R1 miljard vir al dié luukses

2012-10-07 00:17

Geheime besteding van byna R1 miljard aan luukses en veiligheid vir pres. Jacob Zuma en sy kabinet is vir Suid-Afrikaners weggesteek in ’n dokument wat die staat volhou glad nie bestaan nie.

Dit sluit in meer as R100 miljoen uit staatskoffers vir die bou van ’n weelderige woning vir ’n onbekende baie belangrike persoon (BBP) in Bryntirion, die ministerskompleks in Pretoria, en “gesondheidsgeriewe” vir ministers van meer as R50 miljoen.

Nie net kos verbeterings aan Zuma se tradisionele landgoed by Nkandla R238 miljoen nie, maar Mahlamba Ndlopfu, Zuma se Pretoriase ampswoning, word ook teen ’n koste van R191 miljoen uitgebrei.

Dié besteding word uiteengesit in ’n dokument wat tydens ’n voorligtingsessie deur Mandisa Fatyela-Lindie, waarnemende ­direkteur-generaal van openbare werke, by die parlement ingedien is. Dit vorm deel van die departement se omstrede Prestige-portefeulje, wat eiendomme van die kabinet bestuur.

Fatyela-Lindie het Vrydag die bestaan ontken van ’n dokument wat die besonderhede van die Prestige-portefeulje se besteding bevat. Rapport het die gewraakte dokument egter binne minute opgespoor.

Dit bevat inligting oor verbeterings ter waarde van R981,2 miljoen wat tans aangebring word by Bryntirion, waar die ampswonings van die meeste kabinetslede en hul adjunkte is, sowel as by Mahlamba Ndlopfu.
Die projekte sluit in:

* ’n “Nuwe BBP-woning” in die ministeriële kompleks by Bryntirion in Pretoria van R105,2 miljoen. Dis onduidelik wie dit sal gebruik;
* ’n Totaal van R238 miljoen vir Zuma se Nkandla-kompleks – meer as R100 miljoen in die laaste boekjaar en R44 miljoen aan konsultante vir die projek;
* ’n Derde fase van Zuma se amptelike woning, Mahlamba Ndlopfu, ten bedrae van R191 miljoen;
* Verbeterings van R28,2 miljoen aan oudpres. Nelson Mandela se huis by Qunu in die Oos-Kaap;
* R13,7 miljoen om adj.pres. Kgalema Motlanthe se amptelike woning by Bryntirion, die O.R. Tambo-huis, te verbeter;
* ’n Veiligheidsverbetering van R51,9 miljoen vir die Bryntirion-landgoed; en
* R50,4 miljoen vir “uitvoerende gesondheidsgeriewe”.

Bryntirion kry onder meer ’n nuwe grensbeveiligingsmuur, waghuise, hondehokke, toegangspaaie, ’n stormwater- en sanitasiestelsel en hekke.

Toe Fatyela-Lindie oor die ander projekte in haar voorlegging aan die parlement uitgevra is, het sy gesê alle Prestige-projekte is van nasionale veiligheidsbelang. Sy kan nie besonderhede verstrek of koste bespreek nie.

Sy het ontken dat haar departement enigiets te doen gehad het met die opstel van die dokument wat aan die parlement voorgelê is.

Die Prestige-portefeulje is reeds die fokus van ’n ondersoek deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ná bewerings dat dit deurspek is van ongerymdhede.

’n Hooggeplaaste bron in die departement van openbare werke het gesê die program is berug daarvoor dat dit aankoopmaatreëls omseil deur nie die werk op tender aan te bied nie omdat dit “dringend” is.

’n Woordvoerder van die SOE het navrae na openbare werke verwys.

As al die huidige Prestige-projekte bymekaargetel word, wat insluit BBP-behuising en hoë regeringsinstallasies soos die parlement, die Unie-gebou en ministeriële komplekse by Brynti­rion en Fernwood, beloop dit sowat R4,6 miljard.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!