Padslagting: ‘Owerheid laat slaplê’

2013-01-05 23:22

Feestyd-slagting?... Drie mense is dood in dié ongeluk op die Rocklandspad, naby Uitenhage. | Foto: Deon Ferreira

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Terwyl dié feestyd se padsterftesyfer waarskynlik die hoogste in die land se geskiedenis gaan wees, is rolspelers woedend oor die owerheid se mislukking daarin om die slagting op Suid-Afrika se paaie te keer.

Teen gister was die voorlopige sterftesyfer vir die 2012-’13-vakansietyd volgens die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) 1 300, maar kenners maan die uiteindelike syfer gaan waarskynlik verlede jaar se rekord­syfer van 1 771 oortref.

Die uiteindelike syfers word eers in Maart uitgereik wanneer die syfers van terugkerende vakansiegangers, alle ongelukke en latere sterftes bygereken is.

“Die RTMC sê daar skort niks met wetstoepassing nie en die probleem lê by motoriste se gedrag, maar só weerspreek hy homself,” sê Howard Dembovsky van die Justice Project South Africa. “As hy sy werk gedoen het, sou mense nie soveel verkeersoortredings kon begaan nie.”

Dembovksy sê die houding van Collins Letsoalo, die RTMC se uitvoerende hoof, jeens die padslagting moet reggestel word.

“Letsoalo sê daar is nie ’n gebrek aan wetstoepassing nie, maar vra enige motoris wanneer laas hy of sy weens ’n bewegingsoortreding afgetrek is.”

Dembovsky is woedend omdat die land se 17 000 verkeersbeamptes in die feestyd volgens hom net 32 motoriste weens roekelose of nalatige bestuur aangekeer het.

Hy meen die owerheid se benadering tot wetstoepassing gaan die skokkende sterftesyfer nie laat afneem nie. “Verkeersbeamptes sit óf in bosse en neem foto’s óf hulle stel padversperrings op; daar is geen poging om aggressiewe bestuurdersgedrag vas te vat nie.”

Motoriste wat op gevaarlike plekke verbysteek; van baan verwissel sonder om hul flikkerlig te gebruik; en nie by stoptekens stilhou nie, word bykans nooit aangekeer nie, het Dembovsky beweer.

Rob Handfield-Jones, ’n verkeerskenner wat vroeër aan die Automobiel-Assosiasie verbonde was, sê die RTMC versuim sedert 2006 om belangrike inligting oor noodlottige padongelukke beskikbaar te stel.

“Die sterftekoers per 100 miljoen voertuigkilometer (MVK), ’n belangrike maatstaf om vordering of agteruitgang te meet, is in 2006 laas in die RTMC se jaarverslag aangedui,” s Handfield-Jones. Die koers was toe 11,75 MVK, byna dubbel van 1998 se 6,8 MVK.

Handfield-Jones raam die koers trek nou by tussen 18 en 20 MVK. “As ons MVK-koers gelykstaande aan dié van die VSA was, sou ongeveer 600 mense per jaar op ons paaie gesterf het.”

Die RTMC se padsterftesyfer vir die boekjaar 1 April 2010 tot 31 Maart 2011 is 13 802. Dit is onbekend wat die syfer vir 2011-’12 is.

Ashref Ismail, die RTMC se woordvoerder, het die afgelope week ontken die feestyd se sterftesyfers styg jaarliks. Toe Rapport die RTMC se syfers aanhaal, het Ismail gesê sy kollegas doen hul bes om padsterftes te voorkom. “Diegene wat ons kritiseer, het nog nie tussen die bloed van padslagoffers gewerk nie.”

Volgens hom behels die RTMC se verkeersplan onder meer ’n teiken van 20 000 toetse vir dronkbestuur elke maand, asook die aftrek van een miljoen voertuie per maand om lisensies en voertuie se padwaardigheid na te gaan.

Ismail het ontken die RTMC doen te min om oortreders vas te vat. “Ons doen ons deel, maar daar is motoriste wat nie hul deel doen nie. Ons kan nie mense teen hulself beskerm nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
54 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.