Pa kry ná vyf jaar ontvoerde kinders terug uit Frankryk

2012-09-29 23:27

Steve Swanepoel kom gister met sy twee ontvoerde kinders (middel) in Johannesburg aan uit Frankryk.| Foto: Lucky Maibi

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Kaapse pa se geveg van vyf jaar om sy “gesteelde” kinders terug te kry, is gister beëindig toe hy met hulle uit Frankryk in Suid-Afrika aangekom het.

Steve Swanepoel van Somerset-Wes se dogter (10) en seun (9) is Vrydag ná skool in Frank­ryk ingewag, waarna hulle na sy hotelkamer gevat is.

Hulle het later die aand saam met hul pa na Suid-Afrika vertrek – sonder hul ma, Charlotte de Montby Isenschmid, wat beweer sy is van die Franse adelstand.

Sy en die kinders het Suid-Afrika op 28 Maart 2007 verlaat onder die voorwendsel dat sy by haar Franse familie gaan vakansie hou. Sy het drie bevele van Franse howe dat sy die kinders na Suid-Afrika terugbring, verontagsaam.

De Montby Isenschmid het ’n Franse en Switserse paspoort en Suid-Afrikaanse burgerskap. Die kinders het Suid-Afrikaanse en Switserse paspoorte.

Saterdagmiddag het Swanepoel se regsverteenwoordiger, Megan Harrington-Johnson van Schindlers-prokureurs in Johannesburg, gesê sy is oorstelp dat Swanepoel ná ’n “reusagtige geveg wat internasionaal opslae gemaak het, uiteindelik die Franse owerhede kon dwing om sy twee kinders aan hom terug te besorg”.

Volgens haar het Swanepoel drie dae gelede na Frankryk gevlieg. Die Franse span wat die kinders by die skool gaan haal het, het ’n gespesialiseerde sielkundige ingesluit wat in die hotel met die kinders en hul pa gepraat het voordat hulle die terugtog aangepak het.

“Schindlers sal nou ’n dringende aansoek bring om tussentydse toesig aan Steve toe te staan, in afwagting op die bevinding van die hoofgesinsadvokaat.”

Van Swanepoel se klagtes sluit in dat die kinders se Engels verwaarloos het “en sy het selfs die seun se naam verander. Sy het dit so bewerkstellig dat mnr. Swanepoel sy kinders net kon sien as hy op eie koste na Frankryk gereis het.

“Sy ouer kinders (18 en 16) uit ’n vorige huwelik is ook gekeer om met hul sibbe kontak te maak. Die hele gesin is uitmekaargeskeur.”

Swanepoel het ook toesig oor dié twee kinders.

Dit het ’n diplomatieke kwessie geword, sê Harrington-Johnson, “omdat die Franse owerhede nie toegesien het dat die hofbevele uitgevoer word nie.

“In wese beteken dit dat hulle die ontvoering van twee kinders goedgekeur het.”

Swanepoel het gistermiddag aan Rapport gesê: “Die kinders is rustig, maar ons emosies loop oor. Ek hoop ek en hul ma kan nou rustig iets uitwerk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to ek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.