Reeva se laaste geskenk in rooi strepe toegedraai

2013-02-23 23:04

Reeva Steenkamp het die rol ­papier met die rooi strepe gekies om ’n Valentynsdag-geskenk vir Oscar Pisto­rius in te laat toedraai.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sowat 12 uur voor haar dood het Reeva Steenkamp ’n fotoraam met foto’s van haar en Oscar Pistorius saam in geskenkpapier met rooi strepe laat toedraai.

“My kêrel hou baie van ­Valentynsdag,” het sy volgens ’n winkelassistent by Party Box in die Hazeldean Square-winkelsentrum gesê.

Die sentrum is naby die Silver Woods-landgoed in Pretoria waar Steenkamp Donderdagoggend vroeg in Pistorius se huis doodgeskiet is.

Die winkelassistent, wat nie haar naam genoem wou hê nie, het gesê sy het aanvanklik nie baie aandag aan Steenkamp gegee toe sy Woensdagmiddag by die winkel ingestap het nie.

“Sy was net ’n gewone, vriendelike klant.”

Steenkamp was op soek na Valentynsdag-geskenkpapier, wat die winkel nie gehad het nie, maar die assistent het gesê hulle het wel ander papier.

Steenkamp het toe ’n fotoraam uit haar motor gaan haal sodat dit toegedraai kon word.

Sy het geskenkpapier met rooi strepe gekies.

Toe die assistent die vier foto’s van Steenkamp en Pisto­rius as gelukkige paartjie sien, het sy Pistorius herken.

Sy het Steenkamp egter nie daaroor uitgevra nie.

“Ons het grappies gemaak dat ’n vrou iets vir haar kêrel moet koop as sy iets op Valentynsdag wil kry.

“Sy was baie vriendelik.”

Willie Viljoen, die eienaar van Party Box, sê Pistorius het gereeld in die sentrum inkopies gedoen en hy het Steenkamp ook al daar gesien.

“Sy was ’n aantreklike vrou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cathy Kotzé sê... Hy was vir baie van die kommentators op Abel se blog 'n enigma; 'n Christelike wetenskaplike. Ek was bevoorreg om een aand na een van sy praatjies te gaan luister. Wat 'n inspirerende man! Vir hom was daar nooit 'n konflik tussen die wetenskap en sy geloof nie. Sterkte aan sy familie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.