Peter ‘kén mos ’n script’

2013-01-05 23:22

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Peter de Villiers skrik nie daarvoor om wéér voor die kamera te verskyn nie, al moet hy dié keer teks leer om ’n karakter te vertolk in die fliek Brendt ­Wayne – When I Was a Young Boy.

Noudat sy flieklus geprikkel is, is hy boonop glad nie gekant daarteen om nog een te maak nie: oor sy omstrede outobiografie.

Want, meen De Villiers, om akteur te wees verskil nie veel van sy vorige rol as afrigter van die Springbokke nie.

“Toe was daar ook ’n script... Ek moes hoop vir almal bring. Wat baat dit jy wen die Wêreldbeker as jy jou siel verloor?

“Jy weet, ons land se mense is soos ’n hot dog. Die wit mense en die swart mense is die brood en ons kleurlinge is die wors.”

Volgens hom is wit en swart presies dieselfde. “Hulle gooi klip en brand tyres; die een doen dit net in jou gesig en die ander een doen dit agteraf.”

Hy beklemtoon dat jy nie ’n hot dog sonder daardie wors kan hê nie. “Waar kry jy iemand wat ’n motor se enjin kan uithaal? In die st. 3-klas van ’n kleurlingskool! Daai kind moet op 16 al ’n apprentice wees.”

De Villiers sê as afrigter moes hy harte wen. Dis juis hoekom hy so opgewonde is oor die nuwe fliek.

Dit is losweg gegrond op die lewensverhaal van die Stellenbosse sanger Brendt Wayne (28).

De Villiers vertolk die rol van ’n DA-werknemer in die departement van kuns en kultuur wat Wayne met sy drome help om die jeug te bemoedig.

“Brendt bring weer hoop, spesifiek vir die jeug, met dié rolprent.”

De Villiers sê sy groot motivering in die lewe het juis gekom toe ’n onderwyser vir hom as jong seun gesê het hy gaan nooit veel vermag nie.

Die oudafrigter, wat deesdae die direkteur van sport aan die Universiteit van Wes-Kaapland is, sê hy oorweeg dit ook om ’n fliek oor sy eie boek, Politically ­Incorrect: The Autobiography, te maak.

“Die groot Amerikaanse rolprente is ’n sukses as daar politiek of ras in die storielyn is. In my fliek gaan daar sommer albei wees,” skerts hy.

“Ek gaan ook nie my eie rol speel nie. Ek kan wragtig nie weer sien wat ek alles aangevang het nie.”

Hy sê die rede hoekom Gavin Rich sy boek help skryf het, is juis omdat Rich een van sy grootste kritici was. “Hy het soveel k** van my geskryf dat ek hom naderhand geglo het!

“Maar hy doen dit so goed, as jy eers begin lees kan jy nie die boek neersit nie.”

De Villiers sê ook hy het nog ’n “helse storie” om te vertel.

“Die boek is wel uit, maar daar is nog genoeg vleis oor vir ’n fliek. Ek het geweet ek sny my keel af toe ek die boek skryf, maar ek moes dit doen sodat die ou ná my beter behandeling kry.”

Die Paarliet sê hy wou nie net van die Springbokke die beste rugbyspan maak nie; hy wou dit eerder ’n “span van die mense” maak. “Gelukkig het die Here my gehelp, want Hy het ’n voltydse job gehad met dié bek van my.”

Verfilming aan Brendt Wayne – When I Was a ­Young Boy begin na verwagting in Maart.

Die fliek word in Pniel, Stellenbosch, Kaapstad en Londen geskiet.

Christo Davids van 7de Laan-faam vertolk ook ’n rol in die fliek. Stefan Enslin is die draaiboekskrywer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johannes Donderwater sê... Jy sien die so. Die massas van langsaan, koop dokumente hier, dan vertrek hulle na britanje. Dus is die probleem met visums van hier af presies jou punt. Maar Naledi, sy wis van niks. Reken seker hoe sal die outjies in haar majesteit se brits dan nou agterkom die lot koop paspoorte en dies meer hier in NSA. Dit terwyl die minister seker duidelik bewus is van die feit dat dokumente te koop aan die britse kant, baie minder is, en boonop, sou iemand wat daar so iets koop, NSA as die laaste bestemming oorweeg waarheen hy of sy sou wou vlug. Maar nee, die prosses is reg en werk, maar is in Afrika, moet stukkend! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.