'Roekelose' Vavi hou nie mond

2012-12-22 23:58

Cosatu het ’n bloedneus gekry op die ANC se konferensie in Mangaung en die verhouding tussen Zwelinzima ­Vavi, die vakverbond se uitgesproke hoofsekretaris, en die ANC is versuur.

Cosatu het ’n dag ná die ANC-konferensie gesê hy gaan sy stryd teen arbeidsmakelaars, e-tol en die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting in 2013 verskerp.

Cosatu se wenslys is grootliks geïgnoreer toe ANC-afgevaardigdes Trevor Manuel, beplanningsminister, se nasionale ontwikkelingsplan (NOP), ’n sakevriendelike beleidsraamwerk, aan­vaar het. Arbeidsmakelaars gaan nie verbied word nie en maatskappye gaan wel aangespoor word om jeugdiges in diens te neem, waarteen Cosatu vasskop.

Pres. Jacob Zuma het die onderwysvakbond Sadtu in sy openingsrede gewaarsku hy wil skoolinspekteurs terugbring om te verseker onderwysers doen waarvoor hulle betaal word.

Voorts gaan die ANC-regering in die volgende vyf jaar ook nie afwyk van die huidige makro-ekonomiese beleid nie wat Cosatu meen hopeloos te konserwatief is om werkloosheid, ongelykheid en armoede te verlig.

Vavi het gister aan Rapport gesê Cosatu sal die ANC se beleidsbesluite binne die volgende paar weke ontleed om te bepaal wat dit inhou. “Ons sal daarna besluit wat ons gaan doen.”

Die ANC en die SAKP se dr. Blade Nzimande het onder Vavi ingeklim omdat hy die ANC in die media kritiseer.

Gwede Mantashe, herkose sekretaris-generaal van die ANC, het die eerste klappe uitgedeel toe hy in sy organisatoriese verslag aangevoer het Cosatu se kritiek op die regerende party is roekeloos.

Vavi het op Twitter gesê hy gaan nie sy mond hou nie.

Vier Cosatu-leiers is tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies, waaronder S’dumo Dlamini, Cosatu se president en ’n Zuma-bondgenoot.

Vavi het sy benoeming geweier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.