Regter kap na rykes, media, kritici

2012-10-27 23:57

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het ’n vurige aanval geloods op “ryk en invloedryke” mense in die media en in die geledere van opposisiepartye wat die regbank kritiseer.

Hy het by ’n afskeidsgeleentheid van die uittredende regter-president Bernard Ngoepe, wat eersdaags aftree, gesê geregtelike onafhanklikheid sal “mank” wees as dié onafhanklikheid beteken die regbank is slegs van die regerende party onafhanklik.

Mogoeng het gemaan vir versigtigheid oor wat “uitgesproke opposisieleiers met goeie hulpbronne aan ’n mens kan doen”, asook die hulpbronne “wat die ryk en magtiges teen jou kan gebruik” en die “belaglike kritiek en verkeerde inligtingsveldtogte in die media”.

“Uit vrees om gebrandmerk te word as pro- uitvoerende gesag of konserwatief, kan jy geïntimideer word om ’n sekere rigting in te slaan. Dít sodat jy die kategorisering as progressief kan verdien – wat dit ook al deesdae beteken – en dan is jy nie onafhanklik nie.”

Mogoeng het diegene wat “in die gewoonte is om gal te braak teen regsamptenare”, maar terselfdertyd eerste is om tot die regbank se verdediging te kom te midde van kritiek deur ander, gemaan om versigtig te wees wanneer hulle regters kritiseer.

“Alles het perke,” het Mogoeng gesê.

Mogoeng het Ngoepe se sterk onafhanklikheid geprys en gesê dié gerespekteerde juris het nooit “simptome gemanifesteer” van iemand wat na ander se goedkeuring smag nie.

Mogoeng se toespraak het gevolg op een wat hy vroeër die dag gelewer het waarin hy die Regterlike Dienskommissie (RDK) se reg verdedig het om aanbevelings vir die regbank te maak soos hy goed dink.

Mogoeng is ook die voorsitter van die RDK.

Hy het gesê: “Geen ontleder, drukgroep, organisasie óf mediagroep behoort onder die indruk te verkeer dat ons daartoe in staat is om onder druk geplaas te word of geïntimideer te word om húl voorkeur-kandidate aan te stel nie.”

Op aantygings dat ál minder geskikte kandidate hulself beskikbaar stel vir poste op die regbank omdat die RDK blykbaar vooraf polities gemotiveerde keuses maak, het Mogoeng gesê die RDK weet nie daarvan nie.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.