Oud-bokskampioen geskiet in rooftog by restaurant

2012-09-22 23:13

Corrie Sanders| Foto: Joyrene Kramer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Voormalige swaargewig-bokskampioen, Corrie Sanders is gisteraand omstreeks 18:00 in die maag gewond tydens ’n gewapende roof buite Brits.

Kallie Kriel, voorsitter van die burgerregtelike organisasie, AfriForum, was toevallig by dieselfde restaurant, Thatch Haven, op dieselfde tyd.

“Ons was oppad huis toe na ’n krieketwedstryd van my seun. Die kinders het ingehardloop gekom en gesê die skote het geklap en die koeëls het net bokant hulle koppe getref,” vertel Kriel.

Kriel is na buite waar hy vir Sanders op die grond aangetref het.

“Die man was in baie pyn. Ek hoop hy is orraait.”

Kriel se hy het van omstanders verneem dat daar ’n een en twintigste verjaardagpartytjie was en dat die rowers daar selfone en beursies gesteel het.

Kriel se seun, C.M. (14) en ses van sy vriende het die voorval gesien.

Hulle is in Eldoraigne Hoërskool in Pretoria en het gister teen Hoërskool Wagpos in Brits krieket gespeel.

Volgens Kriel is die seuns baie getraumatiseerd.

“Die kinders hoor altyd van die goed, maar mens hoop dat hulle dit nooit self sal beleef nie.”

Ser. Kelebogile Moiloa, polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar wel ’n skietery was en dat een man gewond is.

Volgens haar is Sanders oorgeplaas na die Kala­fong-hospitaal buite Pretoria omdat hy ernstig gewond is. Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof teen drie verdagtes. Teen druktyd was niemand nog in hegtenis geneem nie.

* Slegte nuus vanoggend (Sondagoggend): Corrie Saunders het in die Kalafong-hospitaal gesterf aan sy wonde. Besonderhede volg later.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
87 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cornel Rothmann sê... Ons het 'n splinternuwe matras gekoop en die oomblik toe ons dit op die bed sit en my beddegoed oortrek toe wriemel daar sulke splinteragtige goggas uit die matras en as mens dit "sqhuus" dan kom daar bloed uit die goggas. Die matrasfabriek eienaar insinueer dat dit van my bed afkom...... my ou matras is teruggesit en daar is nikkkkkksssss,,,,,,,, Hoe lank moet ek kalm en ordentlik bly????? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.