Probleme met leer: 'n uitweg

2013-02-23 23:24

“Dit is hier makliker om met mense te praat en die omgewing is liefdevol,” sê Casey Taylor waar sy tuisskoling by ’n onafhanklike leersentrum ontvang. | Foto: Brendan Croft

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Meer staatsposte vir opvoedkundige sielkundiges kan help keer dat honderdduisende leerlinge met leerstruikelblokke verlore raak in die onderwysstelsel.

Kenners meen die beroepslui wat wel in dié poste is, word gekniehalter deur te veel werk en probleme met hulpbronne soos vervoer.

Hulle fokus dikwels net op krisishantering van ernstige voorvalle by skole.

Prof. Kobus Maree, opvoedkundige sielkundige verbonde aan die Universiteit van Pretoria, sê ’n gemeenskapsdiensjaar vir pas gegradueerde opvoedkundige sielkundiges kan ’n groot rol speel om in die behoefte te voorsien.

Daar is volgens hom “massas weerlose kinders” wat weens akademiese probleme vroeg skool verlaat.

“’n Onderwyser moet leerstruikelblokke verkieslik al in gr. 1 kan uitwys en die leerling na departementele spesialisdienste verwys.

“’n Opvoedkundige sielkundige kan dan die kind evalueer en aanbevelings maak. Verdere terapie of hulp behoort deur die staat betaal te word.”

Maree sê daar kan nie van onderwysers verwag word om, veral in groot klasse, alleen verantwoordelikheid vir leerlinge met leerprobleme te neem nie.

Dr. Willy Nel, opvoedkundige sielkundige verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê hoewel meer opvoedkundige sielkundiges nodig is, onderskat onderwysers hul eie vaardig­hede.

Veral grondslagfase-onderwysers is goed opgelei om van die probleme self te hanteer.

Onderwysers is egter negatief oor die beleid van inklusiewe onderwys waardeur kinders met leerprobleme na hoofstroomskole moet kan gaan.

Hulle meen dit verg altyd gespesialiseerde en finansiële ondersteuning.

In die verlede het skole spesiale hulpklasse gehad.

Nel sê sulke klasse is voorheen beskou as “lewenslange vonnisse vir kinders”, maar sê ’n hervorming van die beginsel kan nuttig wees.

Hy sê sommige skole skep hul eie kreatiewe oplossings soos om kinders met leerstruikelblokke vir ’n periode te onttrek om spesiale aandag te kry, maar hulle daarna weer in hul gewone klas terug te plaas.

Nel sê ook die Wes-Kaapse onderwysdepartement vaar taamlik goed deur onderwysers met ervaring van leerondersteuning te gebruik om twee of drie skole te bedien.

Die Laerskool Garsfontein in Pretoria begroot jaarliks om leerlinge by te staan wat hulp nodig het.

Marlena van Schalkwyk, opvoedkundige sielkundige by dié skool se hulpsentrum, sê hulle help leerlinge in skooltyd.

Sy en Eunice Uys, maatskap­like werker by die sentrum, is onder meer opgelei om vraestelle mondelings te kan afneem – een van die spesiale toegewings wat volgens streng vereistes aan sekere kinders gemaak mag word.

Van Schalkwyk sê sulke leerlinge se punte het al merkwaardig verbeter.

Sy sê in uitsonderlike gevalle gebeur dit dat hulle aanbeveel dat ouers hul kind na ’n skool neem waar die kind meer spesiale aandag kan kry.

Kenners sê dit lyk of daar toenemend onafhanklike skole is wat in hierdie behoefte voorsien.

Dr. Lettie Horn het vanjaar haar Veritas-akademie in Centurion oopgemaak waar sy spesiale leerondersteuning bied en nie meer as 16 laerskoolleerlinge gaan inneem nie.
Sy het deur navorsing en self as onderwyser gevind baie leerlinge se probleme begin omdat hulle nie in gr. 1 behoorlik leer “klank” nie (wanneer elke letter in ’n woord uitgespreek word).

Horn sê daar is verskeie terapieë wat ingespan kan word om kinders met leerhindernisse te help.

Groot klasse en werkladings maak dit egter moeilik in openbare skole.
Uitgestoot
Die 15-jarige Casey Taylor van eMalahleni gaan nie ’n skool­matriekafskeid hê nie en nooit vir haar skool se span kan skree nie. Sy is as’t ware uit die skoolstelsel gestoot omdat sy nie akademies kon tred hou nie.
Volgens haar ma, Charlene, was sy tot gr. 7 in ’n onafhanklike skool, wat haar gr. 3 en gr.?5 laat herhaal het.
Die skool sou spesiale aandag aan Casey se probleme gegee het; tog het ’n professionele evaluering gewys haar taal- en syfervaardighede is sowat vyf jaar agter, hoewel haar IK hoog is.
Die skool wou haar nie vanjaar toelaat nie.
Casey se naam is op ’n waglys by ’n openbare skool, maar die skool het aan haar ma gesê sy is te oud vir haar graad en haar wiskunde is te ver agter.
Casey sê sy besef sy sou nie daar genoeg aandag gekry het om haar te help nie.
Hoewel sy wetlik nie meer hoef skool toe te gaan nie, wil sy haar matriek klaarmaak.
Haar ma het haar nou vir tuisonderrig geregistreer en sy gaan bedags na ’n onafhanklike leersentrum.
“By die onafhanklike skool het die kinders vir my gelag as ek gelees het.“Hier is dit makliker om met mense te praat. Dit is rustiger hier,” sê sy.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-19°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 14-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!