Rade jag Krugerwildtuin

2012-11-19 06:49

Eiendomsbelasting van miljoene rande kan die Krugerwildtuin in Mpumalanga verlam en boonop ’n kwaai regstryd afgee.

Benewens die agterstallige belasting van R42?miljoen wat plaaslike owerhede al in 2010 van dié wildtuin geëis het, kan die wildtuin kragtens wetswysigings met nog enorme eiendomsbelastings gelooi word.

Ook die drie munisipale gebiede waarin die Krugerwildtuin sedert Junie verlede jaar ingedeel is (die Mbombela-, Nkomazi- en Bosbokrand- plaaslike munisipaliteit) kan honderde miljoene rande aan eiendomsbelasting van die wildtuin eis. Dit kan die wildtuin se begroting van R985 miljoen heeltemal uitput.

Hierby skuld die wildtuin saam met die aangrensende Sabi Sand-wildtuin meer as R119 miljoen aan agterstallige eiendomsbelasting, beweer die Ehlanzeni-distrikmunisipaliteit, waaronder die Krugerwildtuin voorheen geval het.

Sy vorige eis van R42 miljoen het twee jaar gelede in die hof gaan draai, maar die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
(SANParke) en dié munisipaliteit het uiteindelik buite die hof geskik.

Die drie nuwe munisipale owerhede werk tans aan die waardasie van die park om vas te stel hoeveel hul deel van die grondgebied werd is.

Sodra die proses afgehandel is, sal die Krugerwildtuin ’n
eiendomsbelastingrekening kry, sê Bessie Pienaar, woordvoerder van die Mbombela-munisipaliteit.

Hulle gaan beslis nie opdok nie, sê William Mabasa, woordvoerder van die Krugerwildtuin. Die betaling van eiendomsbelasting is nie die verantwoordelikheid van die wildtuin nie, maar dié van die departement van openbare werke, meen hy.

“Die Ehlanzeni-distrikmunisipaliteit kon tot op hede nog nie voldoende bewyse van die uitstaande bedrae aan die geregistreerde eienaar van die park, die plaaslike departement van openbare werke, toon van die uitstaande geld nie.

“Buitendien, ’n eis van hierdie bedrag kan die park se begroting uitput.”

Hulle het in 2010 en 2011 vergaderings met die departement gereël om sake uit te werk, maar die departement se verteenwoordigers het nie vir die vergaderings opgedaag nie, sê hy.

Hy wou hom liewer nie uitlaat oor die gevolge vir besoekers aan die wiltuin as hulle wel die belasting moet betaal nie.

Die bedrag van R119 miljoen wat Sabi Sand glo saam met die Krugerwildtuin aan agterstallige eiendomsbelasting verskuldig is, is nie korrek nie, sê Sabi Sand se prokureur, Elmien le Roux van Knowles Husain Lindsay Ingelyf.

“Geeneen van die Sabi Sand-wildtuin se eienaars het enige munisipale rekening van die Ehlanzeni-distrikmunisipaliteit ontvang nie en daar is nog geen hofprosedure vir die invordering van belasting ingestel nie. Die bedrae stem nie ooreen met die inskrywings in die waardasierol nie en dit lyk of dit op foutiewe inligting gegrond is.”

Le Roux sê dit is ook onduidelik of die bepaalde ordonnansie al in werking gestel is wat die distrikmunisipaliteit in staat stel om dié eiendomsbelasting te hef.

Lucky Nkodane, woordvoerder van die Ehlanzeni-munisipaliteit, wou nie kommentaar lewer nie en het aangevoer dat die munisipaliteit en die park die situasie hanteer.

Sodra die twee partye ’n ooreenkoms bereik het, sal hy kommentaar lewer, sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Kadesh Barnea sê... Politiek is seker die mens se vuilste en mees korrupte spel, wat die ganse mensdom die meeste skade ooit nog berokken het. As ons van party-politiek kan ontslae raak en mense in regeringsposte aanstel suiwer op meriete, sal hierdie land blom soos geen ander ter wereld nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.