Regulering: Meer vrae as antwoorde

2012-02-04 22:49

Kan Suid-Afrika se media ’n kragtige onafhanklike waghond kry of is dit ’n verskuilde poging van die ANC om die media te beheer?

Die regulering van Suid-Afrika se drukmedia word binnekort weer in die parlement gedebatteer en reeds word uiteenlopende menings gehoor oor wat die eintlike bedoeling agter die ANC se planne met so ’n reguleringsliggaam is.

Die debat kan tot die totstand­koming van ’n omstrede media­appèltribunaal (MAT) lei.

Terwyl politici en ander volhou Suid-Afrika se mediawaghond moet sterk, maar ook volkome vry van politieke inmenging wees, voer die ANC aan dat hy hom eintlik beywer vir ’n onafhanklike liggaam “in dieselfde trant as die openbare beskermer of Onafhanklike Verkiesingskommissie”.

Dit kom nadat die ANC die afgelope week voor die Persvryheidskommissie (PVK) gesê het hy is nie tevrede met die bestaande vorme van regulering van die pers nie. Die persombudsman en -raad is “ondoeltreffend”, meen die ANC.

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer, het egter Woensdag die kommissie gewaarsku as die parlement oor dié regulering gaan beslis, is daar ’n besliste gevaar van politieke inmenging.

Hoewel sy groot respek vir die parlement het, is dit ’n struktuur van politici.

“Geen debat gaan daarom deur die parlement sonder politieke invloed nie.”

Madonsela het gesê die persombudsman sal doeltreffender wees as hy sy eie identiteit kry, onafhanklik van dié van die persraad.

“’n Ombudsman-instelling met uiterse integriteit sal werk. Ons glo die persombudsman moet die kern-oorsigrol in die drukmedia hê, maar met meer bytkrag.”

Me. Ferial Haffajee, redakteur van City Press , het namens Media24 aan die kommissie gesê dit sal verkieslik wees dat die bestaande persreguleerders versterk word, eerder as dat die MAT tot stand gebring word.

“Media24 het ’n nuwe perskode met baie strenger reëls aangeneem wat tot veranderings gelei het in hoe ons etiese besluitneming bestuur, hoe ons die personeel bestuur, hoe ons etiek leer en hoe ons bevindings kommunikeer.

“Die stelsel werk. En ek glo met sekere veranderings sal die appèlstelsel selfs ’n groter verantwoordelikheidsmeganisme oplewer met ’n veel groter impak as ’n MAT, wat in werklikheid ’n stelsel van sensorskap of staatsgeleide regulering is.”

Die DA gaan die MAT in die parlement teenstaan, berig Sapa.

Mnr. Mmusi Maimane, DA-woordvoerder, het gesê die parlement moet eerder persvryheid versterk met wetgewing wat die persombudsman se bevindings wetlik bindend maak.

Mnr. Sikhumbuzo Kholwane, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie, het eergister aan Rapport gesê die presiese datum vir die parlementêre debat moet nog vasgestel word en net die parlement kan dit doen.

Kholwane sê dié aangeleentheid is baie sensitief, “amper soos met die ontbinding van die Skerpioene”, en daarom sal albei huise van die parlement, die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies betrokke wees.

“Sodra die parlement die groen lig gee, sal die proses aan die gang gesit word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsie Wessels sê... Sal baie graag agter die kap van hierdie byl wil kom. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.