'Regses' spog oor wapens

2012-12-21 12:20

JOHANNESBURG. – Die vermeende verregse samesweerders wat dié week deur die polisie in hegtenis geneem en van terrorisme en verraad aangekla is, het in selfoon-teksboodskappe gespog dat hulle reeds 54 aanvalsgewere gehad het.

’n Bron na aan die ondersoek het eksklusief dié foto’s en van die teksboodskappe tussen die regses aan Die Burger gegee.

Vier verregses – Mark Trollip, Johan Prinsloo, Hein Boonzaaier en Martin Keevy – het vandeesweek in die hof in Bloemfontein verskyn omdat hulle na bewering die ANC-konferensie met mortiere wou opblaas.

Die staat beweer daar was ’n tweede plan om pres. Jacob Zuma, ministers en ANC-hooggeplaastes van naby te skiet.

Die mans se verhoor is tot 8 Januarie uitgestel wanneer hulle om borgtog kan aansoek doen.

Intussen blyk dit dat lede van dié groep reeds in Januarie vanjaar beplan het om die ANC met mortiere te bestook tydens dié organisasie se eeufeesvieringe in die Bloemfontein-stadion.

Hulle kon tóé nie mortiere in die hande kry nie en het hul visier verskuif na die ANC se konferensie wat dié week gehou is, beweer die bron.

Dié regses se vermeemde staatsgreep-planne is onlangs op verregse webtuistes uitgeblaker ná ’n binnegeveg tussen militante wat mekaar daarvan beskuldig het dat hulle agente van die staat is.

Die ondersoek na die groep se bedrywighede is deur ’n taakspan van die polisie, die staatsveiligheidsagentskap en weermag-intelligensie gedoen.

Hulle het ’n agent gehad wat die regse groep geïnfiltreer het.

Die ondersoekers het ook vir etlike maande lank SMS-boodskappe tussen die regses onderskep, wat nou die kern uitmaak van die staat se saak teen die vier beskuldigdes.

Kort voor die konferensie het een van die regses per SMS gesê: “Jis, jy maak my jaloers, wat skiet julle als?”

’n Ander verregse het geantwoord: “LMG, AK, R4, Uzzi, Russian PKM… Daai pel het LMG (ligte masjiengeweer) ens, hy het 54 volle outomatiese gewere.”

Die Burger het ook insae gehad in die een van die verslae wat die agent aan sy hanteerders in die taakspan gestuur het.

Hy sê onder meer dat “bomme gemaak word asof dit gister is” en dat die regses op die punt is om 120mm-mortiere en 155 mm-ammunisie – dit word onder meer deur die G5-kanon gebruik – te bekom.

Boonzaaier en Muller was onderskeidelik die president en bestuurslid van die Federale Vryheidsparty, ’n geregistreerde regse party, maar het die aanslag onder die vaandel van die Boere-beskermingsforum beplan.

Nog ’n bekende in regse kringe en ’n aartsvyand van Prinsloo, Johan Lubbe, het kort voor die Mangaung-konferensie op ’n regse webblad geskryf Prinsloo en ander beplan “aanvalle op die imperial regime (die ANC)”.

Prinsloo is ’n begrafnisondernemer en eienaar van RIP Funerals in Springs, terwyl Boonzaaier glo ’n rekenmeester van Centurion is.

Prinsloo is ’n oudpolisieman wat aan die voertuigdiefstal-eenheid verbonde was.

Die staatsaanklaer, Shaun Abrahams, het tydens die beskuldigdes se verskyning gesê daar is besliste bewyse dat hulle met mekaar gekommunikeer en terreuraanvalle in Bloemfontein beplan het.

Die polisie het nie op versoeke vir kommentaar gereageer nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . Maka Drama, toe jy nog Blip was het jy saam met die res van die DA lof toegeswaai aan Malema se voorganger http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/DA-bring-ook-hulde-aan-Hani-20130410 en dit is uiters onwaarskynlik dat jy nou as dramaqueen anders sal wees. Wat kla jy? As slegs 'n ligter weergawe van die ANC is julle nie werklik anders nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.