Piet Grobler huldig sy ‘liefste’ vroue

2012-08-04 23:41

Piet Grobler word bygestaan deur eerw. David Hunter van die United-kerk in Stellenbosch by die dankdiens vir Griet en Catherina Grobler.| Foto: Sharief Jaffer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Familielede van die bekende kunstenaar en boekillustreerder Piet Grobler, wat sy vrou en dogter in ’n gru-ongeluk in Gauteng verloor het, gaan oor drie weke saam met hom terug Brittanje toe waar die gesin die laaste drie jaar woon.

Dit is om te keer dat hy alleen tuiskom waar herinneringe van Griet (51) en ­Catherina (10) hom inwag.

Hulle het in Suid-Afrika vakansie gehou toe die ongeluk op Dinsdag ­24 Julie gebeur het.

Vriende doen “alles in hul vermoë om dit moontlik te maak”, het Piet se swaer, Erich Lutz, gister aan Rapport gesê ná ’n dankdiens vir ma en dogter in die United-kerk in Stellenbosch.

Die vriende samel onder meer geld in vir vliegkaartjies vir familielede.

Piet sterk tans in Stellenbosch aan nadat ’n bakkie in sy broer, Diek, se motor vasgejaag het toe dié onklaar geraak het. Die ongeluk het gebeur toe Diek die Groblers na die O.R. Tambo-lughawe geneem het. Griet en Catherina het agter­in gesit. Diek is net lig beseer, maar Piet loop nog met krukke nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Die United-kerk was gister stampvol tydens die diens wat deur skrywers, uitgewers en akademici bygewoon is.

Vriendinne van Griet het komposisies van onder meer Haydn, Bach en Pachelbel gespeel.

Griet was voorheen ’n musiekonderwyseres aan Rhenish Primary School in Stellenbosch en Piet het ’n kunsgalery hier bedryf.
Hy is deesdae ’n lektor in illustrasie aan die Universiteit van Worcester en Griet het skoolgehou by die Malvern St. James-skool, waar ­Catherina ’n leerling was.

“Piet het altyd gesê hy gaan Engeland toe sodat sy vrou en dogter veilig is.

“Hy wou nou alleen na Suid-Afrika kom vir sy pa se 80ste verjaardag, maar toe verander hulle die besoek in ’n gesins­vakansie,” het Lutz gesê.

Eerw. David Hunter het gesê Griet en Catherina laat ’n “kaleidoskoop van herinneringe” na. Volgens hom “het die verpletterende verlies van dié twee pragtige mense skokgolwe deur ons gemeenskap gestuur”.

Griet was bekend om haar sagtheid en sensitiwiteit en Catherina se lewe is gekenmerk deur vreugde en haar liefde vir musiek, die natuur en diere, het hy aangedaan gesê.

Lutz het hartroerende huldigings van Piet aan sy vrou en dogter voorgelees.

“Jy is my liefste vrou. Ek is lief vir jou met liefde wat maar een maal in ’n leeftyd gebeur. Jy was fyn ingestel op my emosies en dié van Catherina. Jy is my beste vriend ooit. Ek sien jou gou weer, liewe Griet.”

Oor sy dogter het hy geskryf: “Catherina se lewe was ’n lied. Ons kon nie méér verwag het nie, Here. Hierdie dogtertjie was ons lewe. Ek het jou so lief, my kind. Ek sal jou altyd raaksien in elke blom en elke brakkie.”

Griet laat ook drie susters, Elise van Wyk, Emma Sennett en Noëlline Lutz, agter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.