Rika se 1ste rol: gratis DVD

2012-09-01 23:54

Rod Alexander, Rika Sennett, en die matriarg van Afrikaanse drama, Wena Naudé, in ’n toneel uit Snip en Rissiepit.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat gebeur as twee studente wat mekaar nie kan verdra nie op mekaar verlief raak? Kraai (Rika Sennett) is ’n bedorwe rykmansdogter en Jurie Anker (Rod Alexander) ’n “maplotter” in Snip en Rissiepit, die klassieke Afrikaanse fliek wat Rapport se lesers op Sondag 16?September gratis saam met die koerant kry.

Kraai se ouers meen Jurie is nie goed genoeg vir haar nie. Sy verbreek die verhouding en begin met ’n ander, jaloerse ou uitgaan – en die vonke hou aan spat.

Dit was Sennett se eerste professionele rol en ook die eerste liefdesdrama van Jan Scholtz wat verfilm is. “Toe hulle sien die resep werk, dié van ’n man en meisie wat eers nie van mekaar hou nie en dan verlief raak, is dit weer en weer in ander rolprente gebruik,” vertel sy.

Sy was destyds ’n derdejaar-dramastudent aan die Universiteit van Stellenbosch en het vir die aardigheid saam met ’n vriendin as agtergrondspelers in ’n fliek gaan speel.

“Elmo de Witt het my daar raakgesien en wou hê ek moes in Johannesburg ’n oudisie vir ’n rol kom aflê, maar ek was lekker neus in die lug, ’n bietjie van ’n snob,” lag sy. “Maar toe dink ek dit sal die ideale geleentheid wees om sommer ook vir my ouers in Johannesburg te kom kuier en daar kry ek die rol van Kraai.

“Omdat ek self ’n student was, het die karakter my soos ’n handskoen gepas. Ek wou ná die verfilming nie teruggaan universiteit toe om my graad te voltooi nie, en hier is ek jare later, steeds sonder daardie stukkie papier.”

Sennett het daarna in Manie van Rensburg se Die Square gespeel, ’n fliek met politieke ondertone “wat sy tyd vooruit” was.

Die verhoog het haar geroep en sy was onder meer by die Markteater, Truk en Kruik betrokke en op televisie in onder meer Erfsondes en Hillside te sien.

Deesdae is sy terug by haar eerste liefde, rolprente. “Ek is mal oor die intimiteit en eerlikheid van rolprentwerk.”

Haar jongste fliek, Verraaiers, oor ’n Boeresoldaat wat besluit om die oorlog die rug toe te keer om sy gesin te beskerm, wys tans op die Silwerskermfees en begin in Februarie 2013 in teaters draai.

Rod Alexander, Sennett se mede-akteur in Snip en Rissiepit, het hom mettertyd in ’n oudio-visuele onderneming begewe en vervaardig deesdae onder meer dokumentêre programme.
Ander bekendes in Snip en Rissiepit is Gaenor Becker, Ben Dekker en Eckard Rabe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Huldah Eloff Van Wyk sê... Die aaklike borde is reusagtig groot.Die borde self is 5 meters breed, en omtrent 4 en n halwe meters hoog! Die 6 ankerpale is 3 meters na agter en na voor. Dit staan voor mooi ou bouvallige huisies en n historiese kerk in Pienaarsig. Die laning Peerbome by die ingang is nou ontsier. All hierdie plekke word gereeld gefotografeer. Toeriste het ook al klagtes ingedien hieroor.Hierdie borde moet asseblief verwyder word. (Voorsitster van die Uilhuisstigting) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.