Renoster-DNS kan stropery hokslaan

2012-01-28 23:09

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DNS-monsters van Suid-Afrika se sowat 20 000 renosters op ’n databasis kan beter resultate tot gevolg hê om die meesterbreine agter die smokkelhandel in renosterhorings vas te trek.

Volgens dr. Kobus du Toit, ’n onafhanklike navorser, verskaf ’n bloedmonster die nodige inligting om ’n renosterhoring (wat wederregtelik bekom is) te koppel aan die dier en waar die dier vandaan kom.

Du Toit het Donderdag gedurende openbare verhore by die parlement om oplossings te vind vir die “lae-intensiteit-guerrilla-oorlog” teen renosters in die land gesê die horing verklap selfs die soort grond waar die renoster geswerf het.

“Die databasis is daar, dis reeds betaal, ons vra net die regering om dit operasioneel in gebruik te neem,” het hy in ’n pleidooi aan die departement van omgewingsake gesê. Deelname is tans vrywillig en nog net een uit vyf renosters se monsters is in die databasis vervat.

Die databasis is met private finansiering geskep op aanvraag van die Valke, wat beter inligting wou bekom om stropery te beveg. DNS-bewyse word tans in drie hofsake gebruik, waaronder in die hofsaak teen mnr. Dawie Groenewald, vermeende meesterbrein van renostersmokkelary.

Dr. Mike Knight van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se renosterbestuurgroep het gesê dat ’n nasionale en geïntegreerde databasis en ’n gesentraliseerde permitstelsel (om knoeiwerk en korrupsie op plaaslike vlak uit te skakel) dadelik openinge in ’n gebrekkige stelsel sal toestop. So ’n databasis sal inligting berg oor renostergetalle, hul bewegings, opgehoopte horingvoorraad en jagters.

Mnr. Fundisile Mketeni, adjunk-direkteur-generaal aan die stuur van biodiversiteit en natuurbewaring, het gesê dat DNS-monsters vir die departement ’n oplossing is en dat dié oplossing aandag geniet.

Adv. Johnny de Lange, ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee oor omgewingsake, het die departement gevra om maatstawwe so gou doenlik in werking te stel om onder meer DNS-insameling verpligtend te maak.

Hy het die departement ook herinner aan die batebeslagleggingseenheid wat ingespan kan word om die strop nouer om meesterbreine se bedrywighede te trek. Tans word stropers op heter daad betrap, maar word sindikate nie oopgevlek nie.

Volgens Mketeni is die onwettige handel in renosterhorings gekoppel aan groter sindikaatmisdade, waaronder moontlike onwettige wapenhandel. Die departement werk tans aan strenger regulasies om meer bevoegdheid te eien oor die beheer van renosterjag, hetsy deur jagters, pseudo-jagters of stropers. ’n Pseudo-jagter is iemand wat ’n wettige lisensie bekom om renosters te jag net om die horing onwettig te verkwansel.

Voortaan sal die departement nie permitte uitreik aan buitelanders afkomstig van lande sonder omgewingswetgewing wat renosterjag beheer nie.

Dr. David Mabunda, hoof van SANParke, was nie Donderdag in die parlement nie weens die vloede in die Krugerwildtuin. Sy afgevaardigde, mnr. Fundisile Mketeni, het sonder toestemming vroeg geloop om ’n vlug te haal. De Lange was vies en het gesê hy sou dit nie toegelaat het nie. “Hulle het geweet die vergadering duur tot vyfuur.”

Drie moontlike opsies:

Die openbare verhore by die parlement die afgelope week oor oplossings vir renosterstropery en onwettige handel van renosterhorings en bykans 40 voorleggings het in die breë drie opsies uitgelig:

* Beter beheermaatreëls (soos databasisse vir DNS, opgehoopte voorraad renosterhorings en ’n gesentraliseerde permitkantoor), meer kommunikasieveldtogte en doelgerigte diplomatieke onderhandelings, veral met Suidoos-Asië, moet onderneem word. Grensbeheer moet verbeter word met geëlektrifiseerde heinings en seine wat enige versteuring registreer.

* Beperkte handel in renosterhorings as ’n teenstropery-meganisme. Die renosterhorings sal net kom van renosters wat in natuurlike omstandighede dood is.

* Wettig die handel in renosterhoring en -produkte. In ’n vrye mark sal die aanvraag verminder en pryse sal normaliseer.

Vinnige feite

* Dit kos R2 miljoen om ’n toegewyde teen-stropery-eenheid op 5ha grond te hê.

* Daar is 7,2 t opgehoopte horings in KwaZulu-Natal (wat ondergronds geberg word) van renosters wat natuurlik gesterf het.

* Een renosterhoring weeg sowat 5 – 5 ½ kg. Dit neem twee jaar vir ’n renosterhoring om 1 kg terug te groei.

* 900 horings word jaarliks verkoop.

* Dit kos R650 000 – R750 000 om vir ’n dag ’n renoster te jag en die trofee-horing te hou.

* Wit renosters is ’n beskermde spesie; die swart renoster is reeds ’n bedreigde spesie.

*  2 7 staatsentiteite is betrokke by die bewaring en jag van renosters.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C More sun than clouds. Mild. Pta: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-22°C Morning clouds. Mild. Bfn: 14-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 17-27°C More sun than clouds. Warm. PE: 14-21°C Numerous showers. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!