Pistorius kuier in deftige kroeg

2013-04-13 23:46

Oscar Pistorius

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die twee maande sedert sy meisie se skietdood, het Oscar Pistorius feitlik soos ’n kluisenaar geleef.

Hy het vir Reeva Steenkamp ’n gedenkdiens gehou en een of twee keer gaan oefen, maar sedert sy vrylating op borgtog is hy nooit in die openbaar gesien nie.

Daarom was sy familie verlig toe hy verlede Saterdagaand saam met vriende by die deftige restaurant en kroeg Buddah Ta in Fourways, Sandton, gekuier het.

Pistorius is saam met vier mans wat soos lyfwagte lyk gesien.

Hulle het vroegaand, voordat die klub besig geraak het, daar aangekom en reguit na ’n BBP-sitkamer gegaan.

Buddha Ta is ’n luukse kroeg en restaurant met ’n moderne ontwerp en ’n reusagtige Boeddha-beeld in die binnehof. Dit is ’n gewilde uithangplek in die Design Quarter-winkelsentrum.

Arnold Pisto­rius, Oscar se oom, het by navraag bevestig Oscar was daar saam met “hegte vriende en gemeenskaplike kennisse van Reeva”.

“Ons is uiters verlig dat Oscar weer sosiaal begin verkeer en uitreik na mense. Hy het die laaste tyd veral moeite gedoen om sy vriende te sien en verhoudings met Reeva se vriende en familie te vestig.

“Verlede Saterdagaand was ’n spesiale geleentheid om almal saam te sien.

“Ons sou graag wou sien dat Oscar weer begin oefen, maar dit is duidelik dat hy steeds in diep rou is en nie in staat is om op sy loopbaan te konsentreer nie,” het Arnold gesê.

“Dit is steeds vir hom baie moeilik. Hy het nog nie die voorval verwerk nie. Hy het gister weer in trane uitgebars. Hy is ’n wrak,” het Arnold gesê.

Kenny Kunene, Oscar se vriend en eienaar van die sukkelende Kaapse nagklub ZAR, het beaam dat die atleet nog baie swaar kry.

“Oscar probeer kop bo water hou onder moeilike omstandighede. Dit is vir hom baie moeilik,” sê Kunene.

Hy wou op versoek van die Pistorius-familie niks verder sê nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het onlangs in ’n aansoek van Pistorius se regspan sy borgtogvoorwaardes verander.

Hy mag nou oorsee reis en drank gebruik.

Oscar was die afgelope week baie ontsteld oor uitsprake wat vroue wat hulself die Pistorians noem op sosiale media oor Steenkamp gemaak het.

Die Pistorius-familie het in ’n verklaring gesê die Pistorians se uitlatings toon geen respek vir die pyn waardeur Steenkamp se vriende en familie gaan nie.

Die Pistorians beskou hulself as ondersteuners van Oscar, maar hy was volgens die familie se verklaring nie van hul bestaan bewus nie omdat hy tans nie sosiale media of die media dophou nie.

 Toe hy van hul uitsprake hoor, was hy woedend.

“Daar is nie ’n oomblik in die dag dat Oscar nie treur oor sy meisie ... nie,” lui die verklaring.

“Die laaste paar weke het Oscar troos gevind deur tyd deur te bring en herinneringe te deel met baie mense wat haar liefgehad het, in plekke waar hul gedeelde herinnerings geskep is.”

Oscar moet weer op 4 Junie in die hof verskyn in verband met Steenkamp se dood.


Die kroeg in Buddah Ta.


 

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 17-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Cool. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!