Rugby nou baie se godsdiens

2012-08-26 00:06

Illustrasie: Theuns Kruger

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Soos wat mense ál minder in die kerk kom, soek hulle die seëninge wat hulle vroeër in die kerk gevind het ál meer op Nuweland en Loftus Versfeld.

’n Paar teoloë het die laaste ruk opgemerk dat rugby ál meer die plek van godsdiens in sommige mense se lewe begin volstaan.

Vroeër vandeesmaand het ’n Nieu-Seelandse teoloog ’n artikel getiteld Rugby as Religion voltooi, wat nou op die internet die ronde doen.

Kevin Ward, teoloog in die Nieu-Seelandse Presbiteriaanse Kerk, skryf moderne rugby het baie eienskappe van ’n religie.

“Soos wat tradisionele godsdiens ál meer in Westerse lande afneem, so word talle van die funksies wat voorheen deur kerke vervul is nou deur populêre kultuur en veral sport vervul.”

Prof. Cas Wepener van die Universiteit van Pretoria sê een van sy teologiestudente het verlede jaar haar M-skripsie voltooi oor die wyse waarop die gebruike wat met rugby geassosieer word, aan die liturgie van ’n godsdiens herinner.

Volgens Ward is die rugbysta­dion ál meer die plek waarheen mense gaan om saam met eendersdenkendes ’n emosionele belewenis te ervaar.

Dié belewenis “word versterk deur die rituele, krete en liedjies wat mens in sowel godsdiens as sport aantref”.

In verskillende lande kan verskillende sportsoorte wees wat dié funksie vervul, maar in sy tuisland is dit veral rugby, skryf Ward.

Volgens Ward is daar talle opvallende ooreenkomste tussen moderne rugby en godsdiens, waaronder:

* Rugbysterre word ál meer soos afgode behandel.
* Sportoorwinnings ontlok by sportsterre godsdienstige gevoelens wat hulle spontaan laat bid en getuig.
* Rugbystadions gee aan mense die geleentheid om gesamentlik tot ’n vervoering opgesweep te word.
* Nes godsdiens voldoen sport aan die mens se “sosio-sielkundige behoefte om aan sinvolle groepe te behoort, lojaliteit te betuig en ’n gesamentlike katarsis te beleef”.

Prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, ken Ward persoonlik en sê hy het self al opgemerk hoe rugby in Suid-Afrika elemente van ’n godsdiens begin aanneem.

“Van my kollegas wat in godsdienswetenskap werk, sê hulle sien in rugby dinge wat eintlik met godsdiens te make het, soos rituele, simbole en mites.”

In baie vorme van godsdiens heg mense byvoorbeeld groot waarde aan totemdiere (heilige dierspesies wat as die geestelike bewakers van stamme gesien word). Niemandt wonder of daar iets soortgelyk gebeur wanneer rugbyspanne dierspesies soos bulle, leeus en haaie as hul embleme aangryp.

Maar, sê Niemandt, mens moenie die vergelyking te ver vat nie.

Rugby en godsdiens hoef nie as mededingers gesien word nie en God kan selfs deur sport ook met mense werk.

“Ook sport skep ’n netwerk van verhoudings wat die lewe vir ons mensliker maak. En dit help baie mense.”

Een man wat sowel die wêrelde van rugby as kerk goed ken, is ds. Darius Botha, oud-Springbok en nou predikant op Kroonstad (en die broer van die rugbylegende Naas Botha).

Hy sê hy hoor al jare lank die aantyging dat rugby in Suid-Afrika byna soos ’n godsdiens opgehemel word.

“Mense wil aan iets behoort. Dalk gaan die kerk deur ’n effense krisis omdat sommige mense die boodskap gekry het dat die kerk hulle veroordeel en dus gaan soek hulle elders na ’n plek om tuis te voel. As jy rugby gaan kyk, laat die ander ouens jou nie skuldig voel nie, hulle aanvaar jou net soos jy is.”

Botha meen die kerk kan ’n paar lesse by die sportveld leer oor hoe om mense tuis te laat voel, maar dat daar ook sommige geestelike behoeftes van mense is wat beter deur godsdiens aangespreek word, soos die behoefte aan stilte en inkeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
38 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.