Ouma wou man skiet wat tiener wou verlei

2012-08-18 23:49

’n Vrou het in die landdroshof in Nelspruit verskyn nadat sy ’n man (24) probeer skiet het wat met haar kleindogter (16) seks wou hê.

Die vrou en die man is albei verlede Vrydag in hegtenis geneem en sy het die afgelope week in die hof verskyn.

Die man is vrygelaat omdat hy nie die Kinderwet oortree het nie, het Jacques Meiring, opera­sionele hoof by Bossies Justice, ’n Nelspruitse veiligheidsmaatskappy, gesê.

“Die meisie is ouer as 16 en dus is daar geen statutêre verkragtingsaak nie.”

Die kleindogter was ook nie onwillig om met die man seks te hê nie.

Bossies Justice en die polisie is na die toneel in Valencia ontbied.

Volgens Meiring het die vrou uitgevind die man beplan om by haar kleindogter te slaap en sy het hom toe met haar vuurwapen gedreig.

“Die vrou word vervolg ingevolge die Vuur­wapenwet en weens nalatige hantering van ’n vuurwapen. Sy het die skietding in haar besit gehad, maar die lisensie het lankal verval.

“Die kluis waarin sy die vuurwapen gehou het, was ook nie vas teen die muur nie, soos dit in die Vuurwapenwet vereis word.”

Die vrou se naam word weerhou om die kleindogter se identiteit te beskerm.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Dieselfde rede wat ek hierbo genoem het, Saamprater. 'n Nasie kry die leiers wat hy verdien. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Sandton
Communicate Cape Town Finance
R500000 - R600000

Strategy Specialist - Construction

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Stock Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.