VIDEO: Polisie skop, klap en trap

2011-03-12 15:49



Die hardhandige optrede van ’n spesiale polisie-eenheid wat betrek word by ’n vlaag van misdade, is op kringtelevisie vasgelê.

Rapport het eksklusief dié beeldmate­riaal bekom. Dit wys hoe die polisie se taktiesereaksie-eenheid (TRE) verlede maand by CJ’s, ’n kroeg in Hillbrow, Johannesburg, instorm, die klante aanrand, intimideer en dreig.

Sommige lede het klapmusse op en ander was met R5-aanvalsgewere gewapen. Die video wys verder hoe klante tot op die vloer gedwing word. Bier word oor hulle uitgegooi, daar word op hulle getrap en hulle word geskop en geklap.
Dit was die TRE se tweede klopjag op die kroeg vanjaar.

Die eerste keer het die polisie traangas gebruik en daarna ook met geweld onder die klante ingeklim. Geen klante is in hegtenis geneem in enige van die klopjagte nie en geen dwelmmiddels of vuurwapens is in hul besit gevind nie.
Mnr. Raj Itburren, eienaar van CJ’s, sê die TRE terroriseer hom nadat hy ’n klag van aanranding teen die eenheid ingedien het ná die eerste klopjag.

Hy beweer hy is halfdoof in een oor nadat ’n polisieman hom teen die kop geklap het toe hy wou weet waarom hulle die klopjag uitvoer, sê hy. Volgens hom is hy ook met ’n knuppel oor die knieë geslaan.

* ’n Polisiesersant van Hillbrow wat tydens die eerste klopjag in CJ’s was, het ook ’n klag van aanranding teen sy kollegas ingedien.

Hy is na bewering deur die TRE geslaan en geskop en later glo met die dood gedreig as hy nie sy klag terugtrek nie.
Kol. Malila Nevilla, ’n polisiewoordvoerder, het vandeesweek bevestig drie aanrandingsake is by die Hillbrow-polisiekantoor ingedien ná die klopjagte.

“Een van die sake is deur ’n polisielid ingedien. Die ondersoeke duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Nevilla gesê. Hy wou nie kommentaar lewer oor die beweerde doodsdreigemente teen die sersant nie.

Die TRE is in 2009 deur genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, in die lewe geroep om gevaarlike verdagtes aan te keer.
Volgens die polisie is die eenheid bekend om sy “goed beplande intelligensie-gedrewe optredes”.

Maar die afgelope jaar is die TRE landwyd verbind met voorvalle van geweld en sterftes van landsburgers. Verskeie TRE-lede is aangekla van moord (sien berig hiernaas).

Die jongste TRE-omstredenheid kom twee weke nadat die eenheid betrokke was in ’n klopjag op die eetplek Catz Pajamas in Melville, Johannesburg, waarin klante ook aangerand is.

Dié gebeure is ook op kringtelevisie opgeneem. Die polisiebestuur het na dié beeldmateriaal gekyk en was “geskok en woedend” oor die lede se optrede.

Vier lede van die TRE is geskors terwyl die polisie-ondersoek aan die gang is.

Lt.genl. Mzwandile Petros, Gauteng se polisiekommissaris, het ná die klopjag gesê die polisie het ’n verantwoordelikheid om die gemeenskap te beskerm.

Rapport het bevestig dat beeldmate­riaal van die klopjag by CJ’s kort ná die voorval aan senior polisie-offisiere by Hillbrow gewys is.

Klagtes is bykans twee maande gelede al teen TRE-lede ingedien en daar is nog steeds nie opgetree nie.

Die kringtelevisie-opnames wys hoe:

* Swaargewapende polisielede by die kroeg instorm en klante dwing om met hul hande in die lug teen ’n muur te staan;

* Klante gedwing word om op die vloer te lê en polisielede op hul rûe trap;

* Bier en drank oor die klante uitgooi word;

* Klante geskop en geklap word;

* Vroue rondgestamp en geklap word en ’n polisielid op die rug van ’n klant spring.

Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, het die afgelope week gesê dis kommerwekkend dat die polisiebestuur nog nie opgetree het nie. Hy het gewaarsku dat die TRE-optrede die begin kan wees van vigilante-optrede deur polisielede.

Hy sê die TRE het die wet oortree tydens die klopjagte. Buiten dat klante aangerand is, het hulle nie ’n lasbrief gehad nie en onnodige geweld gebruik.

“Dit ondermyn die publiek se vertroue in die polisie en Jan Alleman word bang vir die hulle,” sê Burger.

Itburren sê die eerste klopjag op sy onderneming was baie erger as die tweede.

Hy het ’n kringtelevisiestelsel laat installeer ná die eerste klopjag.

Volgens Itburren lyk die tweede klopjag na ’n vergeldingsaanval omdat hy klagtes teen die polisielede ingedien het.

“Dit was vroegaand en mense het die aand geniet. Toe het die polisie ingestorm, traangas gebruik en mense te lyf gegaan.

“Die polisiesersant wou tussenbeide tree en is toe erg aangerand. Hulle het op hom gespring.”

Hy sê die polisie-optrede het ’n geweldige uitwerking op sy onderneming gehad. Sy inkomste het met 70% gedaal.

Rapport het die Hillbrow-polisiesersant gekontak. Hy het gesê dit “sou beter wees vir hom” om niks te sê nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.