Regse nes op plaas gekry

2009-12-12 22:15

’n Bordjie dui die plaas se ligging in die dorre Ceres-Karoo aan.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Arsenaal onwettige aanvalswapens, ’n godsdienstige, verregse sekte wat swart mense verafsku – én uiters geheime vergaderings op ’n afgeleë plaas.

Dít is die katnes wat die polisie oopgekrap toe hulle toegeslaan het op ’n verregse sekte met Boeremag-verbintenisse en dié se planne in die kiem gesmoor het.

Intelligensiebronne sê die sekte kon vir “erge bloedvergieting” gesorg het as daar gekyk word na die aantal wapens wat in hul besit gevind is.

Dié sekte se basis is in die Boland, sowat 100 km van Ceres af wanneer mens op ’n verlate grondpad ry, maar sy tentakels strek landwyd. Dit het geheime selle tot in Bela-Bela (Warmbad).

Die Jessurun-broederskap glo swart Suid-Afrikaners is “dierlike skepsels” waarmee wittes nie mag meng nie. Wittes wat dit wel doen, moet volgens die broederskap “uitgesonder”word.

Die groep het noue bande met die Suidlanders-beweging, wat glo wit mense gaan op groot skaal deur swartes uitgemoor word sodra oud-pres. Nelson Mandela tot sterwe kom.

Die groep het selfs ’n boek, Dimensies van apartheid, geskryf waarvolgens hulle leef.

Hul bedrywighede word so ernstig geag dat die hoogs gespesialiseerde Valke die ondersoek oorgeneem het.

’n Vergadering tussen die Jessurun-broederskap en die Suidlanders, wat Boeremag-bande het, sou Vrydag op die plaas Grootdam plaasgevind het.

Daar sou onder meer bespreek word hoe die volk (wit mense) ingelig moet word dat die Groot Vlug na die Noord-Kaap sal wees.

Die inhegtenisneming van die sekte se beweerde leiers, mnre. Johan Pretorius (30), Peter White (45) en Jan Roodt (64), asook ’n 17-jarige en me. Linda Coertze (44), het dié vergadering egter gekelder.

Hulle ontken skuld op aanklagte van poging tot moord, naamskending en die besit van vuurwapens en ammunisie.

Die groep het ook geweier dat nie-wit polisiebeamptes hulle tydens hul aanhouding ondervra, kos gee of enigsins aanraak.

Almal is egter nou vrygelaat nadat die hof Vrydag ook borgtog aan Pretorius en White toegestaan het.

Mnr. Sakkie Kroukamp, hul regsverteenwoordiger, het aangevoer hulle is nie weens hul ideologieë aangekla nie.

Hul borgtogvoorwaardes verbied hulle egter om in Ceres of op die plaas te kom.

Die lede is van die Strand, Somerset-Wes, Houtbaai en Bela-Bela en verskyn weer op 19 Januarie in die hof.

Die Valke ondersoek die oorsprong van die outomatiese en halfoutomatiese wapens. Party is afkomstig van ’n weermagkommando in Potchefstroom.

Talle mense wat bande met die verdagtes word, word ook in “Transvaal” ondervra, het sr. supt. Christiaan Theron, ondersoekbeampte, tydens die borgtogaansoek getuig. Swaar gewapende wetstoepassers het die twee vergesel.

Theron het gesê nog mense kan in hegtenis geneem word. Nog klagte sal glo bykom en nog wapens is glo in die plaasgebied versteek.

;’n Plaaslike menseregte-aktivis wil hê die polisie moet ondersoek ?instel? na? of ?die moord op ’n boer van Ceres, wat die sekte wou ontbloot enkele dae voordat hy vermoor is, nie met die groep verband hou nie. Dié boer was bekend vir sy werk met swart en bruin mense.

Die sekte is einde November oopgevlek toe lede op mekaar geskiet het oor gerugte van seks met ander se vroue. Die polisie sê bruin werkers is ook van die plaas gesit. Dit het tot die hofsaak gelei.

’n Vroulike sektelid met gapende wonde aan haar kop het die polisie vertel sekteleiers sê demone is daarvoor verantwoordelik.

’n Sektelid se ma het aan Theron gesê die sekte glo “die wit nasie is die Lig van God en alle ander rasse is van die duister”.

Volgens Theron is die groep ’n gevaar vir Suid-Afrika. “Hul planne is betyds in die kiem gesmoor.”


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
117 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.