Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

R1,5 miljard om Pretoria se naam te verander

2010-01-30 23:34

Dit kan meer as R1,5 miljard kos om Pretoria se naam na Tshwane te verander.

En, het ’n taakspan die ANCeen dié naamsverandering gewaarsku, meer as 80% van die stad se swart en wit inwoners wil ’n referendum oor die stad se naam hê.

Vader Smangaliso Mkhatshwa, toe uitvoerende burgemeester, het al in 2003 die taakspan opdrag gegee om die uitwerking van die naamsverandering te ondersoek.

Dit was te midde van sterk teenkanting van veral Pretoria se wit inwoners.

Belastingbetalers het R490 000 vir die projek opgedok.

Maar die verslag van 153 bladsye, wat Mkhatshwa al in 2005 ontvang het, is nooit gepubliseer of in die raad bespreek nie. Afskrifte hiervan is van koerante en opposisiepartye weerhou.

’n Afskrif van die verslag is aan Rapport se susterkoerant City Press uitgelek nadat die departement van kuns en kultuur verlede week ’n mediasessie oor naamsveranderinge gekanselleer het.

Die naam Pretoria was vermoedelik onder dié veranderinge.

Mnr. Paul Mashatile, adjunkminister van kuns en kultuur, sou die vergadering toegespreek het wat gekanselleer is nadat AfriForum ’n brief aan pres. Jacob Zuma en me. Lulu Xingwane, minister van kuns en kultuur, gefaks het.

AfriForum het hulle “dringend” versoek om “nie Pretoria se naam te verander nie”.

AfriForum se uitvoerende hoof, mnr. Kallie Kriel, sê die brief was in reaksie op mediaberigte dat die ANC Pretoria se naamsverandering wou versnel.

Mashatile se woordvoerder, mnr. Percy Mthimkulu, het geweier om kommentaar te lewer oor of Pretoria se naam op die lys was.

Hy het ontken dat die vergadering gekanselleer is nadat AfriForum in sy brief gedreig het die minister “kan verskeie hofsake en protesoptredes verwag”.

Kriel het die brief verlede Woensdag om 11:16 gefaks, minder as ’n dag voor die mediakonferensie gekanselleer is.

In sy brief wys Kriel op die gebreke in die naamveranderingsproses weens onder meer die gebrek aan openbare deelname.

Die besluit om Pretoria se naam voor die Wêreldbeker-sokkerreeks te verander druis in teen die versekering verlede jaar dat die ANC eers die koste sal bepaal.

Mnr. Sputla Ramokgopa, nuwe ANC-voorsitter vir die Tshwane-streek, het verlede jaar op ’n mediakonferensie belowe dat, sou die koste te hoog wees, “die ANC hom dan voorlopig rig op die verbetering van die armes se lewensomstandighede”.

Maar verlede jaar het die stad kwalik genoeg geld gehad om sy krag- en waterverskaffers te betaal.

Die koste van R1,5 miljard om Pretoria se naam te verander is in 2005 deur die ANC-taakspan bepaal en sal vandag selfs meer wees.

Die koste om Pretoria se naam te verander sluit in:

- R150 000 vir elk van die stad se 10 000 ondernemings;

- Tussen R50 000 en R150 000 per padteken (dit nadat onlangs meer as R10 miljoen aan nuwe padtekens bestee is);

- R100 000 om die weerdiens se naam te verander.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Cv 1/31/2010 12:22:29 AM
Hoeveel RDP huise kan julle met R1.5miljard bou of hoeveel vigs wese(wat m**r baie is)kan jul kos gee? Hou tog op om ons(die wit mense)te probeer vermaak of kwaad te maak want al wat julle(ANC EN REGERING) regkry is om vir die WERELD te wys en te bevestig hoe onnosel julle is!!!
Ghmpfffff 1/31/2010 12:25:44 AM
Asseblief verander so gou as moontlik en kry klaar. Die stink vrot lelike plek soos dit nou lyk is in elk geval volgens Afrika standaarde. Pretoria was in elk geval te 1ste wêrelds vir julle 3de Wêreld mentaliteit. Kry sommer geld by ESKOM se CEO asb. Hoe bou 'n mens nou in elk geval 'n k..huis met sulke sinkplate?????
Henri Le Riche 1/31/2010 1:26:15 AM
As hulle Pretoria se naam verander het, wat is volgende? Suid-Afrika se naam? Die Afrikaners se naam? Deur nie die Afrikaner te herken nie, is dit nie maar n manier om ons af te breek sodat ons nie meer onsself Afrikaners wil noem nie? So ver lyk dit hulle doen n 'beter job' as die Engelse in die Boere-Oorlog om ons te assimileer. Erens moet ons 'n stop roep want dis ooglopend praat en onderhandel werk nie. Help nie ons het 'die beste' grondwet in die wereld (op papier) nie, en niemand pas dit toe nie. Hoe kan 'n papier grondwet ons beskerm as ons nie n regering het wat dit ernstig vat nie?? So as mense n streep trek en se hiertoe en nie verder nie waar trek ons so 'streep', en wat gebeur as die 'streep' oortree word?
Miggie 1/31/2010 2:57:32 AM
Ag nee regtig dit is om van siek te word !!! Ek dag dan die regering streef daana om "poverty" uit te roei, wat is die belangrikste ding om te doen op die oomblik, natuurlik om huise te bou vir die arm mense wat in shacks bly, grote griet kan die regering nie net vir een keer die regte ding doen nie, daar is derduisende mense wat snags in die strate slaap sonder kos, en dit help misdaad aan, dink net hoeveel mense kon gehelp gewees het om op hul voete te kom met 1,5 miljard rand !!! Ek wens die hele land wil betoog daarteen wit en swart, ag wat ek wil nog so baie sê maar ek weet dit val op dowe ore, want hoekom sal die regering daaroor bekommer hulle slaap elke aand alte lekker in hul snoesige van die beste beddens in hul paleise, en het geen bekommernisse nie. Dit is pateties.
Go ANC go! 1/31/2010 5:03:59 AM
Dis mos kleingeld daai! Net n druppel in die emmer teen wat hul mos uit die sokker WCup gaan maak! Hehehehehe...F...N GRAP! LEKKE LALLALAND! Hoeveel snotneusies kan nie kos kry uit daai geld uit nie!?
Robby 1/31/2010 6:27:48 AM
Wonder net wat is die persentasie wat in ANC raadslede en tjommies se sakke gaan op eindig. Net nou die dag kon die gespuis nie hulle rekeninge betaal nie nou is daar geld vir die. Dalk gaan ons hoor FIFA betaal oor hiervoor! Die enigste hande wat hier gaan wen is twotone
PieterW 1/31/2010 6:28:50 AM
Pretoria sal maar altyd PRETORIA bly, net soos die ANC die mees gewilde "sirkus" ter wereld sal bly!! Hulle eie mense vrek van die honger, maar hulle wil 1,5 Miljard spandeer om net weereens 'n punt te bewys!!! Belaglik!!!! Maak dit tog saak wat die mense se en dink??? Hulle gaan in elk geval net doen wat hulle wil!! Wat is volgende?!?! Miskien moet hulle gou-gou WEEREENS OR-Thambo se naam verander... Dit het 'n m@#rse verskil gemaak want die buite-wereld verwys steeds na JOHANNESBURG lughawe??? Miljoene was spandeer vir HIERDIE naamverandering, maar het absoluut GEEN verskil gemaak nie?? Spandeer julle 1,5 Miljard en verander die naam op julle koffie-gevlekte papiere... PRETORIA sal maar altyd PRETORIA bly!!!
JohanSaudi 1/31/2010 6:30:49 AM
R1.5 miljard, weet julle hoeveel klein gomsnuifer straat kinders kan julle kos gee met daai klomp geld. Weet julle hoeveel huise kan julle bou vir ons belasting vreters met daai klomp geld. Weet julle hoeveel werksgeleenthede kan geskep word vir ons luilummel kriminele met daai moerse klomp geld. Weet julle hoeveel klomp ...... Maar nou wil julle dit mors op een naam wat vir die meeste mense niks beteken nie... ai my brother from another mother. Kabeer moshkela.
Des 1/31/2010 6:32:26 AM
So vuil en vrot soos Pretoria deesdae geword het pas die naam rerig nie by ons volksheld se naam nie - die ANC voel duidelik hy pas by die reëkoei Tshwane wat ooral waar sy mis voorspoed en vrugbaarheid bring, of is dit nou die kaptein wat niemand van weeet nie?
Yola 1/31/2010 6:41:30 AM
Ai dit gaan my verstand te bowe .... Daar is soveel staatshospitale wat nie eens ordentlike toerusting het om mense se lewens of babas se lewens te kan red nie.... Kyk net hoe moes Carte Blanche 'n ruk terug geld insamel vir sulke dinge en 'n bewusmaak veldtog doen... Daai geld is geskenk deur besighede en individue om te help om sekere hospitale te verbeter... Die staat het net sit en toekyk.. Nie gedink dat die program eintlik vir die hele wereld kon gewys word nie... Daai 1.5 miljard kan gaan vir sulke tipe dinge en ja soos almal sê vir die wat so in plakkerskampe bly agv van ons boere wat hul mos van die plase afgeskop het.... Ons het mos gemaak dat hul in plakkers hutte bly... Wel daar is 1.5 miljard daar buite mense wat hul nou gaan gebruik om 'n stad se naam te verander... Wat van bietjie toi toi om daai geld eerder te gebruik vir jul vir huise om ook lekker snoesig te kan slaap elke aand soos jul regering se groot koppe waarvoor jul gestem het...
Leon 1/31/2010 6:57:41 AM
Spandeer die geld, verander die naam, koop wapens, koop stralers, bly in 5 ster hotelle, koop duur karre. Gaan groot want die ANC het GEEN VERANTWOORDELIKHEID nie, die blanke, vuisvoos belastingbetaler sal die rekening mos met liefde betaal. Sit net asb die krag ook op en maak brandstof duurder.
gert spies 1/31/2010 7:51:22 AM
Ek se weer, die goed ( anc ) is net pleinweg onnosel en arrogant. Hulle dink net aan hul eie ego en sorg vir die elite van die anc en gee nie n duit om vir selfs hulle eie mense op die grond nie. ONNOSEL verby, STUPID se ek jou.
Elaine Gomes 1/31/2010 8:01:19 AM
Hoekom vat die ANC nie eerder die geld en bou huise vir hul mense wat elke dag baklei oor blyplek nie!!
gerda 1/31/2010 8:11:41 AM
wat is nuut in die vrot land ????? dit gaan gedoen word al se wie wat die hospitale skole en huise is GLAD nie vir hulle belangrik nie
Donn 1/31/2010 8:18:27 AM
Om n Afrikaner te wees is in jou hart en die bloed wat in jou are vloei. God het ons gemaak en nie die ANC nie.
Net soos die ANC in bewind gekom het sal hulle tot n val kom. Niemand is groter as God nie. Baie van julle weet dat so gou as wat jy iets in die lewe kry kan HY dit van jou weg vat.
So hou vas in jou geloof in God soos Andries Pretorius na wie die stad Pretoria vernoem is, wat n trotse Afrikaner was tot sy dood.
Bid en glo mense.
Pssss die naams verandering maak my ook ongelukkig. Kom ons ondersteun Afriforum as daar n protes optog gaan wees en moenie dink jy is te goed daarvoor nie.
Dis ons stad ook.
elsabe 1/31/2010 8:33:44 AM
Wat verwag mens nou eintlik van 'n sirkus?
Paul 1/31/2010 9:05:48 AM
Die land behoort mos nou aan die ANC,soos hulle se, so hoekom nie kwytskelding gee aan alle Blanke belastingbetalers en dan kan hulle mos aangaan soos hulle wil,sonder enige teenstrydigheid.Sodoende kan hulle geld genereer vir Chancellors-House, Naamsveranderinge,nuwemotors,bootreise,Dubai vakansies ens,sonder die Blanke belastingbetaler.Maar nee hulle weet watter kant hulle brood gebotter is,dit is net ons eerlike blanke betalers wat vir "Fools"gehou word.Die ANC steur hulle aan niks wat enige blanke se nie,so ek wil ook vir niks betaal nie,want ek is n Blanke!
Henry 1/31/2010 9:19:10 AM
1.5 miljard in 2005. Bereken teen 'n gemiddelde inflasiekoers van 15% - want dit is nie so laag soos Statistiek SA ons wil laat glo nie (onthou papier is geduldig en mens kan met statistiek enigiets bewys) - sal daardie bedrag nou al 3 miljard beloop. Voeg by die 490 miljoen wat die lewensvatbaarheidsstudie reeds gekos het en ons kan teen 'n gemiddelde 30K per Hop huis, ongeveer 116700 huise gebou het.

Bereken teen vyf persone per gesin, sou ongeveer 583 400 mense 'n dak oor die kop gehad het. Dít sou 'n redelike gaatjie gemaak het in die plakkersprobleem wat die stad teister op te los.

Dalk sou daar geld oor wees om die grense van die land ook behoorlik te bewaak.
Olivier Henning 1/31/2010 10:01:15 AM
Wit mense in Pretoria moet nie kla nie. Hulle het met die 1994 Algemene verkiesing en die 1995 munisipale verkiesing (asook al die verkiesings sedertdien) 'n blanko tjek aan die ANC gegee om te maak wat hulle wil. Toe selfbeskikking en/of groepsregte sterk gefigureer het en daar 'n kans was om iets gevestig te kry, het die meerderheid wit Pretorianers hierdie opsie verwerp. Nou sal ons die hele binneland van Suid-Afrika maar moet afskryf.
Brolloks 1/31/2010 10:06:05 AM
Wie was Tshwane, en waar kan ek in die geskiedenisboeke meer oor hom te wete kom? Dit kom my voor asof hy, soos Kersvader en Klaasvakie, virtuele mense van die oerverlede was. Kan ons maar nie Pretoria se naam liewers verander na Klaasvakiestad nie? Dit sal baie meer gepas wees.
alkie 1/31/2010 10:13:22 AM
Wonder wanneer die ANC wil groot word? Daar is hordes swart dorpe wat hulle name kan gee. Van die dorpe het nie eens straat name nie. Maar nee hulle wil, soos n stout kind, hê wat nie hulle sin is nie. Wil daardie swart dorpe self ook nie die sogenaamde leiers name hê nie? En die Tshwane naam, wonder net wie dit was ?
Sukikakie 1/31/2010 10:55:15 AM
So gaan dit as onbekwame en onopgeleide mense, waar 'n uitstekende kriminele rekord meer waarde as 'n goeie CV het, aan die stuur van sake staan. Kyk hoe vuil is PRETORIA se strate, vrot hoenderpote en vleis word op elke straathoek gekook en aan die "arm" publiek verkoop. Hulle kan nie eers 'n eenvoudige projek soos om vuil asblikke te verwyder, suksesvol bestuur nie. Ons asblikke staan vir dae en selfs weke op die sypaadjies en stink en vir al wat bedelaar is om in te krap. Kyk hoe lyk ons begrafplase, maar solank hulle in die "pound-seats" sit, voel hulle vere vir al die beloftes wat hulle vir hulle getroue aanhangers en ondersteuners gemaak het. Wat gee hulle om vir vuil hospitale, of kinders en oumense wat doodgaan van die honger? As hulle siek word, het hulle mos ons getroue belastingbetalers se geld om in die beste 5-ster klinieke te gaan lê en net solank hulle en hulle kinders elke aand om die kospotte van "EGIPTE" kan sit en hulself dik vreet, wat sal hulle vir enige iets anders omgee. Die mense is op 'n "power-trip" wat F.W. de Klerk op 'n skinkborde vir hulle gegee het om op te voeter net soos hulle lekker kry.
Siebert 1/31/2010 11:08:18 AM
Kan iemand asb 1.5 miljard rand in 100 rand note bymekaar pak en die hele regering daarheen neem om te sien hoeveel geld dit verklik is. Dit is duidelik dat hulle nie weet wat die verskil tussen n miljoen, biljoen, miljard ens is nie. Geen wonder want die helfte het nie veel skool geloop nie en die met grade het dit of gekry of gekoop. Gelukkig vat my GPS my steeds na Jan Smuts rylaan, Hans Strydom ens. ens. Hulle kan maar verander tot hulle blou in die gesig is maar die mense kan hulle nie verander nie. So sorry vir hulle
Onrusstoker 1/31/2010 12:38:32 PM
Simboliese draadtrekkery.

Skandalige geldmors.
Geevol 1/31/2010 1:10:50 PM
Aan die ANC is daar net een ding te se: "Go ahead... and make my day!"
Susan 1/31/2010 1:20:54 PM
Moskou sirkus julle moet kom tips vang in Suid Afrika
Ria 1/31/2010 1:24:20 PM
Laat hulle die name verander van alles wat hulle voor die koms van die witman self tot stand gebring het. Die stede wat hulle self gestig het, die geboue, paaie, damme, hospitale, universiteite, lughawens ens. wat hulle self gebou het voor die 1830's of voor apartheid in 1948. Verander die name wat werklik aanstoot kan gee soos K**skraal. Maar los die goed wat die witman gebou het en wat deel van sy erfenis is. Laat ons nou maar eerlik wees - sonder die koms van die witman sou daar in hierdie mooi valleie waar Pretoria vandag is, net 'n klompie verspreide modderhutte gewees het met 'n paar brandsiek beeste en 'n bietjie sorghum wat daar groei. Daar sou nie eers mielies gewees het nie, want die witman het mielies wat hul oorsprong in Suid-Amerika gehad het, in hierdie land gevestig. En O ja, die bevolking aan die begin van die 19de eeu was baie minder as een tiende van wat dit vandag is. Die witman het gaan inmeng met die natuur. Die welmenende sendelinge en die ou Voortrekkers het die oorloe, plaagte, pestilensies en hongersnood probeer bekamp met kos, mediese dienste, onderwys en godsdiensonderrig. Anders as in Noord-Amerika en Australie het hulle nie die inboorlinge uigemoor en die paar oorblywendes in reservate gestop nie. Nee hulle het hulle laat vermeerder tot op 'n punt waar die inboorlinge die land se hulpbronne verswelg.
Ria 1/31/2010 1:38:09 PM
Aan die ander kant stem ek saam met ghmpfff. Hulle het Johannesburg en Pretoria nou al so behoorlik getransformeer dat die middestad van hierdie twee voorheen wereldstede nou stinkende ashope is. Pretoria is nie meer Pretoria nie. Wanbestuur, wanbesteding en korrupsie het daarvoor gesorg. Dalk moet ons die stad maar vernoem na die tandfeetjie, Tshwane.
Jaap 1/31/2010 2:08:09 PM
Tyd dat die Weskaap en Noordkaap UDI van die RSA en die Goeie Hoop Republiek (GHR) word. Dan kan alle oud-Petorianers met liefde hul kundigheid in die GHR kom aanwend. Die GHR, waar die doodstraf aan verkragters, moordenaars,dwelmsmokkelaars, motorkapers edm opgele word, sal Afrikaans en Engels as amptelike tale met 'n 1ste wereldklas opvoedingstelsel.
frikkie botes 1/31/2010 2:10:32 PM
Slegs breindood wesens sal dit nou gaan deurvoer,Slange byt ons mos nie, en ons groei gelboompies in ons tuine,en weerhou ander om ook daarvan te plant,hoe meer dit kos om te verander,hoe meer belasting moet ons betaal,dit is tyd om die spandabel regering te boikot met belasting,want hulle prioriteite is jy gooi die baba weg,en bere die vuil doek
Redclover 1/31/2010 2:13:09 PM
Aai aai mense warom al die geld mors?? MY vraag aan die Anc en Tshwane raad. Wat is in n naam?? My vraag aan die wat daarteen baklei ??DIT IS AFGODERY !!! VAN ALBEI KANTE AF.Daar is soveel behoefde in die land. Dit is net eenvoudig belaglik dat mense soos stoute kleuters "tantrums'" gooi.Julle heg te veel waarde aan aardse dinge!!
frikkie botes 1/31/2010 2:13:14 PM
Brolloks, Tshwane was n groot leier van die ANC se voorgeslagte
James 1/31/2010 2:49:38 PM
It is madness but I am sure the tension will be as high when Soweto get it's new name!
Kakabooi 1/31/2010 2:55:29 PM
Koste van R1.5B word alreeds aangedui as "unacceptably large" op bl 148 in die verslag van 2004. Dit wys op die risiko vir verlies aan inkomste omdat die naam Pretoria wegval uit internasionale brosjures. Dus sluit die koste van die naamverandering ander indirekte kostes uit. Die volgende staan in 7.2 op bl 152:
"That the CTMM (City of Tshwane Metroplitan Municipality) devise a plan to generate new investment to offset the high cost that a change of name will accrue.
That this report be used as a means of stimulating further debate and research around the change of a name. In this sense, it should be regarded as part of a process of name change, encouraging scrutiny of the findings by a wide range of interested parties, being amenable to modification and receptive to constructive criticism."
Nou kom ons begin deur te vra wat beteken Tshwane in vergelyking met die plek waar die Praetor bly (Praetoria). Dit klink nou na die oplossing vir my vir naamsverandering.
Nicholas 1/31/2010 2:57:09 PM
Die baie geld pla die ANC niks - dit kom mos nie uit hulle sakke nie, neet dit is die (blanke) belastingbetalers en (blanke) besighede en (blankes se) pensioenfondse wat gaan betaal. So gaan hulle voort tot elke stad, dorp en straat naam verander is. Die ANC regering het nie die geld nodig om RDP huise te bou nie - hulle het klaar elkeen 'n spogwoning of twee (dankie belastingbetalers) en karre van so R1M elk. So hoe lank wil hulle nog "bou" aan die land??? Aaan wat wil julle bou of "'n verskil maak" as ek mag vra? Gaan die DA die ANC in die bek ruk? Asseblief. Word wakker die skrif is aan die muur. Lees dit en neem 'n paar nugter besluite.
Pieter 1/31/2010 3:26:22 PM
Kan ons almal nie ook eise instel nie. Ek het nog 'n hele paar dokumente wat ook verander sal moet word en die metro van die klein ape moet my mos ook daarvoor vergoed. Goed soos kaarte, ensiklopedies, boeke ens wat almal nog na Pretoria verwys en in daaglikse gebruik is, herdruk van standaard dokumente, ens. Kom ons almal gee nou addresse aan as Straat nommer en naam en Metro van die klein Ape en kyk na die heerlike ANC gemors
sharkie 1/31/2010 4:08:46 PM
Ja nee in Pretoria moet ons bly.. hier gaan dit nog lekker raak!!!!!!
fanie 1/31/2010 4:17:48 PM
Gee die slegte plek se naam De La Rey dorp of iets dergliks.
Thandile 1/31/2010 4:20:09 PM
Die witman bly maar Koning - 'n naamsverandering sal onse mense nie beter as hulle maak nie. Nooit nie. Soek maar fout op ander plekke.
Charlie 1/31/2010 4:44:37 PM
Die Afrika logika bly op sy beste onlogies. 'n Tekort aan breins.
M 1/31/2010 6:18:35 PM
Die reel is eenvoudig: hoe vrotter die Munisipaliteit, hoe meer karring hulle om die naam te verander. Sodoende kan die plaaslike bestuur darem wys hulle het IETS gedoen.
andre 1/31/2010 6:43:46 PM
Dis hoe die ANC die wit mense onder kry. Hulle soek dit dat ons wit mense kwaad raak. Hulle maak wit mense wat nog nooit rasiste was nie grooter rasiste. Ek will net baie dankie aan FW De Klerk se dat jy ons in so n land gelos het. AAP
Elsabe 1/31/2010 7:02:43 PM
Hoe belaglik kan "slim" mense wees, hulle stel nie belang om dinge te verander vir die beswil daarvan nie, maar om hulle mag te gebruik (misbruik).
D 1/31/2010 7:12:20 PM
Ja, ek glo ook nie die lot weet hoeveel 1.5 miljard is nie. dink hulle kon somme maak met soveel nulle nie. Maar ek dink hierdie is nog net die spreekwoordelike storm in die teekoppie. Wag en kyk wat gaan gebeur kort voor die Sokker fiasko. Iets wat, volgens die prez van die land so glad soos seep gaan verloop. Ha ha ha ha ha. Na die fiasko verby is dink ek nie sal ons ooit weer enigiets van wêreld sport hier te sien kry nie. Wag en kyk............ Ek ruik hom al, hy is oppad
Reggie 1/31/2010 7:26:39 PM
Hierdie geld kan baie nuttiger aangewend word,maar as ons leiers nie eens hul toekennings uit die staatskas behoorlik kan bestuur nie,sal die enorme bedrae vir naamsverandering nie hulle afskrik nie. Dit is ook nie FW se skuld...dis bloot 'n kwessie van absolute onbeholpenheid , swak fiskale dissipline en 'n gebrek aan visie om werklik te kan sien waar hierdie pragtige land van ons se behoeftes lê."BOTTOMLINE" ...ons kiesers moet hul oë oopmaak!!Kyk maar net wat kom in die munisipale verkiesings wat op hande is!! "By the way"...ek is nie wit nie...
Brentie 1/31/2010 7:42:56 PM
Die ANC reken daar is nog baie papier in die
Reserwebank,so wat van 1500 R1M note.Dit behoort die 'trick' te doen.Klink so gesien ook nie so baie nie.Dan is Suid Afrika mos in pas met Zim.
Nou se ek niks meer nie net nou maak ek
slapende amptenare wakker.
liezl 1/31/2010 7:49:44 PM
Dit terwyl miljoene dooi aan HIV en wanvoeding.
Welgedaan!!!!
Chris 1/31/2010 7:59:00 PM
Daar is blykbaar nie geld vir nog Polisiemanne nie, daar is nie geld vir die gesondheidstelsel wat uitmekaar val nie, maar daar is altyd geld vir allerande twak. Parties, lekker karre,lekker troues (sommer n paar vroue as jy daaraan glo) is aan die orde van die dag, is dit nie lekker nie. Die ANC spandeer net geld op wat hulle pas, daar is vir niks anders geld nie.
SAGANSA 1/31/2010 8:37:22 PM
Ek laaik THANDILE kwaai!!!
Anton 1/31/2010 8:47:42 PM
Verander die naam en kry klaar. As als opgemors is kom roep maar die baas om reg te maak.
Abdulhalli Shittu 1/31/2010 8:48:37 PM
Ag ek bid elke dag van my lewe dat die wit en bruin mense van hierdie land kan saam staan, kom ons hou op na sport kyk, tv kyk, belasting betaal en vir krag en water te betaal, die $^&%# rasbehebte ANC regering sal dan bankrot gaan, kan ons nie saam staan en die gemors uitwerk nie...he,he seker nie in ZumZimLand, Mandelatopia nie?
Fanie 1/31/2010 9:20:57 PM
Dankie aan AfriForum! Julle is die enigstes wat iets doen, almal kla net. Maar onthou, die saak gaan vir AfriForum baie geld kos, en ons moet help. Hulle het tot dusver 'n uitstekende suksesrekord, daarom vra ek vir almal om nog vandag na hulle webblad toe te gaan en aan te sluit. So 'n R100 pm gaan die meeste van ons nie armer maak nie. Kom dat ons nie net praat nie, kom ons help AfriForum DOEN!
MJ 1/31/2010 9:35:15 PM
Vader Mkhwatsa, WHATEVER (nou speaker ), sit agter hierdie naamsverandering. Hy was die vorige burgemeester en een ding van Gwen , sy het nie die naamsverandering ooit in haar termyn gestoot nie. Vader Whatever het ook duur gronde aan `n motormaatskappy gegee vir ontwikkeling vir`n appel en `n ei.
SAGANSA 1/31/2010 11:39:06 PM
Suid Afrika is lankal nie meer n demokratiese land nie, maak nie saak hoeveel ons kerm en kla nie, as hulle wil gaan hulle die naam verander. Die tyd kom.......
Christina 2/1/2010 9:10:11 AM
Dis belaglik hoe die regering so kan geld mors. Hoop net dat recycling hoog op hul agenda is en of hul al die pad tekens en naamborde en weet nie wat nog tipes signboards sal skenk vir die arme goedjies in plakkers kampe om 'huisies' daarme te bou nie, die arme goedjies reen mos nat. Of het ons grootkoppe nie 'n hart nie....? Of is daar nou geld oor om die goedjies te help?
Pieter Marx 2/1/2010 10:21:55 AM
STEEL STEEL STEEL!!Dis kultuur.Of dit nou 'n transitorooftog is of 'n ou se kar wat gekaap word of Pretoria se naam wat gesteel word,dis Afrika kultuur.Dis nie verkeerd om te steel nie,solank jy net nie uitgevang word nie.Die stad is so korrup en vuil,dit kan maar net sowel TSWANE genoem word,want Pretoria lyk nie so nie.Dit is voorwaar 'n plek van die ape.En hulle regeer die stad soos ape sal doen.
Anti-ANC 2/1/2010 11:05:52 AM
Gelukkig hoef ek nou nie meer skuldig te voel as ek nie bedelaars uit die bevolkingsgroep wat hierdie naamsverandering voorstel, help nie.
La roux 2/1/2010 11:54:49 AM
Go ahead and make my day-punk. They just Bullshitting themselves....
Jaap 2/1/2010 12:28:15 PM
Het willen veranderen van die naam geeft aan dat er nu een omgekeerde rassendiscriminatie is. Na eeuwen deze naam te hebben dient deze te blijven alleen al om discriminatie uit te sluiten.
Henry Underhay 2/1/2010 1:14:19 PM
Dis uiters pateties, PRETORIA was nog altyd na aan die Afrikaners se hart. Deesdae is dit 'n vrot stinkende stad! Almal het reeds uitgewyk na ander voorstede en hulle eie klein dorpies gestig, winkels en al. Dis net jammer dat die ANC regering nog "naam-hangups" het en dat die belastingbetaler daarvoor moet opdok!
Brenda Jooste 2/1/2010 1:21:58 PM
Het hierdie stupid #$^#* dom bliksems nog nie genoeg geld gemors, gesteel of verkwansel nie. Kry einde julle onnosele idiote. Wat is in 'n naam? Kry liewer ander goed om met die geld te doen, soos voer die honger kinders en gee vir hulle dakke oor hul koppe. Get over the #*$^# RACISM SHIT - because that is all it is about - get over your shit now for once and for all............. STOP IT.
Elsa Opperman 2/1/2010 2:35:25 PM
Wanneer gaan die regering ophou om die belastingbetaler se geld so te mors. Wat maak hulle wanneer ons begin staak. Staak om ons belasting oor te betaal.
Marie 2/1/2010 4:19:58 PM
Stem saam met Ria. Die naam moet pas by hulle image. Wat n skande dat die naam nog aan oordentlike opgevoede MENSE herinner
@Elsa Opperman 2/2/2010 9:38:13 AM
Daar is 'n oplossing Elsa. Kry jou eie regering en gee jou belastings aan jou eie regering. As hulle nie doen wat jy wil he , dan stem jy hulle uit. Nou sal jy dit nooit weer kan doen nie. Registreer by www.v v k.co.za
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Solutions Developer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Programmer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Tester

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Cherokee Limited 2.8 CRD 4x4 Dsl AT
2005
R 179,995.00

FIAT

Strada 1.2 EL PU
2006
R 59,995.00

AUDI

TT Roadster Quattro 1.8
2004
R 189,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...