Polisie jag gevaarlike Franse egpaar

2011-01-15 20:15

’n Gesamentlike polisietaakspan van die Noord- en Wes-Kaap het eergister ’n uitgebreide soektog na ’n Franse egpaar van stapel gestuur nadat hulle ’n polisiekonstabel op die plaas Hardie sowat 30?km buite Sutherland doodgeskiet het.

Die egpaar, mnr. Phillipe (60) en me. Angus (58) Manière, het gevlug toe die polisie ’n klopjag op hul huur-plaashuis uitgevoer het om na onwettige vuurwapens te soek.

Volgens lt.kol. Hendrik Swart, polisiewoordvoerder, was die plaaseienaar, mnr. Gerhard du Plessis, tot dusver onsuksesvol in sy pogings om die egpaar, wat huurders was, van sy skaapplaas af te sit.

Hulle het sowat tien jaar gratis op die plaas gewoon omdat hulle goed bevriend was met Du Plessis.

Toe Du Plessis die huis vir sy twee seuns, Jaen (26) en Cobus (28), wou herstel, het hy die egpaar versoek om die woning te ontruim.

Mnr. Manière was glo “arrogant” en het die versoek geweier.

Du Plessis het die polisie ontbied en hulle ingelig dat die huurders dalk onwettige wapens in hul besit het.

Vier polisiebeamptes het Vrydagmiddag 14:00 met ’n lasbrief by die huurders se huis opgedaag.

Hulle het op verskeie vuurwapens beslag gelê.

Terwyl die polisie besig was om mnr. Manière in hegtenis te neem, het sy vrou vanuit die huis op hulle losgebrand.

Mnr. Manière het ’n polisiebeampte se pistool gegryp en ’n studente-konstabel, mnr. Jacob Boleme (27), doodgeskiet.
Boleme se kollega, ao. Glenwall du Toit, is in die rug geskiet.

’n 9?mm-patroondoppie is later op die toneel gevind.

Die egpaar het die polisie se wapens gegryp en op die oorblywende polisiebeamptes, Du Plessis en sy seuns bly skiet.

Die huurders het dié groep toe met Du Plessis se bakkie deur die veld gejaag.

Die bakkie het egter vasgeval, waarna mnr. Manière die bande met ’n .308-jaggeweer flenters geskiet het. Die egpaar het te voet die veld ingevlug.

Die polisiegroep is op ’n grondpad deur verbygangers gehelp.

Gisteroggend het 18 lede van die intervensie-eenheid in die Wes-Kaap asook twee spoorsnyers die egpaar se spoor gevolg.

Volgens Swart bemoeilik die heuwelagtige terrein, asook die feit dat die vlugtelinge gewapen is, die soektog.

Mnr. Manière praat Engels met ’n swaar Franse aksent. Hy is skraal met dun, wit hare en hy dra ’n bril.

Sy vrou is skraal. Albei het kakie-kleurige kamoefleerdrag aangehad toe hulle op die vlug geslaan het.

Die gewonde polisieman, wat in ’n Kaapse hospitaal opgeneem is, se toestand is gistermiddag as bevredigend beskryf.

Teen druktyd was die egpaar steeds voortvlugtig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.