Rebellie in Atletiek SA

2013-02-23 23:24

Twee jaar nadat Leonard Chuene afgedank is as grootbaas van Atletiek Suid-Afrika (ASA), is atletiek se hoogste liggaam miljoene in die rooi en in die greep van ’n verlammende rebellie.

ASA-raadslede het die afgelope week geëis James Evans, die ASA-president, moet in ’n staat van beskuldiging (impeachment) geplaas word weens bewerings wat insluit dat hy onregmatig ASA-geld aan homself laat uitbetaal het.

Ses van die tien raadslede het Hendrick Ramaala, adjunkpresident van die ASA, gevra om ’n spesiale algemene jaarvergadering vir 9 Maart te belê waar die enigste besprekingspunt op die sakelys is om Evans in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Ramaala het ingestem.

Dit kom kort nadat die ASA bloedneus gekry het in ’n arbeidsdispuut en nadat die Geel Bladsye onttrek het as borg van die plaaslike atletiekreeks.

Nedbank het al in 2009 sy atletiekborgskap voortydig beëindig ná die debakel rondom Caster Semen­ya, wat ook eindelik tot Chuene se ondergang gelei het.

In die jongste arbeidstwis is Frik Vermaak, voormalige uitvoerende hoof van ASA, geskors ná klagte van onder meer “finansiële wanbestuur” en “oneerlikheid”.

Nadat hy by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) appèl aangeteken het, is ’n skikkingsooreenkoms onlangs bereik wat die ASA sowat R350 000 sal kos, volgens Rapport se inligting.

Dié ooreenkoms verontskuldig Vermaak.

Die rebelle wat van Evans ontslae wil raak – Gwadiso Nta­thu, Pieter Lourens, Esther Malema, James Moloi, Mlungisi Mnyengeza en Shireen Noble – beweer in ’n “klagstaat” dat Evans:

* “Nie die mag óf toestemming gehad het om betalings aan homself te maak nie omdat die finansies van ASA nie sodanige betalings toelaat nie”;

* “Verskeie ooreenkomste gemaak het sonder die raad se medewete”;

* “Verskeie skikkingsooreenkomste met verskeie personeel­lede gemaak het, sonder die goedkeuring van die raad, terwyl die posisie (sic) van ASA nie sulke ooreenkomste toelaat nie”;

* “Die finansiële hoofbeampte beveel het om verskeie betalings te maak sonder goedkeuring van die raad – terwyl hy deeglik bewus was daarvan dat geld nie beskikbaar is om sulke betalings terug te kry nie”; en

* “Die 11de raadslid, ’n verteenwoordiger van Universiteit­sport Suid-Afrika (Ussa), van ASA se amptelike briefhoof verwyder het, sonder enige tugstappe of toestemming van die raad.”

Volgens ingeligtes is ASA op die oomblik R10 miljoen in die rooi.

Rapport het ook vasgestel die ses ontevredenes, asook Ramaala, het verlede week ’n vergadering met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) bygewoon sonder Evans.

Evans het aan Rapport gesê die beskuldigings teen hom is “leuens” en dit lyk boonop asof al die klagtebriewe teen hom deur een persoon geskryf is, aangesien hulle identies is.

“Óf hulle het presies dieselfde idees gehad, óf iemand het dit vir hulle geskryf,” het Evans gesê (sien die volledige reaksie hiernaas).

Ramaala, ’n Olimpiese marathon-atleet, wou by navraag niks oor die aangeleentheid sê nie.

Rapport verneem egter die rebelle beoog om voort te gaan met die vergadering oor Evans op 9 Maart.

Evans: ‘Dit is nie so nie’

“Die briewe wat vir die vergadering vra, is verwarrend, onwettig en ongeldig.

“As die raadslede my in ’n staat van beskuldiging wil plaas, moet hulle dit in ooreenstemming met klousules 17 en 19 van die ASA-grondwet doen.

“As hulle ’n klag wil indien, moet hulle dit doen.

“Ek het geen insae gehad in die brief van die finansiële bestuurder nie. Ek het daarvoor gevra, maar dit nie ontvang nie. Dus: Dit bestaan óf nie óf hulle steek dit opsetlik weg.

“Ek is nie verbaas dat hulle agter geheimhouding skuil nie, want hul saak berus op leuens. Ek kan nie ’n betaling op die Nedbank-stelsel goedkeur nie.

“Hulle maak vae aanklagte dat ek in ooreenkomste betrokke was, maar hulle sê nie watter nie omdat hulle weet dat daar notules of korrespondensie daaroor sal wees.

“Daar moet ’n ondersoek wees oor hoekom die briewe identies is. Óf hulle het presies dieselfde idees gehad óf iemand het dit vir hulle geskryf.

“Wie ook al agter hierdie klagte is, het dit swak gehanteer en ’n gebrek aan leierskap gewys. As dié raadslede ’n plan het om die sport vorentoe te vat, sal dit gaaf wees om te weet wat dit is.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.