R16,5 miljard vir twee nuwe universiteite

2012-09-01 23:54

Die regering gaan R16,5 miljard bestee om twee splinternuwe universiteite in Nelspruit in Mpumalanga en in Kimberley in die Noord-Kaap te vestig.

Dit is die eerste universiteite om in die nuwe Suid-Afrika opgerig te word en studente sal reeds teen Januarie 2014 vir sekere studierigtings kan registreer.

Dr. Diane Parker, adjunk-direkteur-generaal van hoër onderwys en opleiding, het aan Rapport gesê akademici van bestaande universiteite sal aanvanklik help om klasse aan te bied, maar die departement gaan afgetrede lektore, asook Suid-Afrikaners in die buiteland en internasionale kenners, werf om by die nuwe universiteite te werk.

Luidens ’n dokument wat die afgelope week in die parlement voorgehou is, het inskrywings aan die bestaande 23 universiteite aansienlik toegeneem van 603 000 studente in 2001 tot 900 000 in 2011.

Nuwe universiteite “wat die waardes en ideale van die nuwe Suid-Afrika weerspieël” is nodig om in die vraag en vaardigheidstekort te voorsien.

Parker het gesê die universiteit in Nelspruit sal op die gronde van die Laeveld Landboukollege net buite die stad ontwikkel word. Die sowat 240 ha grond en geboue behoort aan die staat, maar dit sal nogtans R12 miljard kos om die universiteit oor die volgende ses jaar ten volle in te rig om eindelik 15 000 studente te akkommodeer. Dié getal kan op die duur tot 40?000 styg.

Ander dorpe soos Secunda, Witrivier en Barberton is as moontlike setels oorweeg, maar Nelspruit is weens sy ligging, toegangsroetes en ekonomiese geleenthede gekies.

Die universiteit in Kimberley sal in die middestad gesetel wees in verskeie bestaande regeringsgeboue. Bykans R4,6 miljard sal oor die volgende ses jaar aan laboratoriums, biblioteke en sportgeriewe bestee word om die universiteit ten volle in te rig om eindelik sowat 5?000 studente in te neem. Tot 80% van dié studente sal in koshuise woon.

Voorlopige studierigtings behels inligtingstegnologie, ingenieurswese, landbou, sakebestuur en verpleging.

Nagraadse studies in sterrekunde word ook oorweeg omdat die Square Kilometre Array (SKA)-projek en die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (Salt) in die Noord-Kaap is.

Die meerderheid van die Noord-Kaap se bevolking (300?000 mense) woon in Kimberley.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.