Regslui stem, kap Radebe oor regulasieplan

2013-02-23 23:04

Minstens sewe uit elke tien advokate in die land is wit, so ook 66% van die land se 21 000 prokureurs.

Dié statistieke wat Rapport van die Algemene Balieraad (ABR) en die Prokureursorde van Suid-Afrika bekom het, staaf minister Jeff Radebe se standpunt dat die regsberoep deur wetgewing gedwing moet word om te transformeer. Die departement van justisie voer aan “verouderde en onnodig streng voorskrifte” verhinder swart mense om prokureurs en advokate te word.

Voorts is regsdienste onbekostigbaar en wil Radebe ’n tariefstruktuur aan regslui opdwing om dit goedkoper te maak.

Die Wetsontwerp op Regspraktisyns moet dié doelwitte bereik en stel ook ’n enkele nasionale Regspraktykraad vir prokureurs en advokate in die vooruitsig.

Openbare verhore oor die wetsontwerp het die afgelope week hewige debat in die parlement ontlok waar talle regslui, waaronder die gerespekteerde adv. George Bizos SC, gewaarsku het dit bedreig hul onafhanklikheid en dus ook dié van die regbank.

Bizos het verwys na die wye magte wat die wetsontwerp die justisieminister gee, soos om drie van die 21 lede van die voorgestelde Regspraktykraad aan te stel en die volmag om die raad te ontbind. “Ons kan dalk dié minister (Radebe) vertrou, maar ons weet nie watter planne sy opvolger in die mou voer nie. Ons kan die regering nie sulke verreikende magte gee nie.”

Busani Mabunda, president van die Black Lawyers Association, voer egter aan Bizos se vrese “is misplaas”. John Jeffery, ANC-LP, het saamgestem dit kan nie aan regslui alleen oorgelaat word om hulself te reguleer nie omdat hulle “eiebelang” voorop stel.

Ook Dene Smuts, DA-LP, sê die grondwetlike reg op regsverteenwoordiging is nutteloos as landsburgers “dit nie kan bekostig nie”. Maar volgens adv. Rudi van Rooyen van die ABR sal die meeste mense steeds nie regsdienste kan bekostig nie “al snoei julle ons regsgelde tot ’n derde van wat dit nou is”.

Advokate van die onderskeie balies is verplig om jaarliks minstens 20 uur pro bono-dienste te lewer. “Dit wys ons dra die publiek se belange op die hart.”

Jan Stemmett, mede-voorsitter van die Prokureursorde, het voorgestel die hoofregter moet oor ’n tariefstruktuur besluit.

Debbie Schafer, ook van die DA, het haar bedenkinge uitgespreek oor verlaagde standaarde vir toelating tot die regsberoep.

Adv. Izak Smuts SC deel dieselfde vrees en het gesê die wetsontwerp soos dit nou lyk, sal die regsberoep verongeluk.

Volgens hom skep verlaagde standaarde “verwagtinge by mense wat nie eens matriek moes kry nie”. “Hulle lewer ’n swak diens en as julle die standaarde nog verlaag, sal dit vir seker nie in die publiek se belang wees nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Internal Auditor

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.