Polisie begelei brandstof-lorries

2012-10-07 00:17

Ongemerkte tenkers wat laatnag onder polisiebegeleiding brandstof aflaai, behoort te verseker dat die duisende vakansiegangers wat vandag landwyd huiswaarts keer brandstof kry. Maar die vervoerstaking gaan die komende week vererger.

Werkers by die land se hawens, spoorweë en padwerk wil by die sowat 38?000 stakende vragmotorbestuurders aansluit, sê Vincent Ma­soga, woordvoerder van die vervoervakbond Satawu.

Die vervoerstaking, wat sowat twee weke gelede begin het, eis reeds sy tol by vulstasies, banke, winkels en boere, maar gebeurlikheidsplanne het tot dusver ’n krisis afgeweer.

* Avhapfani Tshifularo, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Petroleumbedryfsvereniging (Sapia), sê enkele vulstasies het drooggeloop, maar die polisie help met aflewerings te midde van die intimidasie.

Shell en sy kliënte in Gauteng en dele van Mpumalanga moes die afgelope week ’n force majeure sluit. Dit is ’n maatreël wat albei partye sou beskerm sou aflewering gekortwiek word weens omstandighede buite hul beheer. Volgens Dineo Pooe, media­bestuurder by Shell, ondervind hulle probleme om Alberton en die eMalahleni (Witbank)-depots wat aflewering in Gauteng en dele van Mpumalanga kortwiek.

* Kettingwinkelgroepe soos Pick n Pay en Woolworths sê die staking raak beslis hul voorraad, maar dat hulle steeds met fyner beplanning vars produkte op hul rakke kan kry.

* Veiligheidsondernemings begelei ook afleweringsvoertuie vir mense wat verhuis en vragmotors wat goedere soos medikasie vervoer.

“Dit het nog nie voorheen gebeur dat hiervoor begeleiding gevra is nie,” sê Gerhard Geyser, eienaar van Scorpiomed Sekuriteit in Pretoria.

Hy reël landwyd begeleiding en die grootste behoefte is volgens hom in Secunda, Kempton Park, Alberton en Sasolburg.

* Capitec en ander banke raai verbruikers aan om kontant by supermarkte eerder as kitsbanke te kry omdat die staking die beskikbaarheid van kontant raak.

* Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, sê sagtevrugteboere sukkel om hul produkte by die mark te kry. “Dit bring groot verliese mee omdat hulle nie die produkte kan terughou nie.”

Hulle is veral bekommerd oor die invloed wanneer nóg vervoerwerkers hulle by die stakers aansluit en dit uitvoer kortwiek.

Die vervoerstaking tesame met verskeie stakings in die mynbousektor het die owerhede so bekommerd dat Gill Marcus, Reserwebank-president, die afgelope week twee keer met onder meer vakbondleiers hieroor vergader het. Sy het op die tweede vergadering Vrydag ook haar kommer oor die invloed hiervan op die ekonomie met pres. Jacob Zuma en adj.pres. Kgalema Motlanthe gedeel.

S’dumo Dlamini, Cosatu-president, sê die land se ekonomie word deur ’n krisis in die gesig gestaar. “As dit so aangaan sal die ekonomie in duie stort en dit sal niemand baat nie.”

Masoga waarsku egter die einde is nog nie in sig nie. “Die loononderhandelings het vasgeval.”

Satawu en ander vakbonde eis verhogings van 12% vir 2013 en 2014.

Die werkgewers bied 10% aan vir die eerste jaar, 8% vir die tweede en 9% vir die derde jaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.