'Ouers wat politiek bo hul kinders se toekoms kies, verdien nie ouerskap'

2012-10-13 23:19

Ouers wat politiek bó hul kinders kies, verdien nie om ouers te wees nie.

Só het Helen Zille, DA-leier en Wes-Kaapse premier, gister in Kaapstad gesê.

“Ons het nou gesien hoe hulle (die ANC) selfs bereid is om hul kinders se toekoms vir politieke voordeel op te offer.

“Die skrikwekkendste voorbeeld was die gemeenskap in die Noord-Kaap wat 16 000 kinders drie maande lank uit die skool gehou het om hul eise om die burgemeester te vervang, te rugsteun, eerder as om die nie-presterende regering uit te stem,” het sy by die DA se Wes-Kaapse provinsiale kongres by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gesê.

“Ouers wat opvoeding gebruik vir politieke gewin verdien nie die gawe van ouerskap nie.”

Sy meen die ANC-taktiek van onregeerbaarheid het maar pas begin. Sy het die sowat 900 kongresgangers teen selfvoldaanheid gemaan, veral in die Wes-Kaap waar die DA regeer.

“Die party se aandag sal toenemend verskuif na ander provinsies wat ons wil wen. Maar ons moenie net aanneem dat ons outomaties híér sal aanhou wen nie. As ons dit waag, sal dit vir ons ’n doodskok wees,” het sy gesê.

Volgens Zille sal die “volwasse” kiesers in die provinsie hul kruisie bloot vir ’n ander party trek as die DA begin slaplê.

Sy het agterná aan verslaggewers gesê Wes-Kaapse kiesers wil nie die ANC-planne van onregeerbaarheid hê nie en daarom stem hulle vir die DA.

“Dít is ons grootse veiligheidsfaktor.”

Minstens 864 mense het gisteroggend geregistreer om aan die provinsiale kongres deel te neem.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling en sport, is onbestrede tot leier verkies.

Sy voorganger, Theuns Botha – LUR vir gesondheid, is onbestrede tot adjunkleier verkies.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, is onbestrede herkies tot provinsiale voorsitter.

Andricus van der Westhuizen, DA-LP, is finansiële voorsitter.

Erik Marais (DA-LP), Albert Fritz (LUR vir maatskaplike ontwikkeling) en Richard Majola (Speker in die provinsiale wetgewer) is tot adjunkvoorsitters verkies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.