Polisielede betaal dalk self as hulle mense onwettig in hegtenis neem

2012-07-07 23:31

Binnekort sal dit dalk polisielede eerder as die belastingbetaler wees wat moet opdok in sake van onwettige inhegtenisneming.
Die appèlhof sal volgende maand besluit of polisielede “wat dink hulle kan doen wat hulle wil” moet opdok nadat hulle ’n Pretoriase man onregmatig in hegtenis geneem het.

Dié saak is na die appèlhof geneem nadat die hooggeregshof in Pretoria in 2010 bevind het die betrokke polisielede – en nie die polisiehoof soos die praktyk is nie – moet aanspreeklik gehou word vir die regskoste van ’n onwettige inhegtenisneming.

Waarnemende regter Roelof du Plessis het in sy uitspraak gesê ’n klag van skadevergoeding teen die minister van polisie is nie ’n voldoende afskrikmiddel vir onwettige optrede deur veiligheidsmagte nie.

“Inteendeel, die enigste party wat benadeel word deur skadevergoedingseise weens onwettige inhegtenisnemings is die belastingbetaler,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis het gesê dit is belangrik dat wetstoepassingsbeamptes “wat met strafloosheid optree en dink hulle kan maak wat hulle wil bloot omdat hulle die gereg agter hulle het, in toom gehou word”.

Die uitspraak het gevolg op ’n geval van 15 November 2009 toe Mandla Ntsweni, ’n metropolisielid, Jack Coetzee van Pretoria in hegtenis geneem het op klagte van crimen injuria, roekelose en nalatige bestuur, die verontagsaming van ’n verkeersbeampte en die bestuur van ’n ongelisensieerde voertuig.

Luidens berigte het Coetzee destyds saam met sy gesin die Sondagaand van ’n uitstappie na die Hartbeespoortdam teruggekeer.

Toe hy Pretoria binne ry het hy ’n metropolisielid in die pad gesien.

Hy het vermoed die man is ’n voornemende rower en het aan die man beduie dat hy na die naaste polisiekantoor sal ry.

Coetzee het onder meer ’n rooi verkeerslig verontagsaam voordat tot ses metropolisievoertuie hom van die pad gedwing het.
Hulle het hom na die Pretoria-Wes-polisiekantoor geneem.

Coetzee se prokureurs het laat daardie aand ’n dringende aansoek by Du Plessis gebring.

Du Plessis het bevind die polisie se weiering om aan Coetzee borgtog toe te staan beteken hy is onwettig in die Pretoria-Wes-polisiekantoor aangehou. Du Plessis het Coetzee se onmiddellike ontslag aangevra.

Du Plessis het gesê ’n mens sou gewoonlik vir dié oortredings beboet word, maar indien ’n mens in hegtenis geneem is, sou die polisie borgtog moes toestaan.

Net as die individuele lede nie in staat is om die hele bedrag te betaal nie, sal die minister verantwoordelik gehou word, het Du Plessis bevind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Anayst

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R550000 - R600000

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R500000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.