Pippie sê ‘mamma’

2012-09-09 01:07

Pippie Kruger en haar ma, Anice, die afgelope week.| Foto: Loanna Hoffmann

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was ’n week van persoon­like wonderwerke vir die wêreldbekende brandslagoffertjie Pippie Kruger (3), wat vir die eerste keer weer “mamma” gesê het en sy kan binnekort huis toe gaan.

“Die seëninge stroom in, die een ná die ander,” sê Pippie se ma, Anice Kruger. Tot Anice se verbasing en groot vreugde het Pippie verlede Sondag met ’n breë glimlag “mamma” gesê.

“Ek was so trots op haar. Sy het nog nie weer gepraat nie, maar dit is ’n begin.”

Woensdag het dokters vir Anice gesê Pippie kan Dinsdag saam met haar huis toe gaan en verder as ’n buitepasiënt behandel word.

Rapport het gister met Anice gesels terwyl sy besig was om kwotasies te kry vir toerusting om Pippie tuis te help.

Sy moet onder meer ’n rolstoel en badstoel kry, sê Anice.

Die afgelope week het daar nog borge bygekom om die koste van Pippie se fisieke en sielkundige rehabilitasie te dek.

Pippie het wêreldwyd harte gesteel as ’n klein vegtertjie nadat sy op Oujaarsaand derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie opgedoen het toe ’n bottel vuuraanstekerjel in die hande van haar pa, Erwin Kruger, ontplof het.

In Junie het sy ’n baanbreker-veloorplantingsoperasie ondergaan toe vel wat in Amerika gekweek is 90% suksesvol op haar oorgeplant is.

Volgens Anice het hulle gedink Pippie sal eers volgende jaar ontslaan word. “Ons het gehoop op Februarie of Maart.

“Ons het nooit gedink dit sal so gou wees nie, maar daar gebeur soveel wonderwerke.”

Anice huur ’n woonstel in Melville waar Pippie al ’n paar keer gaan kuier het, maar sy moes ná elke naweek na die hospitaal terugkeer.

Pippie sal Dinsdag saam met Anice na die woonstel gaan, maar Anice beplan om teen die einde van die week in ’n groter woonstel in te trek sodat albei gemakliker sal wees.

Eers wanneer Pippie loop en praat sal sy terugkeer na haar tuisdorp, Ellisras.

Al is Anice opgewonde om haar kind huis toe te neem, weet Pippie self nog nie sy gaan nou amper elke dag by haar ma deurbring nie.

“Ek wil haar nie opgewonde maak en dan moet sy tot Dinsdag wag nie. Ek sal Dinsdag vir haar sê en haar dan huis toe vat.”

Pippie sal steeds elke dag na die rehabilitasiekliniek in Auckland Park gaan vir behandeling.

“Alles gebeur op die regte tyd, ons probeer geduldig wees. Liewe Jesus het ons dié week ekstra bederf.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Kadesh Barnea sê... Politiek is seker die mens se vuilste en mees korrupte spel, wat die ganse mensdom die meeste skade ooit nog berokken het. As ons van party-politiek kan ontslae raak en mense in regeringsposte aanstel suiwer op meriete, sal hierdie land blom soos geen ander ter wereld nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.