Die bokke is baie oulik in kampies verdeel – ses per kampie.

“Die werk is so professioneel gedoen, so asof dit nie die eerste keer is dat vee op dié manier oor grense vervoer is nie”.

Scholtz sê: “Dis ’n slegte storie. En dan kom daar stertjies by.”

Hy ontken die wa se bodem is waterdig gemaak, en sê hulle gebruik polistireen op die sykante.

“Ons vervoer mielies en koring. Omdat daar slytasie is, kan die stowwe uitval. Daar was geen verdigting van die vloer nie.”

Scholtz se duur storie

* Bokke: die waarde van 17 springbokke en 12 lechwe beloop R50 000 (volgens Scholtz);
* Lusern: Bale van 32 ton tussen R18 000 en R64 000, afhangende van die gehalte (volgens Scholtz);
* Boetes: R12 500 vir die nie-verklaring van bokke op ’n vragmotor en twee boetes van R600 elk.



Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!