R33 m. en geen steen is gelê nie

2012-08-26 00:06

Belastingbetalers het R33 miljoen opgedok vir bouwerk aan die Skilpadhek-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana sonder dat ’n enkele steen gelê is.

Intussen het die korrupte staatsamptenaar wat dié onwettige betaling gemagtig het, agteraf R1?250?000 by die boukontrakteur gekry vir die guns.

Voorts betaal die staat al drie jaar lank huur op vier geboue wat dolleeg staan.

Dié is net enkele gevalle wat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) deur ’n forensiese ondersoeke in die departement van openbare werke oopgevlek het.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het aan Rapport gesê hy verwag die omvang van die finansiële verliese en korrupsie in sy departement kan miljarde rande beloop wanneer al die ondersoeke afgehandel is.

Volgens Nxesi is dié departement “die ideale plek om vinnig geld te maak as jy die regte mense ken”, aangesien openbare werke miljarde rande se tenders uitreik aan private maatskappye om polisiekantore, hospitale, grensposte en skole op te rig.

Openbare werke sluit ook huurkontrakte met private eienaars vir kantore waarin staatsdepartemente gehuisves word.

Dié kontrakte alleen beloop R3 miljard per jaar.

Net 500 van die 3 000 huurkontrakte is tot dusver geoudit.

“Ons weet nie hoeveel van die res wettig is nie. Dis selfs moontlik dat ons betaal vir die huur van eiendomme wat nie bestaan nie,” het Nxesi gesê.

Buiten die gevolge van jare se wanbestuur, is die departement ook op sy knieë weens die verlies aan hoogs vaardige professionele amptenare.

Intussen het Nxesi vir Cathy Motsisi, die departement se finansiële hoof, in die pad gesteek omdat sy onbevoeg is. Motsisi is in die 2006-’07-boekjaar aangestel met net ’n BCom-graad agter haar naam.

Tot nege top-amptenare is geskors in verband met voorvalle van bedrog en korrupsie:
* Diensverskaffers het Richard Samuels, adjunk-direkteur-generaal, R170 000 gegee en sy kinders se studiegelde betaal in ruil vir staatstenders;
* ’n Eiendomsmagnaat het Thabo Moagi, amptenaar in die Johannesburg-streek, R285 000 vir ’n Golf 5 GTI gegee in ruil vir die huur van sy eiendomme;
* Die einste eiendomsagent het Desmond Simamane, Moagi se kollega, R566 000 vir ’n Nissan-dubbelkajuitbakkie en R635 000 kontant gegee in ruil vir 28 huurkontrakte; en
* Opknappings aan ministeriële ampswonings kos meer as wat die staat oorspronklik vir dié huise betaal het.

Die amptenare wat by dié voorvalle betrek word, sit al maande lank met volle betaling by die huis en gebruik mediese toestande soos “stres” om hul tugverhore uit te stel.

Die departement durf egter nie arbeidswetgewing verontagsaam nie. “Ons kan nie bekostig dat dié sake op tegniese punte uitgegooi word nie,” sê Nxesi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Die gemiddelde huis in Toronto kos R5 miljoen (halfmiljoen Kanadese dollars). Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C High level clouds. Mild. Pta: 5-17°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-13°C Sunny. Cool. Bfn: 1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.