Ras-tirade verander in swanesang

2009-11-15 00:09

Mnr. Jacob Maroga was op die punt om ’n witwarm rasse-dokument, verpak as ’n strategiese voorlegging, op Eskom los te laat toe die gordyn oor hom sak.
Maroga het vandeesweek bedank ná ’n rasgekleurde stryd met mnr. Bobby Godsell, voorsitter van die Eskom-raad, wat self vroeër bedank het, maar nou deur die regering gevra is om terug te kom.
Me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, het ’n gesprek versoek. Haar woordvoerder, me. Ayanda Shezi, het gesê die minister is by die beraad van die regerende alliansie, maar sal Godsell voor die einde van die naweek wil spreek.
Godsell het nie gister selfoonnavrae beantwoord nie.
In verdere verwikkelinge berig Japhet Ncube dat die Black Management Forum en die ANC-jeug­liga steeds aanvoer Maroga het nooit bedank nie en dat sy regte geskend word.
Bronne na aan Maroga sê hy sal hof toe gaan en kan miljoene ryker wees as hy wen. Maroga het nie gister hieroor kommentaar gelewer nie.
Rapport is in besit van ’n dokument van Maroga, gedateer 22 Oktober. Daarin blyk sy politieke toornigheid teen veral “wit toesighouding” by Eskom.
Maroga het gister by navraag bevestig hy het so ’n dokument geskryf, maar wou geen kommentaar lewer oor die besonderhede nie.
Sy tirade oor die “wit fenomeen” by Eskom beloop drie van die 25 bladsye en hy looi veral me. Susan Olsen, ’n konsultant wat hom vroegtydig gewaarsku het oor Eskom se energiekrisis.
“Die manier hoe status en aandag aan die Olsen-verslag verleen is, is ’n voorbeeld van die mentaliteit van wit toesighouding.
“Die Olsen-verslag is deur ’n wit persoon geskryf en deur ’n wit persoon laat uitlek aan die media en ’n politieke party. Dit het nie saak gemaak of hierdie verslag in antwoord was op reeds geïdentifiseerde swakhede wat ons sou takel nie,” skryf Maroga.
Hy vaar ook driftig uit teen ’n groep wit voormalige uitvoerende direkteure wat hulle ten doel gestel het om Eskom te adviseer en te ondersteun gedurende die kragvoorsiener se moeilike tyd.
“Op sigwaarde het ek dit aanvanklik as ’n goeie gebaar beskou, maar dit het later duidelik geword hul motivering is gedryf deur ’n mentaliteit van wit toesighouding eerder as ’n opregte begeerte om die Eskom-leierskap te help.
“Ons weë het intussen geskei en hulle het nou ’n veldtog geloods wat krities is teenoor die leierskap van Eskom en die regering.”
Maroga haal ook sy gramskap op die media uit en spyker sy verontwaardiging aan die deur van “?’n klomp mense in bestuurstrukture van Eskom wat meer geloofwaardigheid gee aan die verslaggewing van die wit gedomineerde media as aan die interne bestuursprosesse van Eskom”.
Dr. Manie van Dyk van die DA sê die verslag “ontbloot Maroga se rassistiese ondertone duidelik”.
Me. Patricia de Lille, OD-leier, meen “die gedeelte van sy dokument wat handel oor transformasie klink soos ’n persoon wat baie onseker is en dan sy toevlug neem tot veralgemenings wat nie deur feite gestaaf kan word nie”.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.