Parkering: Ons kan nie ver loop

2012-07-15 00:00

Ari Seirlis

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gestremdes landwyd is in ’n hewige debat oor parkeerplekke vir rolstoelgebruikers ná verlede week se berig daaroor in Rapport.

In dié berig het Ari Seirlis, uitvoerende hoof van die KwadPara-vereniging van Suid-Afrika (Qasa), gesê hy meen slegs mense wat aan rolstoele gekluister is moet rolstoelparkeerplekke gebruik.

“Daardie gebiede is net vir mense in rolstoele. Nie eens vir iemand met ’n pyn of ’n skeet nie. Selfs nie eens vir ou mense wat nog self kan loop nie,” sê Seirlis.

Lesers het egter hul stem dik gemaak in kommentaar op die webtuiste of deur e-posse.

Een van hulle, Rita Jordaan (78) van Bellville, het uitgevaar teen Seirlis se uitlatings. “Ek het ’n geldige parkeerpermit. Dis nie sommer ’n stuk papier nie, jy kry dit met goeie rede.”

Jordaan is al 47 jaar gestremd ná ’n ernstige motorongeluk waarin albei haar bene vergruis is, maar sy is nie permanent in ’n rolstoel nie. “My bene is gered, maar hulle is nie ewe lank nie en my enkel kan glad nie buig nie.”

Jordaan het hartprobleme en ly aan artritis. Sy het al ’n hartaanval gehad en het ’n pasaan­geër. “Die bene veroorsaak baie ongerief en pyn en my hart word moeg.” Sy sê sy loop swaar en daarom is sy dankbaar die wet maak voorsiening vir “spesiale parkeerplek”. Sy kan nie sonder haar “4x4”-loopraam oor die weg kom nie.

Op Rapport se webtuiste skryf ene Maryna: “Ek stem nie saam dat dit net vir rolstoelmense is nie. My man het sy been 11 jaar gelede verloor. Hy loop baie moeilik met sy kunsbeen. Hy kan nie ’n kilometer ver loop nie.”

Desmond sê: “Ek is self ’n kwadrupleeg in ’n rolstoel. Ek stem dat alle gestremdes van die staanplekke gebruik kan maak.”

Seirlis hou egter voet by stuk. Hy sê hy het empatie met mense wat sukkel om te loop, maar dat iemand wat nie in ’n rolstoel is nie, by ’n gewone parkeerplek kan in- en uitklim. “Iemand in ’n rolstoel het die parkeerspasie van 3,5 m wyd nodig.”

Volgens Beena Chiba, woordvoerder van die Gautengse vereniging vir mense met gestremdhede (GPAPD), bepaal munisipale regulasies hoe par­keer­-skyfies verkry word.
“Die gestremdheid moet egter altyd deur ’n dokter bevestig word wat ’n 427D-padverkeerregulasievorm moet invul.”

Dié vorms is by verkeersafdelings beskikbaar.

Chiba stem nie met Seirlis saam nie. “Enigiemand wie se beweeglikheid aangetas is en ’n hulpmiddel soos krukke, ’n rolstoel of kunsledemate gebruik, kan aansoek doen om ’n parkeerskyf. Elke aansoek word op individuele meriete gekeur.”

* Gestremdes landwyd met navrae kan 011 601 531 skakel of e-pos stuur na beena. gpapd@gmail.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Die gemiddelde huis in Toronto kos R5 miljoen (halfmiljoen Kanadese dollars). Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C High level clouds. Mild. Pta: 5-17°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-13°C Sunny. Cool. Bfn: 1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.