"Plaasmoorde is uiters wreed"

2012-12-01 23:58

De Jager en Schutte soos hulle lyk as hulle misdaadtonele skoonmaak. Foto: Theana Breugem

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Plaasmoorde is meestal wrede moorde. En dit word al meer sadisties gepleeg.” 


Eileen de Jager en Roelien Schutte, twee susters van Pretoria, het verlede jaar 117 plaasaanval-misdaadtonele landwyd deur hul maatskappy, ­Crime Scene Cleanup, skoongemaak. 

Hulle lewer al 13 jaar lank dié diens en sê hulle kan ’n moordtoneel baie vinnig en akkuraat “lees”. 

“Wat tydens plaasmoorde gebeur, is wreed. Ek dink nie mense besef die wreedheid van hoe boere en hul familielede in hul huise vermoor word nie,” sê De Jager. 

“Mense maak ook ’n fout as hulle dink dit is eerder die jonger plaasboere wat terugbaklei gedurende ’n aanval. 

Dit is dikwels die ouer slagoffers wat terugbaklei omdat hulle deur die jare baie meer waardevolle goed versamel het en dit wil beskerm. 

“Maar almal word geteiken. Ons sien geen diskriminasie ten opsigte van ouderdom nie.” De Jager sê plaasmoorde raak ook al meer sadisties. 

“Almal in die huis word deesdae gedurende die aanval vermoor. Selfs die troeteldiere. Mense word soms dae lank in die huise gemartel voordat die aanvallers vlug. 

“Die publiek moet weet hoe wreed mense vermoor word. Ons was op tonele waar mense se vel van hul lywe geskil is; kinders wat in kookwater verdrink word. Dit is baie erg.” 

De Jager sê hulle kom ook nou agter dat baie boere soliede deure by hul huise insit wat dit vir aanvallers moeiliker maak om in die huis in te kom. 

“Baie boere, veral op die platteland, patrolleer ook nou hul grenslyne om hulself te probeer beskerm.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
69 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Mostly cloudy. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-21°C Morning clouds. Cool. PE: 9-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.