R150 per dag? ‘Dit is nag!’

2012-11-17 23:28

Pieter de Kock stap deur die wingerd van die Exhex-boerdery in De Doornswat deur stakende plaaswerkers aan die brand gesteek is. | Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Minimum plaaswerkerloon van R150 per dag is vergesog, ’n droombedrag en gaan grootskaalse werkverliese meebring en landboumeganisasie bespoedig. Daarby gaan dit opkomende boere se pogings om hul boerderye op dreef te kry vernietig.

Dit is die reaksie van boere en landbouorganisasies op die eise van plaaswerkers in die Wes-Kaap dat hul nasionaal vasgestelde minimum loon van R70 tot R150 per dag verhoog word.

Druiweboere wat die afgelope week erg getref is deur die stakings sê meganisasie is iets waarna lankal gekyk word, maar nou, ná die protesoptrede, nog gouer ondersoek gaan word.

Sou Mildred Oliphant, die minister van arbeid, ’n bedrag van R150 ná samesprekings vasstel, gaan dit heel eerste lei tot afdankings van plaaswerkers.

“Wes-Kaapse wynboere ondersoek al ’n geruime tyd meganisasie, en veral nou weer ná die gewelddadige protesaksies in die landboubedryf,” sê Rico Basson, uitvoerende direkteur van ­Vinpro, spreekbuis van Wes-Kaapse wynboere.

“Die omvang van die looneise is onrealisties en onbekostigbaar vir die gemiddelde produsent. Dat arbeidskoste reeds so ’n groot persentasie van die bedryfskoste verteenwoordig, noodsaak produsente om toenemend na meganisasie te kyk.”

Die meeste wynboere betaal reeds gemiddeld 20% tot 40% meer as die nasionaal vasgestelde minimum loon vir plaaswerkers, sê hy.

Volgens Michael Laubscher, voorsitter van die Hexvallei-tafeldruifvereniging (HTA), sal enige loonverhoging beslis tot afdankings lei.

“Al die boere betaal meer as R70 per dag. As een dit nie doen nie, moet hy na vore tree.”

Minder as 6% van die plaaswerkers word deur vakbonde verteenwoordig, sê hy.

“Skielik is daar baie vakbonde om die tafel wat beweer hulle het ’n mandaat van die werkers. Cosatu was nooit in enige vorm betrokke in die vallei nie. Nou maak hy sy stem dik hier.

“Vakbonde het geen houvas op plaaswerkers nie. Hulle soek loonverhogings en wil nuwe lede werf, deur intimidasie.”

Volgens Basson word die produktiwiteit van arbeid teenoor “meer doeltreffende” meganisasie daagliks ondersoek.

“In sekere gevalle is daar reeds bewyse meganisasie is op lang termyn goedkoper as handearbeid. Ál meer produsente oorweeg dit.

“Die werklikheid is dat, gemiddeld, die wynprodusente geen of baie min wins maak.”

Pieter de Kock, eienaar van die plaas Exhex-boerdery in De Doorns, sê as die minimum loon tot R150 verhoog word, kan hy “oppak, my werkers afdank en die plaas sluit”.

Hy sê ’n ekonomiese peiling wat in 2011 van sowat 39 plase in die Hexvallei deur Frudata SA gedoen is, toon ’n verhoging van die minimum loon hou verreikende negatiewe gevolge in wat werkskepping betref.

De Kock het 10 ha wingerd verloor toe stakers dit aan die brand gesteek het. Hy skat sy verlies op R2,5 miljoen.

Volgens ’n boer van Robertson is R150 “’n droombedrag”.

“Dis nie dat jy ’n klomp geld in jou donnerse sak druk nie. My trekkers is flenters. Ons sit nog met wyn wat nie verkoop is nie.

“As ons meer moet betaal, halveer ek my plaas en my werkmag, haal wingerde uit en plant weiveld vir beeste.”

Volgens Vaaltyn Pieterse, direkteur van die swartbemagtigingsboerdery Siyazama-Klipland-boerdery, word sy 60 werkers R75 per dag betaal.

Pieterse sê Siyazama sal moet toemaak as die minimum loon tot R150 verhoog word.

“Siyazama sal dan moet teruggaan na ryk kommersiële boere.

“Die R150 is ons kopseer. Ons is nuwe boere. Ons moet vorentoe én op. Mense besef nie die hoë landboubedryfskoste nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
201 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... So terloops, alle soorte terreur wat ons sien gebeur, het eers 'n oefenlopie in die midde ooste gehad... Dankie Rapport dat julle ons op hoogte hou...of nie... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.