Posduiwe: ‘Dit is ’n nes!’

2012-10-15 06:37

Duiweboerdery en deelname aan wedvlugte kry al hoe meer aftrek by die rykes en is nie meer net ’n tydverdryf vir salaristrekkers nie.

Maar dit lok ook al hoe meer knoeiers wat dié sportsoort in ’n “slagveld” kan verander en al hoe strenger maatreëls verg, sê kenners.

Skaars ’n week nadat Rapport verlede week berig het oor die lewenslange skorsing van Jan du Preez, ’n bekende boer van Doug­las in die Noord-Kaap, ná sy knoeiery met duiwe, is nog ’n voorslag-duiweboer, Johan Jonker van Vereeniging, in die spervuur.

Jonker is ná ’n ondersoek deur die Vaal-posduif-unie van “onsportiewe” gedrag beskuldig nadat hy op 4 Oktober ’n duif met twee identiteitsringe aan die pote vir ’n wedvlug op Sasolburg ingeskryf het.

Hoewel dit nie onwettig is nie, is dit ’n ongeskrewe reël dat ’n duif net een van dié ringe aan ’n poot moet hê. Die ander poot moet ringloos wees sodat die elektroniese ring, wat die wentyd van die duif by die eindpunt laat registreer, aan dié poot geheg kan word.

Boonop het Jonker dié dag sy dogter gestuur om sy duiwe te gaan “inboek”, terwyl die reël geld dat ingeskrewe lede van die unie self hul duiwe by die beginpunt moet afgee.

Jonker se duif is gediskwalifiseer, die kwessie is ondersoek en hy is streng vermaan.

Hy word elke jaar van knoeiery beskuldig, het Jonker by navraag gesê.

“My duiwe is al getoets vir doping (opkikkers) en dié toetse was negatief.

“Ek het ’n loft (duiwehok) in ­Johannesburg in vennootskap met ’n ryk man. Ons het al altesame ­R300 000 gemaak.

“Daar maak ons gróót geld, maar hier (in Vereeniging) vlieg ek vir ’n pie en ’n Coke. Dis ’n afgunstige sport dié: Ek kry goeie uitslae en nou is ék die een wat kroek!”

***

Die land se sowat 5?000 duiweboere trek swaar en oorleef deur vennootskappe met rykes aan te gaan, sê die duiwe-joernalis Thomas Smit.

Baie kan nie die duurder en hoër gehalte kosmengsel en die vervoerkoste oor groot reisafstande bekostig nie.

Tydens wedvlugte raak baie duiwe weg. Hulle verdwaal in sterk winde, roofvoëls vang hulle en mense wat hul “wen”-gene wil bekom, vang hulle in wippe.

Daarby knou die soms onbeholpe polisieondersoeke na knoeiery – waaronder die gebruik van “opkikkers” – ook die bedryf. Hofsake in dié sportsoort neem ook toe.

Volgens ’n kenner beheer invloedryke sakelui ál meer die sport en verskans hulle met invloedryke regslui, wat dit duur maak om ’n einde aan boelietaktieke te maak.

Uit vrees vir intimidasie swyg ­lede eerder oor ongerymdhede.

Oor die geknoei in die duiwehokke sê kenners:
* “’n Gautengse duiweboer het sy duiwe doodgemaak, hul pootjies afgeknip en soos kwarteltjies in ’n boks verpak. Hy het ’n reuse-versekeringsbedrag geëis oor sy diere ‘gevrek’ het.”
* “’n Ander een het sy duiwe doodgemaak, maar aan die versekeringsmense gesê hy het twee honde by die voëls doodskiet. Hy was meer in die moeilikheid oor sy ongelisensieerde vuurwapen.”
* “In 2011 is baie duiweboere skuldig bevind aan die toedien van opkikker-medisyne.”
* “Al hoe meer hooggeplaastes knoei in die bedryf.”
* “’n Johannesburgse klub-voorsitter het ’n verdwaalde duif gevind, maar nie aangemeld nie. Hy het toe ’n groot kompetisie met dié voël gewen.”
* “Sommige boere lieg oor hul duiwe se stam-register en hoop om só hoë verkooppryse te kry.”

En tog sê hulle:
* “Baie duiweklubs slaan lede se wanpraktyke hok deur streng reëls en dissipline.”

***

Duurste veiling-prys: R800 000 vir Birdy van Mark Kitchenbrand van Alberton, Gauteng.

Grootste-posduif-wedvlug ter wêreld: Suid-Afrikaanse Miljoen Dollar (voorheen die Sun City Million Dollar) met prysgeld van R10 miljoen. R1,6 miljoen vir die eerste plek. ’n Motor kan vooraf in elk van die vyf toetsvlugte gewen word. Vanjaar het koningin Elizabeth II en die oud-wêreldboks-kampioen Mike Tyson ook hier duiwe ingeskryf.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Sales Consultants

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Internal Sales Consultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Courier Sales Executive (RecruiTech)

Cape Town
RecruiTech
R20 000 - R25 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!