Romantiese held Rod ‘altyd maar ’n plaasseun’

2012-09-09 01:06

Amper 40 jaar later is Sennett net so pragtig as destyds in Snip en Rissiepit.| Foto: Vrouekeur/Ivan Naudé

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy was ’n “Engelse outjie van Durban”, maar Rod Alexander, wat die romantiese hoofrol teenoor Rika Sennett in Snip en Rissiepit vertolk, het diep spore in die Afrikaanse fliekbedryf getrap.

Snip en Rissiepit, die klassieke Afrikaanse DVD-fliek wat Rapport se lesers volgende Sondag gratis saam met hul koerant kry, is ’n heerlike liefdesdrama.

Dit handel oor grootskaalse inmengery met hartseer gevolge wanneer ’n rykmansdogter en armmanskind op mekaar verlief raak.

Ná skool het Alexander sy diensplig by die Valskermbataljon in Bloemfontein voltooi en toe ’n ruk gewerk om geld te spaar om oorsee te gaan.

“Ek wou eintlik Kanada besoek, maar toe ek in Londen kom, besluit ek dít is ver genoeg.”

In Londen het hy aan die Royal Acadamy of Dramatic Arts studeer.

“Hoekom, weet ek nie, want ek het op ’n plaas grootgeword en plaaslewe was in my bloed.”

Hy het goeie ondervinding in die Britse teater-, fliek- en advertensiebedryf opgedoen, onder meer in Hair en The Rocky Horror Show. Toe hy ná vyf jaar na Suid-Afrika terugkeer, het hy ’n rol in Brigadier Films se Kaptein Caprivi gekry.

Daarna het Elmo de Witt hom vir Snip en Rissiepit nader gehark en was hy ook in flieks soos Aanslag op Kariba en Dans van die flamink te sien.

“Ek en Elmo het op die ou end sewe jaar lank saam gewerk,” vertel hy die afgelope week uit sy plaas in Walkerville waar hy al sedert die 1970’s woon. Ja, eenmaal ’n plaasseun, altyd ’n plaasseun.

Alexander het homself gou bekwaam as kameraman, skrywer en regisseur, “want in dié bedryf moet jy alles kan doen”.

Met die koms van televisie het nuwe deure oopgegaan en het hy in reekse soos The Villagers, The Settlers, Vyfster en Taakmag gespeel.

Alexander en akteurs soos Lieb ­Bester en Hans Strydom was ook in talle oorsese flieks te sien wat destyds deur Duitse maatskappye in Namibië verfilm en oorgeklank is.

Hy verneem van dié flieks word deesdae steeds op Duitse televisiekanale uitgesaai.

Deesdae fokus hy op die vervaardiging van dokumentêre programme, veral historiese en opvoedkundige programme.

“Op skool het ek niks van geskiedenis gehou nie, maar nou is dit ’n passie!” Hy raak veral opgewonde wanneer dit handel oor die Anglo-Boereoorlog en historiese figure soos Paul Kruger, oor wie hy onlangs ’n dokumentêr voltooi het. Die aanbreek van die digitale era het wéér nuwe moontlikhede gebring en Alexander droom van ’n gemeenskapstelevisiekanaal vir Walkerville.

In sy geestesoog maak hy al programme vir dié kanaal, enigiets van landbousake en sportgeleenthede tot vlooimarkte en uitstappies.

* Snip en Rissiepit word met die vergunning van kykNET se Silwerskermreeks aan Rapport se lesers beskikbaar gestel en sal op Sondag 16 September in die koerant ingevoeg word.



Verbode liefde en ’n liefdesdriehoek is die hoofbestanddele wat die fliek Snip en Rissiepit ’n wenresep gemaak het. Rika Sennett, Rod Alexander (middel) en Nic de Jager speel daarin.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Mostly cloudy. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-21°C Morning clouds. Cool. PE: 9-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.