‘Rol hy om, dan rook ek ’n sigaar!’

2013-01-20 01:14

Die omdraai van die gestrande passasierskip die Costa Concordia en die plaas daarvan op ’n “vlot” spook dag en nag by hom, sê Nick Sloane, die Suid-Afrikaner aan die hoof van die grootste en uitdagendste berging­soperasie tot nog toe in die seevaartgeskiedenis.

En nie sonder rede nie. Dis immers ’n operasie van epiese omvang.

Die afgelope week was dit presies ’n jaar gelede dat die skip langs die Italiaanse kusdorp Giglio, in ’n seebewaringsgebied, op die rotse geloop het.

Daar was 3 206 passasiers en 1 023 bemanningslede aan boord.

Die kaptein, Francesco Schettino, wou ’n nie-amptelike kus­saluut aan die eilanders doen, maar die skip het ’n onderwaterrif getref en begin sink.

Dit het later gekantel.

Om te keer dat die skip van 114 500 ton sink, is reuse-kabels aan die wrak vasgemaak om die skip te anker.

’n Internasionale span van 400, wat ingenieurs en duik-spesialiste insluit, moet voor die einde van die Italiaanse somer dié kolos met staalkabels regop “rol” – die sogenaamde Projek Omrol – en uit die gebied neem.

Volgens Sloane het sy span slegs één kans om die maneuver uit te voer.

Misluk dit, sit hulle met ’n tweede ramp – die skip breek in stukke, met onherstelbare ekologiese skade aan die seelewe en nog hoër koste.

Hulle is besig om ’n staalplatform so groot soos ’n rugbyveld in ’n nabygeleë hawe te bou waarop die skip omgerol gaan word.

Sowat 30?000 ton staal word vir die platform gebruik – drie keer meer as wat vir die Eiffeltoring gebruik is.

Sodra die platform klaar is, gaan dit per skip na die wrak geneem word en in die rots langs die wrak gemonteer word.

Intussen word gate in die klipharde granietrots geboor.

Stormweer en die moeilike helling waarteen die gate geboor word, het die aanvanklike koste van die projek van R4?miljard met nog ’n miljard opgejaag.

Werkers was ook verplig om ’n bergklimkursus te doen weens die steil helling wat hulle moet baasraak met die skip wat so skuins in die see? lê.

“Ons huiswerk is gedoen – ’n plan van ongeveer 200 dokumente is opgestel. Ons is al halfpad, maar ons moet nou dag en nag werk, want ons is drie tot vier maande agter,” sê Sloane.

Die skip self is erg beskadig en die omrol-poging gaan dit nog meer beskadig.

Dit gaan reguit skrootwerf toe.

Sloane besit die maatskappy Sloane Marine en sê sy belangstelling in bergingswerk het veral vlamgevat toe hy in 1983 betrokke was by die berging van die Castillo de Bellver, wat naby Saldanha aan die brand geraak en opgebreek het.

In Italië mis hy braaivleis, ­SuperSport-televisiekanale en wandelinge teen die Helderberg in Somerset-Wes waar hy woon.

Sy vrou, Sandra, die tweeling Nicola en Johnathan (16) en Julia-Raine (9) het hom in Julie besoek.

Tans leer hy fluks Italiaans en geniet sy gunsteling-geregte, caprese saladas (slaai met mozzarella, tamaties en basiliekruid), pasta en die vars vis van Giglio.

Hy is ook ’n gekwalifiseerde skeepskaptein, maar sy passie bly die berging van skepe.

“My beroep is om skepe enige plek ter wêreld te red en as dit nie geberg kan word nie, dit te verwyder en skoon te maak.”

Die dag wanneer die Costa Concordia uit die see gaan herrys, sê Sloane, gaan hy, sigaar in die mond, langs die skip se swembad staan... en baie breed glimlag.

Twee programme oor die Costa Concordia-sage word vanaand van 20:10 op DStv op die National Geographic-kanaal (DStv-kanaal 181) uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Desmond Coertzen sê... Man voetsek uit my pad uit ek moet gaan beeste oppas Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Procurement Officer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.