Riller van ’n gay-fliek niks om oor huis toe te skryf, meen akteurs

2010-11-27 23:54

’n Toneel uit die fliek The Raven met Ivan Botha en Graeme Richards wat mekaar liefkoos.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 “Dit was ’n rol net soos enige ander rol. En toevallig is die karakter gay.”

So sê die televisieaanbieder ­Graeme Richards oor die gay-fliek waarin hy en die 7de Laan-akteur Ivan Botha in ’n stomende toneel teenoor mekaar speel.

Die tydskrif Heat het pas foto’s van tonele uit The Raven geplaas waarin dié twee Suid-Afrikaanse akteurs mekaar soen, mekaar se klere uittrek en uiteindelik bo-op mekaar op ’n leerbank beland.

Me. Liby Nel, reklamekoördineerder van Danie Odendaal Produksies, wat 7de Laan vervaardig, sê sy het met Botha oor die fliek gepraat en hy het net sy oë gerol, want dit is nie vir hom belangrik nie.

Hy wou nie self kommentaar lewer nie.

Richards (32), wat tot onlangs toe nog die aanbieder van e.tv se nuus- en-aktualiteitsprogram Sunrise was, sê The Raven was ’n geleentheid vir hom as akteur om deel van ’n internasionale produksie te wees. Dis in 2007 vervaardig.

“Kyk, ek het al in baie erger flieks gespeel,” lag hy.

“Daardie fliek was my skoolgeld om nóú vir oudisies vir die hoofrolle in groter produksies te gaan.”

Richards sê hy dink Botha kry groter teenstand as hy weens die konserwatiewe Afrikaanse mark waarin Botha meestal werk.

“Mense is lief vir sensasie – dis deel van die vermaaklikheidsbedryf. Ek weet die publiek gaan nou reageer en praat oor die fliek, maar volgende week is daar weer ’n ánder nuwe storie in die koerante.”

Volgens Richards, wat met die model Kerri Rudolph uitgaan, was die toneel tussen hom en Botha vir hulle albei moeilik om te verfilm.

“Dis dieselfde om teenoor ’n vreemde vrou in ’n liefdestoneel te speel. Boonop was dit die laaste toneel van die dag; ons naels was al stomp gekou,” vertel hy laggende.

Richards sê hy is so besig met internasionale produksies dat hy nie langer by Sunrise kon aanbly nie.

“My akteursloopbaan is regtig besig om nuwe hoogtes te bereik.”

Hy was voorheen as Richie in Isidingo te sien.

Nel sê Botha het nog nie eens die fliek gesien nie, so hy kan nie kommentaar lewer oor of dit goed of swak is nie.
Nel beklemtoon dat dit net ’n rol is wat Botha gespeel het. “Ivan is beslis nie gay nie; hy is getroud en het ’n baba.”

Sy sê hoewel die fliek vir die gay-mark vervaardig is, is dit nie iets om nou ’n bohaai oor te maak nie.

Botha (24), ’n aanbieder op kyk­NET se MK Live, vertolk die rol van Pieter in 7de Laan. Hy is ook te sien in Villa Rosa en Getroud met rugby, en die flieks Bakgat!, Bakgat! 2 en Hond se dinges.

Hy is getroud met die aktrise Ciske Kruger en hulle het ’n dogtertjie, Amelie.

The Raven is in 2007 verfilm en is gegrond op die gelyknamige gedig deur Edgar Allan Poe. Die regisseur is David DeCoteau.

Die fliek, in die riller-genre, is vir die eerste keer op 24 Augustus 2007 in Amerika gebeeldsend.

Gebruikers van die internetfliekdatabasis IMDb gee dit ’n skamele 3 uit 10.

* Vir ’n greep uit die fliek, besoek www.heat.co.za, soekwoord “the raven”.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 16-27°C High level clouds. Warm. Pta: 12-22°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-18°C Morning clouds. Mild. Bfn: 9-21°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C More sun than clouds. Mild. PE: 13-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

kalahari.com se #1 topverkoperproduk

gobii se e-leser + GRATIS muurlaaier en kunsleeromhulsel nou R599, bespaar R340. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

25% op nuwe en topverkoperflieks

Kies uit gewildste titels soos Despicable Me 2, Gravity, Frozen, The Hunger Games: Catching Fire en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe boekuitreikings!

Kom loer na die opwindende boeke wat ons so pas uitgepak het. Titels sluit in David & Goliath van Malcom Gladwell, The Goldfinch van Donna Tartt en nog baie meer. Koop nou!

DVD’s vir minder as R100

Kry hierdie epiese trefferflieks vir minder as R100. Titels sluit in Frozen, Despicable Me 2, About Time, The Animal Communicator en nog baie meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!