Ouers, beskerm kinders teen dié katoeters

2012-12-22 23:57

Elektroniese speelgoed vlieg van die rakke af, maar pasop om jou kind nie die meer “oudmodiese” speelgoed soos bordspeletjies te ontneem nie, waarsku kinderontwikkelingsdeskundiges.

Bordspeletjies delf al hoe meer die onderspit teen MP3-spelers, iPods en iPads, maar is nie noodwendig die regte speelding op enige ouderdom vir jou kind nie. Ouers koop deesdae graag PlayStation 3’s, Nintendo Wii’s en tabletrekenaars.

Nikkie Bush, ’n ouerskapkenner en Ken Resnick, ’n skoolsielkundige, waarsku teen te veel tyd “voor die skerm”.

“Kinders het ’n verskeidenheid speelgoed nodig – dié wat blink, geraas maak, tradisionele speelgoed soos boublokke en poppe of opvoedkundige speelgoed wat spesifiek ontwerp is om jou kind se vaardighede te stimuleer en skoolgereed maak.

“Sommige speelgoed is net vir vermaak, maar sommige is opvoedkundig,” sê Bush. Sy moedig ouers ook aan om speelgoed te koop wat hul kinders se sintuie sal stimuleer.

“Daar is nou ’n gevaar dat ouers in die slaggat van op-die-skerm-tegnologie sal trap. Ons wil regtig nie suwwe breine of die sofapokkel-sindroom hê nie,” sê sy.

Resnick stem saam.

“Die probleem is die oorvloed van speletjies met skerms, byvoorbeeld iPads, selfone en draagbare PlayStations,” sê hy.

Volgens Resnick kan hierdie soort speelgoed verslawend word en kan dit kinders se sosiale ontwikkeling belemmer as hulle dit te veel gebruik.

“Ouers moet die gebruik van enige speelding beheer wanneer die kind obsessief begin word.”

Die speelgoedwinkel Reggie’s se topverkoper is die PlaySta­tion 3 (R2 899). Vir opvoeding is die LeapPad (R1 300) ook baie gewild.

“Dit is baie maklik om tegnologie te koop, maar dit is nie goed as dit nie gebalanseerd is nie,” sê Bush. “Ouers moet bepaal op watter ontwikkelingsvlak hul kinders is en hoe die kind en die speelding by mekaar pas.”

Riaz Loonat, bestuurder by The Toy Factory Shop in Durban, sê hulle verkoop baie bordspeletjies en ewe veel konvensionele en elektroniese speelgoed.

Tyrone Vieira van Game sê poppe, afstandbeheerde motortjies en Lego bly gewild. Ook skaatsplanke herleef.

Bush sê ouers moet met hul kinders speel.

“Speel is die beste manier om jou kind iets te leer.”



Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Jannie Snyman sê... Famba kahle Vuyo. Wisa hi ku rula!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R1200000 - R1700000

Financial Manager

Centurion
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.