Philip, Susan leef nou ‘volkleur’-lewe ná egskeiding

2012-09-09 01:06

Philip Moolman en Susan Coetzer in gelukkiger tye.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die akteurspaar Philip Moolman en Susan Coetzer is geskei ná ’n huwelik van 13 jaar.

Moolman was voorheen met die aktrise Anna-Mart van der Merwe getroud. Coetzer se huwelik met Moolman was haar vierde. Sy was voorheen met die akteur Frank Opperman getroud.

Coetzer, ook bekend vir haar geestelike boeke en praatjies landwyd, het ongeveer twee weke gelede ’n praatjie in Pongola, KwaZulu-Natal, gehou.

Sy het die gehoor vertel sy is twee dae vantevore geskei. Een van die gaste sê: “Susan het gesê sy voel lankal sy is teen ’n muur in die huwelik. Sy het vir Philip vertel hoe sy voel, en toe sê hy hy voel presies dieselfde.”

Dit het die mense verstom gelaat, het die gas gesê. “Sy het ook vertel van sy depressie.”

Moolman het aan Rapport bevestig hy en Coetzer is geskei.

“Dit is vir my ’n bevredigende reis. Ons is nie kwaad vir mekaar nie. En dit doen ons albei goed, want nou kan ek al my aandag aan ons restaurant gee en sy kan al haar aandag aan haar optredes gee.”

Hulle het tien jaar gelede ’n teaterrestaurant, Die Blou Hond, in Linden, Johannesburg, begin en besit dit steeds gesamentlik.

Hy het vroeër vanjaar erge depressie beleef. “’n Vriend van my het byna verdrink. Hy was lank daarna in ’n koma. Ek het reeds uitgebrand gevoel oor werkdruk by die restaurant – admin in die dag, optree in die nag – en ek is in ’n kliniek opgeneem en het ’n tyd lank medikasie ontvang.”

Dit is nou verby. “Ek is in die beste tyd van my lewe en het vreugde en dankbaarheid. En wil net die beste vir Susan hê.”

Coetzer het Vrydag op haar Facebook-blad geskryf sy was platgeslaan van skok, maar dat sy nou haar nuwe lewe in volkleur wil leef “met my ware standvastige, ewig betroubare Bruidegom”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cathy Kotzé sê... Hy was vir baie van die kommentators op Abel se blog 'n enigma; 'n Christelike wetenskaplike. Ek was bevoorreg om een aand na een van sy praatjies te gaan luister. Wat 'n inspirerende man! Vir hom was daar nooit 'n konflik tussen die wetenskap en sy geloof nie. Sterkte aan sy familie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.