Ramp-boot ‘hul brood en botter’

2012-10-20 23:33

Gregg Louw (45), skipper van die rampboot Miroshga, het die Houtbaaise hawe die afgelope week besoek ná die ongeluk verlede week anderkant Duikereiland waarin twee mense gesterf het. Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die boot wat laas naweek naby Houtbaai omgeslaan het, was die trots van ’n bemagtigingsprojek waarvan agt gesinne in Hangberg, ’n vissersbuurt wat deur werkloosheid gery word, vir kos op die tafel afhanklik was.

Die kaptein van die Miroshga, waarvan twee passasiers in die ramp dood is, sê dié “agtergeblewe” gemeenskap moet nou van voor af bewys hy kan ’n suksesvolle toerismeonderneming bedryf. Tot dít gebeur is talle werkgeleenthede gesink.

Gregg Louw (45) was agter die stuur toe die Miroshga met 39 passasiers aan boord in yskoue water naby Duikereiland omgeslaan het.

Hy is die mede-eienaar van die bemagtigingsmaatskappy Southern Ambition Marine ­Safaris wat die Miroshga besit en ook woordvoerder van die Houtbaaise vrede-en-mediasie­forum.

Die tragedie “het ’n groot sielkundige en maatskaplike uitwerking op die gemeenskap gelaat”, het Louw gesê.

Die Miroshga het ’n inkomste vir agt gesinne – twee daarvan enkelouer-gesinne – van Hangberg, asook ’n toergids van die Imizamo Yethu- informele nedersetting verskaf. Die boot is na die Tafelbaaihawe gesleep en Louw is nog nie seker of dit herstel kan word nie.

“Die Miroshga het vir Hangberg hoop gebring, hoop dat mense uit ’n agtergeblewe gebied ook ’n maatskappy, ’n boot, kan besit én dit mededingend en suksesvol kan bedryf.

“Ons het hard gewerk om sedert 2004 in die toerismehoofstroom te kom. Daar is baie vooroordele en sommige van jou mededingers wil nie hê jy as swartbemagtigingsgroep moet suksesvol wees nie. Ons moet weer hoop kry.”

Ofskoon die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) nog die oorsake van die ramp ondersoek, sê Louw daar was “baie tegniese redes” vir die ongeluk. Dis al wat hy in hierdie stadium wil sê.

’n Passasier het aan Rapport gesê die buiteboordenjins het verskeie kere uitgesny toe groot golwe oor die boot begin spoel het. Beangste passasiers het in die koue water gespring.

Die drenkelinge is deur verskeie bote, waaronder die rubberboot van nege selferkende perlemoen- en kreefstropers van Houtbaai, te hulp gesnel.

’n Britse toeris, Peter Hyett (64), het verdrink, asook die toergids John Roberts (36). Meer as 600 mense het Roberts se begrafnis gister in Houtbaai bygewoon.

Volgens Louw het Roberts die dag voor die ramp gesê: “Sal mense kan glo dat die hemel onder die see kan wees?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Squeegee Pilot sê... Het die klomp dan geen skaamte nie...? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.