SA Scientoloë glimlag ondanks Katie

2012-07-07 23:30

Die Kerk van Sciëntologie se Afrika-hoofkantoor in die ooste van Johannesburg.| Foto: Lucky Maibi

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe dit onlangs blyk die Hollywood-aktrise Katie Holmes (33) het haar man, Tom Cruise, gelos, het skindertonge dadelik die skuld op Cruise se geloof gepak.

Dié akteur, bekend om flieks soos Mission Impossible, is die beroemdste lidmaat van die Kerk van Sciëntologie, ’n omstrede selfhelpgeloof wat deur kritici daarvan beskuldig word dat hulle ’n sekte is wat lid­mate manipuleer en teister.

Sciëntologie bied aan lede allerlei selfverbeteringskursusse, maar sy dogma bevat ook eienaardige elemente oor ruimtewesens en geeste.

Holmes is glo dik vir dié geloof en vrees hul sesjarige dogtertjie, Suri, gaan deur die kerk by Sea Org, ’n geheimsinnige organisasie binne die organisasie, ingelyf word waar haar lewe streng gereguleer en haar kontak met die buitewêreld ingeperk sal word, word bespiegel.

As Holmes nou uitpraat oor al Sciëntologie se geheime sal dit vir dié kerk die grootste publisiteitsnagmerrie sedert sy ontstaan in die 1960’s word, het Karen de la Carriere, voormalige uitvoerende lid van die kerk, volgens die webwerf Daily Beast gesê.

Wel, as Sciëntologie werklik een van hul grootste krisisse tot nog toe beleef, verklap die Suid-Afrikaanse lidmate bittermin bekommernis daaroor.

By die Afrika-hoofkantoor van dié groep in die Johannesburgse voorstad Kensington het alles die afgelope naweek so heilsaam en sorgeloos soos ’n tandepaste-advertensie gelyk.

Laggende, skoon jong mense draf op oefenmasjiene. Vriendelike blonde vroue klets in ’n koffiewinkel. Mense in ’n kapel luister na ’n lesing en klap hande.

Min mense weet dit, maar die geloof van sterre soos Cruise en John Travolta word al 55 jaar lank in Suid-Afrika beoefen. In die 1960’s het L. Ron Hubbard, die stigter van Sciëntologie, ’n ruk in die Goudstad gewoon.

Sy destydse huis in die ooste van Johannesburg is nou ’n Sciëntologie-museum. Van hul boeke is in Afrikaans beskikbaar. Waar regerings elders probeer het om Sciëntologie te verbied, word hulle in Suid-Afrika sodanig erken dat hul amptenare selfs huwelike kan bevestig.

In Suid-Afrika gaan hulle redelik stilweg met hul bedrywighede aan, sê Shaleen Wohrnitz, president van Sciëntologie in Afrika.

Oor die meer eksotiese aspekte van hul oortuigings (hulle glo onder meer mense word geteister deur geeste wat deur ruimtewesens op aarde gelos is) gesels hulle nie met buitestanders nie, maar hulle is heel bereid dat mens rondloer in die toon­kamer waar hulle bemarking doen vir die selfverbeteringskursusse waarmee hulle mense aan Sciëntologie bekendstel.

Dáár staan rakke en rakke vol boeke en DVD’s oor hoe om enigiets van finansiële stres tot huweliksprobleme te oorkom. In spesiale vertrekkies kan jy emosionele berading by hul “ouditeure” kry.

Wohrnitz is veral geesdriftig as sy oor hul “suiweringsprogram” gesels, ’n kursus waar lede deur ’n intensiewe program van sauna-besoeke, oefening, vitamien-aanvullings en groente- en vrugtedisse gesit word om hul liggaam glo van “toksines” te reinig.

Maar omdat Sciëntologie baie geheime in hul binnekring hou, is dit moeilik om te raai wat agter dié blink uiterlike skuil.

In oorsese media vertel voormalige lede gereeld hulle is aan emosionele dwang en uitbuiting onderwerp.

Veral die Sea Organisation (Sea Org), Sciëntologie se weergawe van ’n monnike-orde, loop deur.

Lede wat by Sea Org aansluit onderteken ’n onderneming om “een miljard jaar” lid te bly, woon in gesamentlike behuising en word na bewering onderwerp aan allerlei reëls en strawwe.

Daar word bespiegel dat Holmes nou van Cruise skei om onder meer te keer dat hul dogter Suri (6) ooit in dié orde beland.

Ook Sea Org het ’n plaaslike tak met sowat 100 lede, vertel ’n vrou genaamd Anne, wat al 40 jaar lid van die kerk is en 27 jaar aan Sea Org behoort.

Sy het haar kinders in Sciëntologie grootgemaak en hulle behoort steeds aan die kerk, sê sy.

Hoeveel plaaslike Sciëntoloë is daar?

“Duisende.”

Waar oral?

“Durban, Kaapstad, Randburg, Harare, baie plekke.”

Dit moet seker darem ’n bietjie swaar op hul gemoed lê dat mense hul geloof as mallerig en selfs gevaarlik afmaak?

“Ons is al 55 jaar in Johannesburg,” antwoord Anne, “en ons oorleef steeds. In die ou dae het die polisie deur ons vensters geloer, maar ons gaan steeds van krag tot krag. Ons help mense om beter lewens te kan leef. Dis al wat saakmaak.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 10-20°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 8-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Morning clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!