‘Pasop vir Dubai’

2012-10-27 23:57

Dr. Cyril Karabus (78)

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dokters en verpleegsters wat Suid-Afrika se gaar staatshospitale vir die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) verruil, kan deur vreemde wette gewurg word en maklik agter tralies beland.

Soos dr. Cyril Karabus (78), die veteraan-onkoloog van Kaapstad wat saam met moordenaars en verkragters toegesluit is en in voetboeie in ’n tronk gekrepeer het nadat hy sonder waarskuwing in Augustus in Dubai in hegtenis geneem is.

Sy “misdaad”? ’n Terminaal siek pasiënt is ’n dekade gelede in die VAE dood nadat Karabus haar ’n rukkie lank versorg het.

Karabus se prokureur, Michael Bagraim, het Rapport die afgelope week vertel van sy kommer nadat talle Suid-Afrikaanse verpleegsters hom sedert Karabus se inhegtenisneming genader het.

Hulle vrees vir hul toekoms in die VAE.

“Verpleegpersoneel het nie veel beskerming in die VAE nie. As ’n pasiënt sou doodgaan, gaan hul werkgewer of hospitaal hulle nie verdedig nie.”

In die jongste British Medical Journal skryf dr. Martin Scholtz van Devon in Engeland Karabus se geval is nie uniek nie.

“Ek weet van verskeie dokters wat in die middel van die nag uit die land gevlug het uit vrees vir vervolging nadat ’n pasiënt in hul sorg gesterf het,” skryf Scholtz, wat van 1998 tot 2002 as dokter in Dubai gewerk het.

Karabus is op 18 Augustus in hegtenis geneem op die lughawe in Dubai. Hy was van Kanada op pad na Kaapstad saam met sy vrou en dogter.

Karabus was voor sy aftrede hoof van die onkologie- en hematologie-afdelings van die Rooi Kruis-kinderhospitaal. Tien jaar gelede het hy ’n korttermyn-kontrak aanvaar om in Abu Dhabi as aflosdokter te werk. Een van sy pasiënte was ’n driejarige meisie wat aan bloedkanker gely het.

“Sy was terminaal siek. Hy het die familie ingelig dat sy sal sterf, selfs al kry sy ’n bloedoortapping,” sê Bagraim.

Die meisie is kort daarna oorlede. Twee weke later het Karabus se kontrak verstryk en is hy huis toe.

Volgens die klagstaat het Karabus dokumente vervals om te toon dat sy ’n bloedoortapping gekry het.

Hiervoor is hy in sy afwesigheid skuldig bevind en ’n vonnis van drie en ’n half jaar gevangenisstraf opgelê, asook die betaling van bloedgeld aan die familie.

“Hy is nooit hiervan in kennis gestel nie. Hy sou onmiddellik teruggekeer het, want hy voel hy het nie verniet 50 jaar lank gewerk om ’n gerespekteerde naam op te bou om dit net so weg te gooi nie.”

* Karabus is op 11 Oktober op borgtog vrygelaat en woon tans by ’n Suid-Afrikaanse dokter in Abu Dhabi. In die tronk het hy mede-gevangenes leer skaak speel.

“Toe ek hom vra teen wie hy speel, was sy antwoord: ‘My kollegas, twee moordenaars en ’n verkragter!’ Toe raai ek hom aan dis dalk beter om te begin verloor,” sê Bagraim.

Hy verskyn op 20 November weer in die hof.

* Lees op die Dr. Cyril Karabus-Facebook-bladsy oor ’n konsert op Sondag 4 November om 19:00 in die Baxter-teater in Kaapstad.

* Bloedgeld is finansiële kompensasie wat aan die naasbestaandes of erfgename van ’n slagoffer betaal word. Dit is nie eie aan die Emirate nie, maar kom ook in lande soos Japan, Korea en Somalië voor. In die Qur’an word dit boetedoening genoem, gegrond op die oog vir ’n oog-beginsel. Bloedgeld word betaal in die geval van opsetlike én nie-opsetlike moord. In die Emirate word bloedgeld van Dh200 000 (R473,190) vir mans betaal en Dh100 000 (R236,595) vir vroue, maar dit hang ook van die regter in die saak se besluit af.

Hou jou vinger en tong doodstil


Marga van Rooyen van Durban en haar man, Leon, ’n helikoptervlieënier, het in 1998 huis en haard verkoop en na Abu Dhabi verhuis waar hy kontrakwerk vir twee jaar gekry het.

Ses maande later het haar man ’n helikopter in ’n klein ongelukkie beskadig en hoewel niemand beseer is nie, is hy dadelik gegrond. Nog ses maande later is hulle huis toe gestuur.

“Hy is nooit die kans gegun om te verduidelik nie. Die dag toe hy hier aanland, het hy net ’n paar sent in sy sak oorgehad.

“As mens daar skuld maak, moet jy eers alles terugbetaal voordat jy die land mag verlaat,” sê Marga. Dit is nie die enigste slaggate nie.

Behoede jou as jy ’n Arabier in vingertaal beduie wat jy van sy bestuursvermoëns dink, want dan is deportasie jou voorland.

Nóg erger is as jy sy dood veroorsaak, selfs al was dit ’n ongeluk. Die familie is daarop geregtig om bloedgeld te eis én jy kan tronk toe gaan.

Dit is ook onwettig vir ’n man en vrou om buite die huwelik seks te hê. ’n Gesoenery in die openbaar is heeltemal taboe.

’n Suid-Afrikaner wat drie jaar lank in die Verenigde Arabiese Emirate gewerk het, onthou dat álmal, Moslems én nie-Moslems, tydens Ramadaan gedwing word om in die openbaar te vas.

“Geen water, geen kougom, geen snoepgoed vir ’n maand lank. Mense word beboet as hulle die reëls oortree en as die polisie in ’n slegte bui is, gaan jy tronk toe tot Ramadaan verby is.

“Jy mag nie eens water by jou lessenaar in werkure drink nie.

“Mense maak die fout om te dink omdat daar soveel buitelanders in Dubai is, word plaaslike wette nie streng toegepas nie.”

Kommer oor VAE-vlugte

Vrese neem toe dat passasiers van die lugdiens Emirates hulle onbewustelik aan vervolging kan blootstel.

’n Lid van die Australiëse parlement, Helen Kroger, het gewaarsku dat ’n nuwe ooreenkoms tussen die lugdiens Qantas en Emirates, waarvolgens sekere Qantas-vlugte vanaf April 2013 in Dubai sal stop, tot onregmatige gevangenisstraf in Dubai kan lei, veral as passasiers gay, ongetroud, Joods of Christene is.

“Tussen 30 en 40 van my kollegas sê hulle sal nooit in die Emirate gaan afloswerk doen nie, in die lig van wat met my pa gebeur het,” sê dr. Cyril Karabus se dogter, Sarah, ’n pediater van Kaapstad.

Die Britse organisasie Chiva Africa, wat dokters, verpleegsters, aptekers, dieet- en sielkundiges op ’n vrywillige basis plaas om mense met MIV in Suid-Afrika te versorg, gaan ophou om met Emirates te vlieg, omdat “dit ’n groot risiko vir enige gesondheidsorgwerker is wat al voorheen in die VAE gewerk het”.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 11-24°C Rain late. Partly cloudy. Mild.
Jhb: 7-20°C Showery. More sun than clouds. Mild. Bfn: 0-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C More sun than clouds. Cool. PE: 8-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!