R1 milj. per dag!

2013-02-02 23:26

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As bogkind in die laat 1960’s het hy sy saketalente in pa Augustine se winkels in Soweto begin slyp.

Toe hy op 51 meer miljarde versamel het as byna enige ander Suid-Afrikaner, het Patrice Motsepe besluit dit is tyd om dit terug te ploeg.

Die bedrag? Min of meer R1 miljoen per dag, volgens Rapport se somme.

Só het die sjarmante sakeman en knap strateeg die afgelope week saam met sy vrou, dr. Precious Moloi-Motsepe, dubbel en dwars ook “filantroop” geword.

Motsepe, uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals (ARM), het Woensdag aangekondig die Motsepe-familie gaan minstens die helfte van die inkomste uit hul bates skenk aan die Motsepe-stigting, wat minderbevoorregte Suid-Afrikaners help.

Dit het die land laat regop sit, maar vriende nie verbaas nie.

Die Amerikaanse sakeblad Forbes se jongste lys miljardêrs sê Motsepe is die wêreld se 442ste rykste mens en vierde in Suid-Afrika met belange van $2,7 miljard (sowat R24 miljard). Sunday Times, wat ’n ander maatstaf vir sy jaarlikse lys rykes gebruik, reken Motsepe is al twee jaar die rykste Suid-Afrikaner.

Bernard Swanepoel, voorheen uitvoerende hoof van Harmony Gold, sê Motsepe is nie iemand met “die strandhuis en private straler” nie.

“Met sy eerste miljoen het hy nie ’n nuwe motor gaan koop nie en met sy eerste miljard het hy nie die land verlaat nie.”

Volgens Swanepoel is een van sy sterk punte dat hy met mense kan bande smee. “Hy is gemaklik in enige geselskap, van Davos tot New York tot tussen mynwerkers.”

Die rol van Moloi-Motsepe, wat medies gestudeer het, ’n sakevrou en filantroop uit eie reg is en ook groot belange in die modewêreld het, moenie vlak gekyk word nie, sê Swanepoel.

“Sy is ’n fenomenale vrou. Hulle is albei mense met hul voete vas op die grond: As hy sy hakke op die grond het, het sy haar knieë op die grond.”

Swanepoel dien saam met Motsepe in die rade van ARM en Sanlam en is deesdae uitvoerende hoof van Village Main Reef.

Die Motsepes is die eerste Afrikane wat deel is van die Amerikaanse miljardêrs Warren Buffett en Bill en Melinda Gates se Giving Pledge-inisiatief, wat ryk families wêreldwyd aanmoedig om minstens die helfte van hul rykdom aan liefdadigheid te skenk.

Anna Ginn, senior direkteur van die uiters eksklusiewe organisasie Global Philanthropists Circle, het Vrydag uit New York gesê die Motsepes is reeds sowat sewe jaar lid.

Dit gebeur net op uitnodiging.

Net 100 families uit 26 lande is lid.

“Dit is mense wat toegewyd is daartoe om armoede te bestry en maatskaplike geregtigheid te bevorder, en wat aansienlike rykdom het.”

Ginn het die Motsepes se aankondiging die afgelope week as “wonderlik” beskryf.

“Ons weet hulle stel werklik belang in maatskaplike verandering en die verbetering van mense se lewens.”

Motsepe het Woensdag gesê sy ouers het hom van sake en entrepreneurskap geleer, maar ook dat hy ’n plig het om vir arm en gemarginaliseerde mense te sorg.

Die Motsepe-stigting bestaan sedert 1999 en die familie dra al lank by tot onder meer gesondheid en opvoeding en die ontwikkeling van entrepreneurskap.

Motsepe was in Orlando op laerskool en is later na ’n Katolieke sendingskool.

Ná skool het hy ’n BA-regtegraad aan die Universiteit van Swaziland verwerf en toe ’n LLB aan Wits.

Hy was die eerste swart vennoot by die Johannesburgse regsfirma Bowman Gilfillan, waar hy in die myn­wese gespe­sialiseer het.

In daardie tyd het hy die idee gekry om van ­Anglo American se marginale goudmyne oor te neem, maar volgens ’n onderhoud in Forbes Africa het dit hom vyf jaar geneem om Anglo te oorreed.

Later het hy nog marginale skagte gekoop en só het die uiters suksesvolle ARMgold tot stand gekom, wat later met Harmony saamgesmelt het.

Motsepe het ARM se sukses in die verlede toegeskryf aan ’n skraal dog sterk bestuurstruktuur, asook innovering en kreatiwiteit.

Struggle-adel

Patrice Motsepe het swaers in hoë kringe. Sy suster (dr.) Tshepo is getroud met Cyril Ramaphosa, sakeman en adjunkpresident van die ANC, en sy ander suster, Bridgett, met Jeff Radebe, minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling.

Hy praat in Afrikaans oor rugby

David van Rooyen, redakteur van ­Sake24, het die grootste respek vir ­Motsepe.

“Die kere wat ek op amptelike byeenkomste met hom te doen gehad het, is ek nog elke keer beïndruk deur sy sjarme en menseverhoudinge.

“Van die goed wat my beïndruk het, is sy vermoë om te onthou wie jy is, al het hy jou lanklaas gesien, en sy bereidwilligheid om altyd in jou taal met jou te praat. Wanneer hy met my praat, praat hy Afrikaans. Hy sê sy Afrikaans is nie meer so goed soos wat dit was nie, maar dit is nog heeltemal toereikend.

“Hoewel hy die eienaar van een van Suid-Afrika se drie grootste sokkerklubs (Malelodi Sundowns) is, het hy in ons jongste gesprek eerder oor rugby gesels.

“Sy seuns speel rugby vir St Stithians College en die gesprek om die tafel het uiteindelik grootliks om skolerugby gedraai, veral omdat ’n ander swart vrou aan die tafel se seun vir Jeppe rugby speel.

“Ek het die idee gekry hy weet regtig wat aangaan en stel belang.”

Ander SA filantrope en hul skenkings


Allan Gray: R1,3 miljard
Francois van Niekerk: R1,5 miljard
Donald Gordon: R442 miljoen
Mark Shuttleworth: R354 miljoen


binne rapport

Weer
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!