Roadlink voel ‘geviktimiseer’ ná 3 busse geskut word

2012-06-30 23:39

Die Valke het die afgelope week met die voormalige vervoer­bestuurder van SA Roadlink oor die maatskappy se vervalste vervoerpermitte vergader.

André Smit (42), wat ’n maand gelede onthul het hoe SA Roadlink hul vervoerpermitte vir Gauteng self uitreik, sê ’n kaptein van die Valke, asook ’n senior amptenaar van die Gautengse departement van paaie en vervoer, het hom Dinsdag in Boksburg besoek.

Volgens Smit is dit dié senior amptenaar se handtekening wat op die vervalste dokumentasie gebruik word.

“Die man is woedend en wil weet wie gebruik sy handtekening om daardie dokumente te vervals.

“Ek dink hy het self in groot moeilikheid beland hieroor,” sê Smit.

Hy sê die Valke het sy verklaring afgeneem en hulle het aangebied om hom en sy gesin in getuiebeskerming te plaas aangesien hy steeds doodsdreigemente ontvang.

“Die ouens wat my die afgelope maand drie tot vier keer ’n week bel, doen dit steeds, maar hulle praat nie meer nie. Ek hoor net hoe haal hulle asem oor die foon,” sê Smit.

Kol. McIntosh Polela, Valke-woordvoerder, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie en Octavia Mamabolo, woordvoerder van die Gautengse departement van paaie en vervoer, het via SMS laat weet sy is met vakansie en kan nie help nie.

SA Roadlink het egter die afgelope week weer in die pekel beland nadat drie van sy busse in onderskeidelik George en Beaufort-Wes geskut is.

Die Burger het gister berig twee SA Roadlink-busse is Donderdag in George en een bus Vrydagoggend in Beaufort-Wes van die pad getrek.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, sê die bus in Beaufort-Wes het defekte en daar is probleme met sy permit. Die bus is geskut en die gebruik daarvan opgeskort.

Die busse wat op George van die pad getrek is, was onderskeidelik op pad van Durban na Kaapstad en van Kaapstad na Durban. Hulle het ook verskeie defekte en die gebruik van die busse is opgeskort.

Nolan Padayachee, SA Roadlink se woordvoerder, sê die maatskappy word geviktimiseer en SA ­Roadlink gaan moontlik sy regspan opdrag gee om ’n dringende hofbevel aan te vra teen die owerhede se “onregverdige en arbitrêre administratiewe aksie”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-27°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.