Ouma sterf ná wrede aanval helder oordag

2010-08-07 22:00

“Totsiens, my ou maat van 50 jaar.”

Dit is hoe ’n gebroke mnr. Johan Harmzen gisteroggend omstreeks 03:00 sy vrou, Chrissie (70), gegroet het toe sy breindood verklaar is ná ’n wrede aanval Vrydag.

“Hulle het regtig vir mekaar geleef,” het hul dogter, mev. Marlene Fick, gistermiddag gesê.

Haar ma het in die Midmed-hospitaal in Middelburg aan haar beserings beswyk.

Mev. Harmzen is helder oordag buite haar huis net buite Burgersfort in Mpumalanga aangeval.

Sy het tydens ’n selfoongesprek aan haar skoondogter, Lena, gesê sy kry koud en gaan ’n bietjie buite die huis in die son staan.

Sy is egter oorval, al was haar vyf jack russell-honde by haar.

“Ek vermoed daar was meer as een aanvaller en hulle wou waarskynlik by die huis inbreek toe my skoonma uitgekom het,” het Fick se man, Hennie, gesê.

Die aanvaller(s) het mev. Harmzen in die gesig en op die bors geslaan.

Sy het ’n noodknoppie gedruk, waarna die aanvallers met die noodknoppie-beheertoestel, haar selfoon en ’n bos huissleutels gevlug het.

Fick het voor die aanval met haar ma op die selfoon gepraat.

Toe sy later weer bel om vir haar nog iets te sê, het ’n man geantwoord.

“Ek kon nie uitmaak wat hy sê nie. Ek het weer gebel, toe sê hy dis ‘Lucas’ wat praat.

“Ek bel toe my pa, wat my gesê het my ma is aangeval.

“Ek het weer haar foon gebel en aan die man gesê hy is ’n lafaard.

“Hoekom het hy nie net haar foon gevat nie? My ma was ’n kort vroutjie wat skeefgetrek was van die rumatiek. Hulle kon net die foon by haar gevat het. Dit was nie nodig om haar so aan te rand nie.”

Haar man sê oor die aanval dit is “nie honger wat mense dryf nie, eerder boosheid”.

Mev. Harmzen word oorleef deur haar man, drie kinders, hul gades en sewe kleinkinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.