Ring vir Cameron se gees

2012-07-16 06:47

Koel in ’n vuurwa. Cameron van der Burgh het eergister dié Ferrari F430 vir ’n toetsrit gevat in Monaco. Die Suid-Afrikaanse swemspan slyp hier vir die Spele in Londen later vandeesmaand.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Oosterse ring vir Olimpiese glorie.

Dít is hoe die Suid-Afrikaanse swemsensasie Cameron van der Burgh sy teenstanders oor net minder as twee weke in die swembad wil troef.

Dié wêreldrekordhouer in die 50 m-borsslag en 19 van sy Spele-spanmaats het die afgelope week in Monaco byeengekom vir ’n laaste oefenkamp voordat dié skouspel op 27 Julie in Londen begin.

Die kamp is spesiaal gereël deur Charlene Wittstock, ’n voormalige Olimpiese swemmer en deesdae prinses van Monaco.

Die prinses het die span begin vanjaar gevra om hul voorbereiding daar af te sluit, sê Godfrey Monei, Swem Suid-Afrika (SSA) se kommunikasiehoof.

“Sy betaal vir alles – van die swemmers se hotelverblyf tot hul etes en dit blyk reeds wondere te doen vir die spangees.

“Die groep het verlede Sondag in Monaco geland en sal tot 21 Julie daar oefen, waarna hulle direk Londen toe sal vlieg,” sê Monei.

Volgens hom sluit dié kamp “intensiewe” swembadsessies, gimnasiumwerk én spanbou-oefeninge in onder leiding van die bekende sportsielkundige Henning Gericke.

Gericke was die Springbokke se kopdokter toe hulle die Wêreldbeker in 2007 in Frankryk vir ’n tweede keer verower het. Hy het by navraag gesê sy grootste uitdaging is “om individuele sterre in ’n week in ’n span saam te snoer”.

“Heelparty van die swemmers woon in die VSA en het dié week vir die eerste keer by hul spanmaats aangesluit,” het Gericke uit Monaco gesê.

“Ons doen heelwat spanbou-oefeninge, maar ek probeer ook by elkeen individueel uitkom om hulle kalm en gefokus te hou.”

Volgens Gericke werk hy reeds die afgelope nege maande met Van der Burgh, wat vier jaar gelede in Beijing in die halfeindronde van die 100 m-borsslag uitgeskakel is.

Hy neem in Londen deel aan die 100 m-borsslag en die 4 x 100 m-wisselslag-aflos.

As deel van sy geestelike voorbereiding het dié 24-jarige Pretorianer onlangs ’n ring aangeskaf en die boodskap “Chi Energy” daarop laat aanbring.

Chi verwys na die Oosterse oortuiging dat daar ’n onversteurde balans moet wees tussen positiewe en negatiewe krag in die menslike liggaam.

“Die ring is bloot vir Cameron iets bekends en persoonliks waarop hy sy aandag kan fokus en wat hom kalm sal hou wanneer dinge te veel raak,” het Ge­ricke gesê. “Daar word ongelooflik baie verwag van ons swemmers en veral van hom.”

Gericke meen die “grootheid” van die Spele kan baie medalje-hoopvolles ontsenu.

“Die groot gevaar is dat die oomblik vir hulle te groot word, want die druk van ’n Spele kan met niks anders vergelyk word nie. Ek het al dikwels gesien hoe ’n sportman ­choke wanneer hy te veel begin nadink oor sy deelname en dinge dan anders begin doen as wat hy normaalweg sou.”

SA se grootste Oplimpiese 'chokes'

Barcelona (1992):
Charmaine Gale, met ’n loopbaanbeste-hoogte van 2,0 m, is die oorweldigende gunsteling in die hoogspring. Sy oorleef nie die kwalifiserende ronde nie met ’n beste sprong van net 1,75 m.

Barcelona (1992):
Myrtle Bothma staan voor dié Spele op die randjie van ’n wêreld­rekord in die 400 m-hekkies. Ná 200 m in die eindronde (en in die laaste plek) haak Bothma se voet teen ’n hekkie vas en sy slaan neer.

Atlanta (1996):
Okkert Brits, wat ’n jaar vroeër net die derde paalspringer geword het om 6 m oor te steek, is die gunsteling vir goud, veral toe Sergei Bubka hom weens ’n besering onttrek. Brits kan egter nie op ’n enkele hoogte in die kwalifiserende ronde slaag nie.

Athene (2004):
Llewellyn Herbert, die selferkende gunsteling in die 400 m-hekkies ná sy Spele-brons in Sydney in 2000, val reeds in die halfeindronde uit.

Athene (2004):
Jacques Freitag, toe wêreldrekordhouer in diehoogspring met 2,35?m, word reeds in die kwalifiserende ronde uitgeskakel met ’n teleurstellende hoogte van 2,20 m.

Beijing (2008):
Suid-Afrika se 4x100 m- vryslagspan – Roland Schoeman, Lyndon Ferns, Darian Townsend en Ryk Neethling – eindig sewende nadat hulle die wêreldrekord laat spat het in Griekeland.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Huldah Eloff Van Wyk sê... Die aaklike borde is reusagtig groot.Die borde self is 5 meters breed, en omtrent 4 en n halwe meters hoog! Die 6 ankerpale is 3 meters na agter en na voor. Dit staan voor mooi ou bouvallige huisies en n historiese kerk in Pienaarsig. Die laning Peerbome by die ingang is nou ontsier. All hierdie plekke word gereeld gefotografeer. Toeriste het ook al klagtes ingedien hieroor.Hierdie borde moet asseblief verwyder word. (Voorsitster van die Uilhuisstigting) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Midrand
Communicate Cape Town IT
R600000 - R700000

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.