Piltdown-leuen: skurk in ’n jurk

2012-02-25 22:37

Een van die boeke wat deur die jare oor die Piltdown-bedriegspul gepubliseer is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Paleontoloë hou nie juis daarvan as jy na oermense as “aapmense” verwys nie. Spesies soos die Neanderdalmens en Homo erectus het dalk ’n bietjie dierlik gelyk, sê hulle, maar hulle was eintlik primitiewe mens­spesies en nie ape nie.

Een oermens het egter wel in die verlede die titel “aapmens” verdien, en dit was die Piltdown-mens, ’n wese met die kopbeen van ’n moderne mens en die kakebeen van ’n groot aap, wat presies ’n eeu gelede in Engeland gevind is.

Die Piltdown-mens is destyds deur sommige wetenskaplikes beskou as “die vermiste skakel” tussen mense en ape en die Britte het veral oor hom gespog (een boek oor dié vonds heet The Earliest Englishman).

Maar in 1953 het die gier rondom die Piltdown-mens in duie gestort en dié fossiel het die middelpunt van een van die wetenskap se tergendste raaisels geword. ’n Misterie waarvoor die Suid-Afrikaanse paleontoloog prof. Francis Thackeray meen hy nou die antwoord gevind het.

Die Piltdown-mens is een van die berugste bedrogspulle in die wetenskapgeskiedenis.

Nadat dié oermens in 1912 deur die amateur-paleontoloog Charles Dawson in ’n gruisgat ontdek is, is dit in die prestigeryke National History Museum in ­Londen uitgestal en handboeke is aangepas om sy rol in evolusie te weerspieël.

Maar 40 jaar later het ’n geslag paleontoloë met rooi gesigte gesit toe navorsers onthul het die fossiel is eintlik ’n bedrogspul. Iemand het die Piltdown-mens aanmekaargesit uit die kopbeen van ’n mens en die kaak van ’n orangoetang en hom so ’n bietjie geskaaf en geskuur om oud te lyk.

Wie die persoon is, weet niemand nie. Soos Jack the Ripper en die Man in die Ystermasker bly dié verneukkunstenaar een van die groot skimme van die Euro­pese verlede.

Een van die wetenskaplikes wat daaroor kop gekrap het, is Thackeray, wat dit oor die jare sy stokperdjie gemaak het om die skuldige te vind.

Sy bevindings is pas in die vaktydskrif Antiquity gepubliseer.

Volgens Thackeray het hy snuf in die neus gekry toe hy jare gelede met Kenneth Oakley, die man wat die Piltdown-bedrogspul in 1953 onthul het, in gesprek was. Oakley het opgemerk dat die National History Museum by geleentheid die Franse paleontoloog Pierre Teilhard de Chardin genooi het om ’n herdenking van die Piltdown-omstredenheid toe te spreek.

“Dit het gelyk of Teilhard de Chardin benoud en onwillig was om te praat,” het Oakley onthou.

Teilhard de Chardin is een van die interessantste figure in die moderne paleontologie. Hy was ’n Jesuïete priester wat heelwat oor die verband tussen die Christenskap en evolusie geskryf het. Hy is soms sterk deur die Vatikaan vermaan vir wat hulle as onbybelse idees oor die oorsprong van die mens beskou het.

Teilhard de Chardin is veral bekend om sy idee van die “Omega-punt”. Hy het geskryf evolusie (en spesifiek menslike evolusie) is ’n deel van die skepping se ontwikkeling na ’n uiteindelike punt waar ’n hoër bewussyn en godbeskikte orde op aarde sal realiseer.

Teilhard de Chardin was goed bevriend met ­Dawson, die ontdekker van die Piltdown-mens, en het in die omgewing van East Sussex gewoon toe die ontdekking gedoen is.

In Augustus 1913 was hy een van ’n groep wetenskaplikes wat na Piltdown teruggekeer het om te sien of hulle nog dele van die fossiel kan vind.

Daar het Teilhard de Chardin ’n snytand van die Piltdown-mens opgetel.

“Twee dinge pla mens daaroor dat hy dié tand opgetel het,” sê Thackeray. “Hy het dit gevind op ’n stuk grond wat reeds deeglik deur ander deursoek is en waar niemand anders iets gevind het nie. En tweedens was die tand duidelik geverf om dit rooibruinerig te laat lyk.”

Thackeray se vermoede is dat Teilhard de Chardin spyt gekry het oor die vroeëre vervalsing waarby hy betrokke was en toe dié tand, wat ooglopend vervals was, “opgetel” het as ’n manier om mense te laat besef die Piltdown-fossiel was ’n verneukspul.

As mens eers aanvaar dat Teilhard de Chardin ’n verdagte was, kom jy op allerlei sêgoed af waarmee hy oor die jare sy skuld verklap het, sê Thackeray.

“By die National History Museum het ek bewyse gevind dat Teilhard de Chardin ’n brief wat hy oor die Piltdown-mens geskryf het in ’n bank laat toesluit het met instruksies dat dit eers oopgemaak mag word nadat almal wat met die Piltdown-mens verbind word, gesterf het. Niemand het nog dié brief gevind nie. Dit lê waarskynlik nog iewers in ’n bankkluis.”

Elders vertel Teilhard de Chardin in ’n brief dat hy eenkeer in Europa voorgekeer is deur mense wat hom met vrae gepeper het toe hulle uitvind hy is die man wat die Piltdown-fossiel se tand opgetel het.

Teilhard de Chardin skryf: “My gemoed is onrustig. Ek word baie vrae gevra. Ek is by omstandighede betrek waarby ek nie betrokke wil wees nie. Maar daar is dalk ’n oplossing en dit is deur God en boetedoening.”

Dit alles dui volgens Thackeray daarop dat Teilhard de Chardin deel van ’n groep was, onder wie ook Dawson, wat die Piltdown-mens vir ’n grap begrawe het (Teilhard de Chardin het by tye opgemerk hoe die Engelse paleontologie verdien dat iemand dit ’n lekker streep trek), en heeltemal onkant betrap is toe Engeland se wetenskaplikes dit as ’n ware fossiel hanteer. Daarna het hy skuldig gevoel, maar hy was te bang om openlik sy rol in die verneukspul te erken, aangesien dit sy reputasie sou skaad.

Die Piltdown-verneukspul het die paleontologie op baie maniere benadeel, sê Thackeray. Toe Raymond Dart byvoorbeeld in 1924 die beroemde fossiel van die Taung-kind in Suid-Afrika ontdek, was baie mense onwillig om daaraan aandag te gee omdat die Taung-kind (’n werklike oermens) ’n klein kopbeen en meer mensagtige kakebeen gehad het – die teenoorgestelde van die Piltdown-mens.

D­ie laaste stukkie getuienis wat hy gekry het om die Jesuïet Teilhard de Chardin te impliseer, sê Thackeray, kom uit ’n boek oor die Jesuïete Orde wat hy as deel van sy navorsing gelees het.

“Daarin het ek gelees dit is soms toelaatbaar vir Jesuïete om ’n leuentjie te vertel. Maar net as hulle dit as ’n grap bedoel. Ek meen dit is wat Teilhard de Chardin probeer doen het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
154 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-22°C High level clouds. Mild. Pta: 5-17°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-13°C Sunny. Cool. Bfn: 1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.